Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die blindheid van die fariseërs

6 Die fariseër sê baie verwonderd: "Heer, wie is U, dat U so met gesag spreek en die staf oor ons kan breek?"

[2] Ek antwoord hom: "Ek sê tog dat julle met siende oë blind en met horende ore doof geword het deur julle verstoktheid. Reinig julle van die vuil van die tempel, sodat julle kan hoor en sien! Ek weet baie goed dat jy en jou twee metgeselle die laastes is wat nog enigsins `n beter gemoed het.

[3] Julle drie het ook daarop uitgetrek en het julle ywerig van julle taak gekwyt, omdat julle te wete wou kom wat daar nou eintlik waar was van al die gepraat oor die Galileër; maar desondanks het julle daarop uitgetrek soos iemand wat hoor dat daar in die woestyn `n groot skat begrawe lê, en gedink: "Ek sal probeer om dit te soek; miskien vind ek die skat". En hy vertrek dan ook sonder al te groot hoop, maar net om dit te probeer, - vind hy die skat, dan is dit goed - vind hy dit nie, dan maak hy hom ook nie verder bedruk daaroor nie.

[4] Maar Ek sê vir julle: Die hemelryk is nie `n skat wat so onverskillig gesoek kan word nie; maar met intensiewe worsteling en strewe en met groot ywer moet daar in die woestyn van die lewe na die skat gesoek word, en wie dit nie doen nie, die kan dit oorkom dat daar iemand anders kom wat na hom met veel meer ywer op dieselfde plek soek en grawe en op die skat afkom wat die eerste op dieselfde plek nie gevind het nie.

[5] Julle het nou daarop uitgegaan; soek dus ywerig en nie met onverskilligheid nie, totdat julle vind waarvoor julle uitgetrek het!"

[6] Die tweede fariseër, wat ondertussen steeds aandagtiger na My gekyk het, sê: "Heer, dit klink asof ons aan die grens van die hemelryk staan en nie die skat vind nie! Kan U ons nie `n klein aanwysing gee, hoe ons eintlik moet soek om by die skat te kom nie?"

[7] Ek sê: "Dit het Ek julle tog al gesê: Volg maar net My woorde!"

[8] Daarmee wend Ek My tot My leerlinge, wat hulle baie daaroor verbaas dat hierdie drie so vreeslik blind en doof was en die dinge wat Ek so duidelik aan hulle sê, nie begryp nie.

[9] En Ek sê aan hulle: "Julle staan volledig in My lig, en daarom is dit maklik vir julle om te sien. Hulle staan egter in die duisternis en sien dus, soos mens sê, geen hand voor hulle oë nie. Dit sal Ons ook nie geluk om hulle geheel en al siende te maak nie; want wat daar geheel en al siende gemaak kan word, is reeds aan die tempel onttrek. Maar hierdie hier kan en moet voorberei word om tenminste `n klein hindernis op te werp teen die boosaardigheid van die oorblywende tempeldienare; daarom sal hulle My ook nie herken nie, maar slegs as `n eerste leerling van die Galileër bly beskou, wat Ons ook so sal laat. Na My hemelvaart sal hulle dan ook heeltemal bekeer word."

[10] Nota bene: Dit sal menigeen opval wat Ek hier en ook al eerder teenoor My leerlinge regstreeks oor My hemelvaart gespreek het. Daarby moet opgemerk word dat hulle dit nooit letterlik opgeneem het, solank dit nie werklik gebeur het nie, maar hulle dag dat Ek Palestina sou verlaat, wanneer My tyd as leraar verby sou wees en na Griekeland of Rome sou gaan om My werksaamhede daar voort te sit. Ook My woorde dat die hemelryk aan die heidene gegee sou word, word veelal so opgevat. Ek laat hulle voorlopig in die geloof, maar berei hulle tog voor op iets buitengewoon in die komende tyd deur herhaaldelik daarop te wys, sodat alle valse voorstellings deur die komende gebeurtenisse vanself reggestel kan word.

[11] Op die manier onderrig Ek nou nog almal wat My aanhang en vol geloof is, omdat nie `n dooie geloof op gesag, maar die lewende geloof wortel kan skiet en deur die suiwer verstand van die hart gereeld en op die regte wyse gelei word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205