Jesus in Getsemané. Die gevangeneming van Jesus
72 Ons gaan nou deur die poort die stad uit in die rigting van die Olyfberg. Daar lê die tuin dus wat nou nog "Getsemané" genoem word, maar op `n heel ander plek. Die tuin Getsemané het behoort aan die herberg op die Olyfberg, wat die eiendom van Laserus was en bekend gestaan het as `n geliefde plek vir uitstappies. Benede hierdie herberg, wat op die heuwel lê en `n wye uitsig bied, strek hom `n parkagtige aanplanting uit, en daarheen lei `n baie aangename weg die heuwel op. Die park self is die eintlike Gethsemané gewees en lê dus op `n baie ander plek as die ene wat nou getoon word, wat alleen die naam daarmee gemeen het, omdat die daar aanwesige baie ou bome dit vir die latere soekers waarskynlik maak, dat hulle die juiste gevind het.
[2] Ons het immers baie by die herbergier byeengekom, en daarom glo Judas ook dat hy My sekerlik daar sou vind, omdat Ek Laserus andersins nie sou verlaat het om met My leerlinge alleen te kan wees nie. Die park self bied, vanweë die groot stilte wat daar heers, `n geskikte plek vir innerlike beskouing, en Ek bring die leerlinge daarheen om die laaste gebeurtenisse nog eens te oordink.
[3] Ons soek `n plekkie langs die weg, en Ek vra Petrus, Johannes en Jakobus om saam met My verder van die ander weg te gaan. Dit doen hulle en volg My.
[4] Nou kom die oomblik dat die hele gewig van die naderende onheil oor die siel van die Menseseun heen val en die Godheid Hom opnuut geheel en al terugtrek om aan die mens Jesus die volkome vrye beslissing oor te laat.
[5] Daarom voel Hierdie ook die bange uur en sê (Jesus): "My siel is ten dode bedroef!" Daarna sê Hy ook aan die drie: "Bly hier en waak met my!"
[6] Hy gaan dan verderop en bid die woorde: "Vader, as dit moontlik is, laat hierdie kelk van My weggaan; maar nie soos Ek wil nie, maar soos U wil!"
[7] Maar omdat in hierdie woorde nog nie die eie vaste besluit lê nie, kom die Godheid ook nog nie in hom terug nie.
[8] Jesus gaan na Syne terug en tref hulle slapend aan.
[9] Daaraan sien Hy dat Hy alleen steun kan vind by die Vader in Hom; Hy wek die drie en spreek die bekende woorde: "Kan julle dan nie één uur met My waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie! Die gees is gewillig; maar die vlees is swak."
[10] Met die woorde bedoel hy nie alleen op die drie nie, maar ook op Homself.
[11] Jesus loop nou terug en bid nogmaals: "My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie kelk van my weggaan nie, dan drink Ek hom en U wil geskied!"
[12] Opnuut deur onrus gedryf soek Sy siel aansluiting na buite, by Syne; Hy tref hulle weer slapend aan, en wel so vas, dat hulle nie wakker word nie, maar op Sy roep slegs slaapdronk beweeg.
[13] Nou het Jesus, die Menseseun, oorwin.
[14] Met `n blik van medelye oorsien hy Syne, gaan onmiddellik terug en roep hardop: "Vader, Ek weet dat dit moontlik is dat hierdie kelk kan verbygaan; maar alleen U wil geskied, en daarom wil Ek hom drink!"
[15] Toe keer die Godheid volledig in Hom terug en versterk Hom, deurdring Hom volledig en spreek: "My Seun, vir die laaste keer moes Jy Jou beslissing neem! Nou het Vader en Seun in Jou verenig en ewig onskeibaar geword. Dra, wat Jou te dra gegee is! Amen!"
[16] Daarop staan Ek weer op en loop na My leerlinge toe, wat weer daar lê en slaap, wek hulle en spreek: "Hoe kan julle nou slaap en My in die moeilikste uur alleen laat? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie; want die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. Maar julle moet altyd sterk wees. Kyk, nou het die uur gekom dat Ek aan My vyande oorgelewer sal word; slaap dus nie, en wees sterk!"
[17] Op die oomblik nader daar `n groep gewapende tempelwagters met fakkels, aangevoer deur Judas; hy wil hulle na die herberg bring, waar hy vermoed dat Ek was. Die leerlinge vra My wat dit beteken. Maar Ek sê aan hulle dat hulle `n paar treë terug moes gaan en loop die groep op die pad tegemoet. Toe Judas My sien, loop hy na My toe, begroet My en wil My soen as herkenningsteken vir die gewapende tempeldienare. Maar Ek weer hom af en sê: "Judas, verraai jy so die Seun van die mens? Vir jou sou dit beter gewees het as jy nooit gebore was nie!"
[18] Daarop wend Ek My tot die horde en vra met `n kragtige stem: "Wie soek julle?"
[19] Die aanvoerder antwoord: "Jesus van Nasaret!"
[20] Daarop maak Ek My aan hulle kenbaar met die woorde "Ek is Hy!" en kom `n paar treë digterby.
[21] Die geregsdienare wyk egter terug, omdat hulle baie oor My krag gehoor het en bang was daarvoor - om welke rede daar deur Kajafas ook maar net knegte uitgekies was wat My nog nie geken het nie. Enkele wat agteraan gestaan het, val selfs op die grond, sodat die voorstes teen hulle bots.
[22] Omdat die knegte aarselend en angstig daar gestaan het, vra Ek hulle opnuut: "Wie soek julle?"
[23] En op die herhaalde antwoord van die aanvoerder sê Ek weer: "Ek het julle gesê dat Ek Hy is! Maar as julle My soek, laat hierdie hier dan gaan!"
[24] Toe die knegte nou merk dat hulle niks oorkom nie, skaam hulle hulleself vir hulle aanvanklike skrik, dring op My af en omring My weldra, terwyl die aanvoerder hulle toeroep dat hulle alleen op My moes let, omdat die bevel van die hoëpriester lui dat hulle net vir My gevange moes neem.
[25] Maar Petrus, wat nou sien dat daar ernstige gevaar vir My dreig en daar geen enkele wonderwerk sal gebeur om My te bevry nie, trek die swaard, wat hy steeds verberg by hom gedra het, en dring na My toe. Malchus stel hom teen hom teweer deur hom met sy speer af te weer. Toe haal Petrus na hom uit, waardeur hy Malchus se oor afslaan.
[26] Nou roep Ek Petrus toe: "Steek jou swaard in die skede! Sou Ek die beker nie drink, wat My Vader My gegee het nie?"
[27] Daarop wyk Petrus terug. Ek raak die gewonde oor van die kneg aan, en dadelik was dit genees. Die daad verbaas die knegte, sodat hulle hulle nie verder oor die leerlinge bekommer nie, maar slegs daarop bedink was om My weg te bring.
[28] Omdat Ek alles swyend oor My heen laat gaan en ook sonder enige verset My hande deur hulle te laat bind, spreek hulle hulle verwondering onder mekaar daaroor uit, waarom hulle gesê was dat hulle die uiterste geweld moes gebruik, omdat die gevange neem van so iemand egter baie gevaarlik was. - Judas staan daar by en wag tot daar iets sou gebeur waardeur die wagters aan die skrik gemaak sou word. Maar omdat daar niks gebeur nie, meen hy nou des te sekerder dat My krag hom teenoor die Hoë Raad baie sou ontplooi.