Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer en Lucifer

16 Toe Ek nou My blik oor die skare van My aanhangers laat gly, wat vol aandag na My woorde luister en eintlik nie goed weet wat hulle hiervan moes dink nie, voel My siel `n diep medelye en `n oorgroot liefde vir hulle wat My so vol vertroue gevolg het. Tegelykertyd sien Ek egter hoe die kwaad in hulle hom inspan om hulle siele van My af te lei en na die wêreld te keer. Toe vergrim die Godheid in My, en die mens Jesus tree terug, sodat alleen die Vader in My heers.

[2] En die Almag (Ek) spreek: "Laat Ons nog `n poging waag, of dit nie sal slaag om al hierdie te bevry van dit wat na benede streef, en hulle vry te maak tot kinders van die hoogte, omdat die verlore Seun teruggekeer het in die Vaderhuis!"

[3] En kyk, almal val in `n diepe slaap. Maar Ek, as die mens Jesus en tog God van ewigheid, staan daar alleen en roep Lucifer na My toe, die gevalle aartsengel, ter wille van wie alles geskape was.

[4] Toe maak die siele hulle los van die liggame van die slapendes, en hulle skaar hulle om My heen en in hulle gloei `n helder stralende vonk, wat die nog baie verontreinigde siele lig en lewenswarmte skenk.

[5] Hulle kniel voor My neer en vra My (die siele van die leerlinge): "O Heer, wend U nie van ons af nie. U het ons gered en sal ons verder lei!"

[6] Lucifer staan egter in die gedaante van `n skone jongeling, maar sonder glans, voor My, met geboë hoof en wag My woord af.

[7] Ek sê aan hom: "Jy wat die Godheid nie kan sien nie, maar alleen kan gewaarword, ligdraer, en toe jy uit die middelpunt van My liefde gevoer het om lig en lewe te skep in alle ruimtes van die oneindigheid, het jy nie geglo dat jy net die draer was nie, maar die besitter van die krag. Jy het jou liefde verander in hoogmoed en het gesê: "`n God wat nie te siene is nie, is geen God nie. Die skepsele wat deur my wil ontstaan het, sal my vereer as God, aangesien ek die enigste sigbare wese is. Ek wil derhalwe vir hulle God wees en bly!  

[8] Toe weerklink My stem in jou, wat gespreek het: "Die volheid van My Gees werk met jou en in jou, en alle eienskappe wat in My rus, vorm open neerwaarts `n leer in die oneindigheid. Ek wil jou `n deel van My krag gee, sodanig, dat elkeen sal heers vanuit sy mees innerlike begrensing, wat `n diep van binne geleë punt vorm, wat van twee kante uit die oneindigheid stroom. So kan jy, terwyl jy as eindige wese van My uitgegaan het, tog oneindig saam met My werksaam wees, as teenpool wat geregverdig teenoor My staan."

[9] Maar jy het geen ag geslaan op die waarskuwing nie; want jou krag het tallose wesens vanuit jouself geskep, en hulle het jou gevolg en magtig geword, omdat Ek die nuutgeskapene, wat `n deel van jou was, nie wou vernietig nie. Steeds magtiger het die skare aangegroei, en hulle het jou tot hulle God gemaak. Toe sondig jy nogmaals en sê: "Ek is God; want nêrens sien ek die Krag wat iets skep nie!" - Dwaas, asof die eindige die Oneindige ooit sou kon sien en begryp!

[10] Toe slaan Ek jou in boeie, en sien, dieselfde krag staan hier in persoon voor jou en sê aan jou: Ek is die God wat tot nou toe nie sigbaar was nie! Herken jy My nou? Keer om na die Vaderhuis, sodat jy bevry kan word van jou boeie en die plek inneem wat jou toekom! Sien hier die skare van hulle wat voor My kniel, losgemaak van jou, in hulself tot lewe gebring deur My asem en vir altyd My toegewend! Gee jou trots op, laat die warmte van My liefde in jou blaas - dan verstuif alle materie tot niks!"

[11] Lucifer spreek: "Jy is Jesus van Nasaret, `n Mens met groot krag, wat ook ek eens besit het. Maar om God, die hoogste krag, die oneindigheid in die eindige in jou te erken - nee, nooit! Wat daar met my gewees het, kan ook met ander die geval wees. Die mense is sterflik, hulle liggame ontbind - so sal jy ook vergaan, jou liggaam sal uiteenval, en van Jesus sal slegs stof oorbly.

[12] Ek ken my skuld en sien myself ontdaan van my ligglans, en ek gun jou ook die paar van myne, wat hulle daar tot jou gewend het. Maar dit sal nooit in die Almag opkom om haar skepping te vernietig nie, wat eintlik my werk is, wat ek Haar in feite besorg het en wat ek ook liefhet, netsoos hulle; want die skepping is uit my. Laat die stryd verder bestaan; want eers deur hierdie stryd ontstaan die lewe. Die verskrikking van die dood is my werk, en daardeur hou ek my skepsele by my, en hulle bly by my, omdat my eienskappe in hulle kan lewe. Dit is dus goed soos dit is! - Wat wil Jy dus nog van my hê?"

[13] Ek spreek: "Dit is hier nie die plek om te twis nie; want jy weet baie goed waarom dit gaan. Aan My as Godmens is alle krag van die hemele gegee, en alleen jou verstoktheid wil My nie erken nie, omdat jy nog altyd hoop om die Godheid te oorwin, jou van Haar meester te maak. Haar groot lankmoedigheid lê jy uit as swakheid, Haar liefde as magteloosheid. Jou skare, vir wie se redding Ek Myself nou in die kleed van die materie gehul het, wil jou nie loslaat nie en jy probeer hulle op te rui, hoewel jy weet dat jou aanhang nou al veel swakker en kleiner geword het. Dit het jou geluk om die gemoedere gevange te neem en van die waarheid af te keer. Dat die heidendom bestaan, is jou werk. Ondanks dit alles is al jou dade egter so gedraai, dat die gevallenes tog na My toe gelei word - en dit alles is nie voldoende vir jou nie?"

[14] Lucifer sê: "Diegene wat Jou toegeval het, wag slegs op my roep om terug te keer. Gee my die geleentheid om Jou te bewys hoe swak hulle is - en as ek verloor, sal ek jou erken! Gee my mag oor Jou liggaam, laat my die innerlike mens aanskou wat in Jou leef, dan sal ons sien hoe weinig Goddelik daaraan kleef! En ook hierdie hier sal terugkeer na my toe, aan wie hulle toebehoort, wanneer Jesus eenmaal Sy tribuut aan die dood betaal het"!

[15] Ek sê: "Wat Ekself in My ryk binnelei, is vir ewig vir jou verlore. Sedert die eerste begin van die wêreld weet Ek die beste welke weë na die heil lei. Maar neem jou in ag - jou maat is vol! Uit liefde vir die skepsele van My hemele en aarde het Ek teruggekom, en uit liefde vir hulle sal Ek die werk voltooi, ondanks jou hardnekkigheid! 

[16] Laat jou nie daarop voorstaan, dat met jou vernietiging, ook die vernietiging beseël is van alle wesens wat uit jou is nie, en dat daarmee, hulle tyd afhang van die van jou nie. Eens kom die tyd wat jou nie net sal ontdaan van jou glans, soos nou nie, maar ook sal beroof van elke wese uit jou uit, en hulle sal voor My staan en dan sal geen skepsel ooit meer deur jou vernietiging getref word nie. Dan sal jy weer moet beslis - as jy nie vooraf die voorkeur daaraan wil gee om uit vrye wil na My toe te kom nie. Maar verdwyn nou van hier, want My besluite staan vas, en My wil geskied!" 

[17] Hierop verdwyn Lucifer. En Ek seën die om My heen geskaarde siele, versterk hulle en gebied hulle om in hulle liggame terug te keer.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205