Die belewenisse van Laserus aan die anderkant
64 Om nou nie meer op daardie gesprek terug te kom nie, begin Laserus self oor sy vroeëre siekte te praat, en hoe hy hom nog baie goed van alle besonderhede vóór sy dood herinner, maar niks meer geweet het van wat daarna met hom gebeur het nie.
[2] Dit gee nou geleentheid om oor die lewe na die dood te praat en hoe die siel wat aan die anderkant aankom, haarself dan voel.
[3] Laserus vra My waarom hy heeltemal geen herinnering meer het aan wat daar in die tyd met hom gebeur het, toe hy in die graf gelê het.
[4] Ek lê hom uit dat die rede daarvan was, dat sy siel haar in `n toestand van hoogste geluksaligheid bevind het, wat dit vir haar ondraaglik sou maak om met die herinnering, haarself nog aan aardse besigheid te wy. Dit was vergelykbaar met wanneer `n baie goeie en wyse koning, wat hom steeds in `n baie waardige geselskap beweeg het, skielik gedwing sou word met die allerslegste volk om te gaan en in die mees erbarmlike behuising te lewe, sonder om in staat te wees om sy toestand te verbeter.
[5] (Die Heer:) "Maar om jou te laat sien dat Ek nie teveel gesê het nie, sal jy gedurende `n kort tydjie die herinnering terugkry en Ons almal duidelik vertel hoe dit met jou gegaan het en wat jy beleef het. Spreek nou soos wat dit weer vir jou in herinnering kom, en spreek duidelik uit wat jy voel! Maar daarby wil Ek dat jy nie die huidige gevangenis in jou liggaam voel nie, maar dat jy as vrye gees spreek!"
[6] Onmiddellik kom Laserus in `n kort verdowing van enkele oomblikke, ontwaak toe en spreek met `n waardige, verheerlikte uitdrukking die volgende: "O, ek sien nou in die gees opnuut helder en duidelik wat ek in die uur van die dood gevoel en gedink het!
[7] In die begin het ek `n onnoemlike angs gehad, toe ek merk dat die lewe in my wou uitdoof. Daarna tree daar egter `n kalmte in, en ek voel die behoefte om diep te slaap. Die gehuil van my susters, wat by my bed staan, kom vir my sinneloos voor; want ek het immers geweet dat ek weer sou wakker word. Toe slaap ek in.
[8] Toe ek wakker word, voel ek my lig en vry van alle liggaamlike ongemakke. Ek adem die suiwerste lug in en voel my heerlik versterk. Ek hou my oë gesluit, omdat ek dit weldadig en aangenaam vind om my heeltemal aan die rus oor te gee. Toe voel ek egter die behoefte om my oë te open, wat egter nie so goed wou slaag nie. Ek voel hoe `n hand my oë aanraak, en nou kon ek hulle oopmaak.
[9] Ek kyk in die glimlaggende gesig van my vader vas en was eers baie verbaas daaroor, omdat ek immers geweet het dat hy gesterf het, en ek hom nou naas my sien staan. Hy vertel my dat ek liggaamlik gesterf en nou die vrye geesteswêreld binnegegaan het en my in sy woonhuis bevind.
[10] Ek kyk om my heen en sien `n pragtige vertrek, stralend in helder, suiwer kleure. Die skoonheid van die vertrek, waarbinne helder lig stroom, imponeer my soseer, dat ek vol verbasing uitroep: "As ek jou woorde nie wil glo nie, sou hierdie ruimte my wel toon dat ek aan die wêreld ontruk is, my vader! Sê eers, is dit hier die plek waar jy verblyf?!"
[11] My vader antwoord: "Die vertrek is so gesê my geheime kamertjie, waar ek my met my Heer en Skepper heeltemal alleen en deur Hom myself tog orals bevind waar dit nodig is. Ek het jou, my seun, in die heiligdom opgeneem, omdat jy slegs nog maar `n gas van die ryk is en later jou eiendom sal binnegaan. Maar dit is vir my `n groot vreugde om jou hier te kan opneem; want wie `n vriend is van die Heer wat Hom nou op aarde bevind, het ook aanspraak op die beste in ons en daarmee buite ons.
[12] Jy begryp nie hoe dit bedoel is nie? Sien, die vertrek beteken die innerlike hartkamertjie van my wese en is derhalwe die sentrum van my sfeer, van waaruit ek jou orals heen kan bring, sover my gees reik! Daardeur is jy met my, omsluit deur my liefde, medeheerser oor myself, solank jy jou hier bevind. Elke mens het aan die anderkant so `n allerheiligste, waarin hy hom geheel en al kan terugtrek om deurdring te word van die strale van die suiwerste lig, wat hier ongehinderd deur alle wande heen indring. Ook jy sal dit belewe, as jy hier `n blywende bewoner sal wees, maar nou is jy dit soos gesê, nog nie, maar net `n gas, omdat ek as jou aardse vader die eerste reg het om jou siel te beskerm!"
[13] Ek staan nou op van my russtoel, waarop ek weer tot myself gekom het, en omarm vol liefde my vader, van wie se sy ek ook nie meer gewyk het, totdat U, o Heer, my teruggeroep het. Ek het ook met hom rondgetrek, en hy het my laat sien wat daar alles aan sy gesag toevertrou is. Sy belangrikste taak was om aankomende siele van die aarde byeen te bring en hulle in die regte geestelike werksaamhede in te lei.
[14] Ek het ook gesien hoe hierdie siele baie swaar behang was met allerlei wêreldse vuil, waarvan hulle hulleself moes bevry, en ek het gesien hoe alles wat innerlik in die gees aanwesig is, hulle ook uiterlik in `n ooreenstemmende beeld vertoon as `n uiterlike verskynsel. Uit die wil en wense van die siele ontstaan dus blywende beelde, wat eers verander as die wil verander, en dan so die sfeer of die sigbare gedagtewêreld van die siel weergee. Die maskererende liggaamlike omhulsel het verdwyn en daarmee ook die moontlikheid om die wil van die gedagtes te verberg.
[15] Maar die gedagtewêreld is absoluut nie iets wat nie aanwesig is nie - wat dus fantasie sou wees - maar is ook vir elke gees iets wat stoflik vergeestelik opgebou is, sodra die wil van die liefde, wat moet harmonieer met die wil van God se liefde, dit fikseer. As die wil van die skepsel nie harmonieer met die wil van die liefde van God nie, dan kan die gedagtewêreld nie bly bestaan nie, maar sal weer moet vergaan. Die aards stoflike opgeboude dinge en die in die materiële oorgebringde gedagtes van die mens is verganklik, omdat die materie gladnie in die wil van God se liefde bestaan nie, maar waaraan net vir `n bepaalde doel as veranderlike vorm vastheid gegee word; die dinge van die gees is egter onverganklik, omdat die skep van die gees die einddoel van die goddelike skep self is, dit wil sê: God wil deur Sy skepsele skep en aldus salighede gee, hulle daarvan laat geniet en deur Sy skepsele self daarvan geniet.
[16] Die lewe aan die anderkant is daarom hoofsaaklik `n werk in die gees, dit wil dus sê `n skep van onverganklike werk, maar nie van materiële werk, wat weer tot puin en stof uiteen moet val nie.
[17] By die aanskoue van die vele dinge wat hy nou aan my gees vertoon, het ek reeds `n deel van die toekomstige saligheid geniet, en ek sal daarom steeds graag bereid wees die liggaam weer af te lê, as U, o Heer, dit beveel, en wel selfs bereidwillig toe ek ook weer teruggekeer het, toe U stem in die vertrek weerklink en My aangespoor het om terug te keer. My vader het reeds die gebeure vir my aangekondig, sodat ek heeltemal daarop voorberei was.
[18] Maar ek weet nou ook dat ieder mens, wat sy liggaam betref, op die manier deur U opgewek moet word, omdat daar na die verlaat deur die siel in die liggaam nog baie agterbly wat die siel nodig het vir haar lewe aan die anderkant. Dit berus op die feit dat die stof wat in die liggaam die materie uitmaak, ook na hulle oplossing en opstyging uit die liggaamlike vorm `n soort verwantskap met die siel bly bewaar - ongeveer soos `n mens, wat `n lang tyd in `n streek geleef het, na die verlaat daarvan tog steeds `n simpatie daarvoor hou en die ervarings wat hy daar opgedoen het, in die gevoel van sy siel tog steeds met die omgewing saamhang, sodat die een sonder die wisselwerking met die ander slegs `n onduidelike beeld sou gee.
[19] Die siel probeer dus die sielselement, wat die kleinste stoflike deeltjies van haar agtergelate liggaam beheers, na haar toe te trek en met haarself te verenig, omdat daardeur eweneens `n soort verlossing van die materie plaasvind, of - beter gesê - die reine neem dit wat nog onrein is, geheel en al in haar op. Dit is natuurlik `n proses wat vir `n mens wat nog aards is, volkome onbegryplik bly, as hy nie ver gevorderd is in geestelike dinge nie. In ieder geval is hierdie opwekking van die liggaam deur die siel, wat nie vinnig hoef te verloop nie, netso noodsaaklik as die opwekking van die siel deur die gees, terwyl hierdie gees op sy beurt weer direk deur U, o Heer, opgewek word, dit wil sê tot lewe geroep word. Hierdie trapsgewyse volgorde is `n besondere geheim van U skepping, soos ek eers aan die anderkant gesien en ervaar het, en soos ieder mens dit by homself sal ervaar.
[20] Toe U stem nou tot my deurgeklink het, voel ek my weggetrek en het ek die gevoel gehad soos wanneer die beelde in `n droom verander en die ontwaking dan weldra volg. Tussen die gedroomde beelde voel ons egter `n leemte, wat die siel in haar bewussyn nie kan vul nie. Ek dink dus as te ware dat ek uit `n lang slaap ontwaak het, en tref myself toe aan, lêend in die graf. Ek het geweet wat daar met my gebeur het, maar het tog slegs die herinnering van `n droom gehad.
[21] Noudat ek my op die oomblik vry voel van my liggaam, voel ek ook baie goed dat die boeie van die liggaam nie in staat is om die in haar vry voelende siel aan bande te lê nie, wanneer sy eenmaal die ware vryheid van die siel geproe het - om welke rede U, o Heer, dan ook die bande van my liggaam losgemaak het, sodat dit nie vernietig word nie. Ek weet nou ook dat dit wat U na my opwekking alles vir my uitgelê het, egter weer uit my geheue verdwyn het. Maar nou sal ek hierdie gebeurtenisse nie weer vergeet nie, maar as `n onskatbare besit met sekerheid in myself bewaar."
[22] Nou sê Ek aan Laserus dat hy weer die oue moes word en die aards lewende Laserus moes wees, waarop hy nogmaals in `n korte verdowing kom en daarna welgemoed met die herinnering aan `n lewendige droom in die kring van Myne wakker word.
[23] Vir alle aanwesiges was hierdie gebeurtenis nou `n lewendige, aanskoulike beeld van die sterwe gewees, en dit dra later baie daartoe by om elke eventuele oorgeblewe vrees vir die oomblik van die dood van hulle weg te neem.
[24] Ek vermaan Myne nou dat hulle hulleself ter ruste moes begeef, sodat hulle môre versterk sou wees vir `n groot werk, welke raad dan ook onmiddellik deur almal opgevolg word.