Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer herinner Raël aan die verlede

21 Ek sê: "Het jy nooit eintlik `n vermoede gehad nie, Raël, wie daar eintlik as die verwagte Messias sal neerdaal of al neergedaal het?"

[2] Terwyl hy My glimlaggend aankyk, sê Raël: "Heer, U en die uwe het my huis binnegekom, sonder dat ek gevra het: "Wie is julle?" `n Mens moet gasvry wees, sonder aansien des persoon, sodat sowel `n vername as `n arm mens uit ware naasteliefde gedien word. Maar voordat ek nou hierdie vraag beantwoord, sou ek tog wel graag `n idee wou hê wie julle is.

[3] Kyk, ek is oud en wil graag in alle rus tot my vaders ingaan! Vergeef my dus dat ek versigtig is, om nie deur onbeteuelde woorde my hoof, wat nie graag in Jerusalem gesien is, probleme te besorg nie, wat ook vir `n ou man kan ontstaan wanneer hy sy mees innerlike gedagtes te vroeg na buite bring!" 

[4] Ek sê: "Maar as Ek nou hier, in die teenwoordigheid van almal, jou mees innerlike gedagtes sou onthul, sou jy dan ook bang wees dat Ons jou sou verraai?"

[5] Raël sê: "Rabbi, as U dit kan, moes U `n hoë vervolmaking van die gees bereik het, waardeur dit in staat is om die geestelike deur die materiële heen te sien, en dan sou `n onedele handelswyse van U kant, wat my probleme sou kan besorg, volkome uitgesluit wees; want hoë geestelike vermoëns kan alleen bereik word, wanneer `n mens die onedele aflê. En dan is diegene wat U begelei as U leerlinge vas en seker netsoos U. Vertel my dus my mees innerlike gedagtes, as U dit kan!"

[6] Ek sê: "Raël, dit is nie net aan jou bekend dat die Messias geen koning van die Judeërs sal wees, soos wat hulle Hom as `n uiters magtige en aards strydbare held verwag nie, omdat Hy dan alle volkere sal onderwerp en van elke Israeliet moontlik `n klein koning sal maak, wat oor so en soveel slawe sal heers, maar jy weet ook dat Sy ryk daaruit sal bestaan, dat Hy siele sal red en in Sy ryk van vrede binnelei, wat nie van hierdie wêreld is nie, maar in die ewigheid gevestig is. Dit het die wyse van Egipte, wie se naam Sarne was, jou alles noukeurig aangetoon.

[7] Toe jy vroeër - nou twee-en-twintig jaar gelede - in die tempel was, het jy gehoor en toegekyk hoe `n twaalfjarige jong seun daar, nie net deur Sy wysheid nie, maar ook deur Sy wonderkrag almal tot verbasing gebring het. Jy het jou heel rustig onder die toeskouers gehou en was hoogs verwonderd, dat die totaal blinde fariseërs en skrifgeleerdes nie `n idee gehad het wie daar eintlik agter die jong seun geskuil het nie. Aan jou het die gees onmiddellik te kenne gegee dat die verwagte Messias hier in lewende lywe voor elkeen se oë staan, en dat daar maar net so `n uiters dik hoogmoed en siele-blindheid soos die van die leviete en skrifgeleerdes, wat hulleself as geleerd beskou het, voor nodig was om nie deur die bome die bos te sien nie. 

[8] Jy het die jong seun ook steeds gevolg in Sy ontwikkeling. Jy het self moeite gedoen om Sy arm ouers via jou familie werk te verskaf, om te doen wat binne jou vermoë gelê het. Weliswaar sê jy aan jouself dat daar, waar die Godheid woon, jou hulp nie nodig was nie, maar tog wou jy ten minste jou goeie bedoelings toon.

[9] Later, toe jou hoë leeftyd jou steeds meer sodanig aan die huis gekluister het, dat jy dit sedert jare nie meer verlaat het nie, behalwe die kort wandelinge na jou tuin, het jy jou tog steeds berigte laat bring deur ander. 

[10] Noudat daar sedert drie jaar `n profeet opgestaan het wat Jesus van Nasaret heet, weet niemand sekerder as jy dat dit dieselfde jong seun is nie. En ook is niemand in die hele Judea meer as jy daarvan oortuig dat Jesus die Messias is nie, die waaragtige Gesalfde God. Hierdie mees innerlike oortuiging durf jy egter nie uitspreek nie, oor die redes wat jy self aangegee het. - En sê nou of Ek reg gespreek het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205