|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 63
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Die eerste verraad van Judas
63 Nou vra Petrus My of Ek van plan was om môre na die stad te gaan en in die tempel te spreek. Toe Ek dit beaam, raai hy dit dringend vir My af, omdat hy in die herberg reeds verskillende tempeljode gesien het wat My met vyandige blikke bekyk en in ieder geval kwaad teen My beraam het.
[2] Daarop sê Ek aan hom: "Vanweë die volk moet Ek daarheen, en niemand sal My dit belet nie; want alleen terwille van die volk het Ek hierheen gekom, sodat hulle verlos kan word!"
[3] Toe Judas dit hoor, staan hy heimlik op en verdwyn, sonder dat iemand anders as alleen Ek dit geweet het.
[4] Hy loop na buite na die volk wat in en na die herberg toegestroom het, en vertel aan elkeen dat Ek daar was en dat Ek môre na die stad sou gaan. Hulle moes daarvoor sorg dat dit bekend raak: Die Heiland van Nasaret sou na die fees toe kom.
[5] Onder die vreemdelinge in die stad was daar vele wat juis terwille van My na die fees gekom het, omdat hulle gemeen het dat hulle My dan verseker sou sien. Omdat dit bekend was dat Ek by Laserus verblyf gehad het, het hulle bodes gestuur om te wete te kom of Ek daar was, en wat Ek besluit het om te doen. Nou hoor hulle deur die eerste verraad van Judas wat Ek van plan was en hulle vertel dit baie vinnig rond in die stad. (Johannes 12:9)
[6] Hy gaan ook self na Jerusalem na die verskillende herberge toe, waar hy poog om vreemdelinge en inwoners daartoe te beweeg om My tegemoet te kom, wanneer Ek môre na die fees sou gaan.
[7] Omdat die getal van My aanhangers baie groot was, raak dit ook baie vinnig orals bekend, veral omdat daar vir die volk niks belangriker in Jerusalem was as My optrede in die stad nie.
[8] Terwyl dit in die stad in voorbereiding was, sit Ons baie rustig in die huis van Laserus en spreek nou oor meer onbelangrike dinge, toe Petrus uiteindelik opmerk dat Judas nie meer aanwesig was nie. Hy maak die ander broers eers daarop attent, en vra toe dadelik aan My waar Judas heengegaan het.
[9] Daarop antwoord Ek dat hy hom nie oor hom moes bekommer nie. Wat hy doen, doen hy uit vrye innerlike drang, en dit het niks in gemeen met wat die leerlinge doen nie.
[10] Hy vra nou ook nie verder nie, maar uiter net sy misnoeë oor die feit dat die man tog steeds teruggekeer het, terwyl hulle almal so dikwels gehoop het dat hulle hom nie weer hoef te sien nie.
[11] Laserus dink: "As die Heer hom wou weg gehad het, sou dit beslis nie vir Hom moeilik gewees het nie. Maar omdat Hy hom steeds toestaan om in Sy nabyheid te bly, is hy vas en seker ook vir groot dinge uitverkore, en daarom pas dit ons nie om `n oordeel te vel nie, maar om ons daarvan te weerhou."
|
|
|
|
|