Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer berei Sy leerlinge voor op die toekoms

15 Nadat Ons deur die voordeur gegaan het, rig Ons Onsself reg na die noorde via `n sypad, wat deur `n heel aangename heuwellandskap lei. Dit het gebeur, omdat Ek die omgewing van Jerigo wou vermy, en omdat My leerlinge tydens hierdie tog, wat eensaam was en arm aan buitengewone gebeurtenisse, tot `n hoër innerlike vlak van voleinding moes opklim.

[2] Want nou nader geleidelik aan die tyd, waarvan geskryf staan: "Nou sien julle My nog; maar oor `n kort rukkie sal julle My nie sien nie!", en dit was nodig om al My volgelinge wat daarvoor ryp was, nader daarvan op die hoogte te bring. Want nog altyd wou, veral My leerlinge, nie glo dat die Jode mag en gesag oor My sou kry nie, ondanks die vele aanwysings wat hulle daaroor gekry het. Ek lei hulle daarom op volkome onbekende weë steeds dieper die berg in. 

[3] Toe dit nou aand geword het, sit Ons Ons buite neer aan die voet van `n taamlike hoë berg, en Ek begin Myne as volg toe te spreek: "My geliefdes, julle is nou `n lang tyd getuie gewees van My dade en My leer, sodat julle nou kan weet hoe en waardeur die hemelryk naderby gekom het en in al sy volheid na julle afgedaal het. Ek het julle nou egter na dié afgeleë dal gebring, sodat julle in julleself kan keer om julle in beskouende rus in die geloof te versterk vir die komende gebeurtenisse; want as die herder geslaan word, is dit nie goed dat die skape nie op hulle minste sou weet hoe hulle alleen die weg na hulle stal moet vind nie. 

[4] Wees dus bereid om in julleself te soek waar dit nog in julle hart donker is, omdat die lig, solank dit nog skyn, alle hoeke daarvan goed sal verlig en julle goed bekend is in julle huis, wanneer daar tydelik duisternis sal heers! Want Ek weet goed dat julle swak is, hoewel julle meen om reuse te wees, solank julle in My `n persoonlike steun het. Wanneer dit sal ontbreek, sal eers blyk in hoeverre julle stewig staan en julle geen sorg hoef te maak om te val nie.

[5] Maar laat Ons nou eers Ons liggame versterk, en doen dan soos wat Ek vir julle gesê het! Ondersoek julle innerlike, en as iemand `n vraag in homself bespeur, laat hy dit dan na vore bring! - Maar laat een van julle gaan kyk wat ons geskenk is daar agter die bosse!"

[6] Nou gaan Petrus en Jakobus onmiddellik na die aangeduide plek en haal verskeie brode asook wyn in kraffies tevoorskyn, waarmee Ons `n goeie aandmaaltyd hou.

[7] Toe dit beëindig was, bly almal swyg. Elkeen bring hulle My leer en My dade voor die gees; maar geeneen van hulle kom met `n vraag na vore nie. Selfs Petrus, wat andersins tog soveel op sy hart gehad het en dikwels vrae gestel het wat reeds in enigerlei vorm in vroeëre lesse beantwoord was, bly volkome rustig en wag maar af wat daar uiteindelik sou kom wanneer Ek sou begin; want dit het hulle almal baie opgeval dat hulle die uitstappie na die berg moes maak.

[8] Toe daar nou `n algemene, verwagtingsvolle stilswye geheers het, neem Ek weer die woord en sê: "My geliefdes, dat julle My almal gevolg het, sonder om te vra waarheen Ek julle sou bring - luister na wat Ek vir julle te sê het! Maar luister met jou hart, nie net met jou ore nie; want alle geheime en leringe wat Ek aan julle geopenbaar het, kan alleen begryp word as die hart die waarheid daarvan voel en nie net die menslike verstand vir sy oordeel gevra word nie!

[9] Die tyd kom nou naderby, waarvan die Skrif sê: "Die Seun van die Mens sal nou verhoog word!", en waarvan geskryf staan: "Hy sal jou die kop vertrap, en jy (die slang) sal Hom in die hakskeen steek!" My amp as leraar loop nou hier ten einde, en die van julle sal weldra begin. Maar julle moet goed voorbereid wees, sodat julle nie swak word en bewe vir die verskrikkings van die toekoms nie. Want ondanks alle versterking wat julle sal toevloei, sal julle tog baie moeite hê om stewig te bly staan en julle menslike natuur te oorwin.

[10] Wanneer julle die werk sal voortsit wat hier deur My volbring sal word, herinner julle dan My woorde op die berg Gerisim: "Salig is hulle, wat ter wille van die geregtigheid vervolg word (en hulle weë nie opgee nie ); want die hemelryk is vir hulle! Salig is julle, wanneer die mense julle terwille van My smaad en vervolg en allerlei kwaad teen julle spreek, as hulle daarmee lieg!" Want hulle leuens sal hulle teen hulself keer en hulle vernietig, en julle sal die kroon van die waaragtigheid ontvang! Vrees dus nie, ook al sien julle My nie meer nie; want desondanks sal Ek by julle bly tot aan die einde van die wêreld!

[11] As egter die grotes en vernames van die wêreld sal kom en julle groot somme geld aanbied om by hulle in diens te tree, omdat hulle deur julle wil groter word en nog meer aansien wil verkry, sê dan vir hulle dat julle alreeds `n ander Heer dien, wat julle baie goed betaal en as getroue dienare erken, en dat julle derhalwe geen ander diensbetrekking kan aanneem nie; want niemand kan twee meesters dien en aan beide reg doen nie. Dan sal hulle julle vra wie die Heer is. Verloën My dan nie, maar bely My openlik; want wie My verloën, sal ook Ek eenmaal verloën en van My wegstuur! En wie deur My verstoot is, sal lank moet wag en veel moeite, angs en kwelling moet verdra, voordat die lig weer vir hom sal skyn. Gee dus gevolg aan My woorde!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205