Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die onthulling van die skeppings- en verlossingsplan

17 Nota bene. Vele sal hulle hier afvra waarom Ek eintlik die siele van My leerlinge uit hulle liggame geroep het, om hulle so getuie te laat wees van hierdie gebeurtenis. Dit vind plaas om twee redes.

[2] Ten eerste moes hulle, eenmaal ontwaak, geen herinnering daaraan meeneem in hulle aardse lewe nie, omdat dit onnodig, selfs skadelik sou wees vir hulle verdere ontwikkeling - en ten tweede, omdat die siel alleen in haar vrye toestand in staat is om haar vorige ontwikkelingsvlakke te deursien. Ten laaste kom dit aan, omdat hierdie siele My volkome as hulle Heer en Skepper sou erken en kan vra om hulle te beskerm. Lucifer moes egter insien dat hy steeds meer van sy aanhang verloor en sy mag steeds kleiner word. 

[3] Dit is nou hier die oomblik om vir `n goeie begrip van die navolgende, volkome duidelik uiteen te sit wie en wat Lucifer is, hoe mense hom vir hulle moet voorstel en hoe hy in ieder afsonderlike mens oorwin kan word; want wanneer hierdie belangrikste vrae op die korrekte manier duidelik beantwoord is, is dit eers moontlik om die skepping, My koms na hierdie aarde, My lyde en sterf op die korrekte wyse op te neem. Laat die wêreld daarom, ontdaan van elke beeld, luister na die groot geheim van My skeppings- en verlossingsplan!

[4] Toe die Godheid deur prosesse, wat vir julle altyd verborge sal bly, Haarself gevind het en Sy bewus geword het van Haar skeppende en Haar allesomvattende Gees, ontstaan daar in Haar `n magtige golf en druk, en Sy spreek in Haarself: "Ek wil My idees buite My plaas, sodat Ek daaraan kan sien waartoe My kragte in staat is! "Want solank daar geen aktiwiteit ontstaan nie, kan die Godheid Haarself slegs in geringe mate bewustelik ken. Eers in Haar werk word Sy steeds meer van Haar mag bewus en verheug Haarself daaroor (soos wat elke kunstenaar eers aan sy eie skeppings sien wat hy in hom het, en vreugde daaraan beleef).

[5] Die Godheid wil dus skep en spreek vervolgens teenoor Haarself: "In My rus alle krag van die ewighede; laat Ons derhalwe `n wese skep wat toegerus is met alle krag gelyk aan Myself, maar so, dat hy die eienskappe in homself dra waarin ek Myself kan herken!" En daar word `n gees geskape wat toegerus word met alle krag uit My, om die kragte wat in My rus, sigbaar aan die Godheid te toon.

[6] In hierdie gees wil die Godheid self die vaste punt van Haar eie werksame krag vaslê, net soos `n mens, wanneer hy loop, eers in die vaste steunpunt van die aarde `n vaste punt vind waardeur sy krag werksaam kan wees om hom voort te beweeg. Die weerstand wat die aarde self bied, is goed, dit is selfs die middel waardeur die krag in feite tevoorskyn kom en waardeur voortbeweging plaasvind. Hierdie krag wat oorgedra is, wat in die nuut ontstane gees gelê was, was die teenpool, dit wil sê die teenstelling wat deur die Godheid gewil is, van al die eienskappe wat julle Goddelik noem; daarom is die teenpool egter nie ongoddelik nie, maar hy maak dit maar net moontlik om die regte lig van die kennis te versprei.

[7] Want elke eienskap moet van twee kante beskou kan word, wanneer dit volmaak is. Daar, waar beide kante in één punt saamval, is My volmaaktheid dan te vinde. Sowel afdalend as opklimmend vanuit dit middelpunt verloor beide hulle in die oneindigheid. 

[8] Beskou as voorbeeld die liefde, die hoogste wet en die mees edele eienskap in die sentrum van My hart! Elkeen sal maklik insien dat `n uiters liefdevolle mens nog verder kan groei in sy liefde; want dit is duidelik dat daar reeds op julle aarde altyd nog `n mens is wat nog liefdevoller is. En tog sal julle merk dat uiters liefdevolle mense ook die passende teenpool in hulleself het, waardeur hulle ook in staat is om uit liefde en om wyse redes nie vir allerlei wense in te willig nie, wanneer hulle net skade daarmee sou berokken aan diegene wat daarmee aankom.

[9] As daar nou `n wese geskape sou word, wat op die grens geplaas is, van waaruit hy hom vry na beide kante kan ontwikkel, is dit maklik om in te sien dat hy die vermoë om te weier steeds meer in homself kan ontwikkel, homself daarmee steeds meer van die juiste middelgrens verwyder en hy ten slotte tot in die mees oneindige dieptes van die teenpool, dit wil sê in die uiterste hardvogtigheid kan verloor. Julle kan julle by `n slegte mens dus altyd nog `n slegter, liefdeloser mens voorstel, wat homself in die uiterste verwydering van die middelgrens, totaal in eiebelang verloor.

[10] As Ek nou `n wese skep wat alle, - let wel - sonder uitson­dering geregverdigde pole van My goddelike eienskappe bevat, wil dit nie sê dat Ek My volledig van hom ontdaan het nie, sodat Ek as God nou in `n sekere sin slegs uit één helfte bestaan; dit wil maar net sê dat Ek `n wese geskep het, wat Ek op die bewuste middelgrens geplaas het, hom toegerus met My almag, waarmee hy dus werksaam is en hom die vryheid gegee om homself na bo en na benede te ontwikkel. En vanuit die magsvolkomenheid laat Ek hom in vryheid begaan.

[11] Die eerste lig van die kennis - dit wil sê die ken van die moontlikheid om homself opklimmend of afdalend te kan ontwikkel - dien daartoe dat die wese vrywillig in die sentrum sou bly, om van daaruit in uiters noue verbinding met die goddelike Oergees werksaam te wees en met eie skeppingskrag steeds nuwe wesens te skep, omdat sowel Skepper as skepsel egte vreugde daaraan en in die vreugdevolle werksaamheid `n hoër graad van saligheid sou geniet.

[12] As Ek julle nou sê dat hierdie eersgeskape gees "Lucifer" (dit wil sê Ligdraer") heet, sal julle nou ook begryp waarom hy so en nie anders heet nie. Hy het in homself die lig van die kennis gedra en hy was as eerste geestelike wese baie goed bewus van die grense van die innerlike geestelike polariteite. Toegerus met My volledige mag, het hy nou ander wesens tot lewe geroep, wat in alles aan hom gelyk was, wat ook die Godheid in hulleself gevoel en dieselfde lig van die kennis in hulle sien ontbrand het as by hom, en eweneens met eie skeppingskrag te werk gegaan en toegerus was met alle krag van My Gees. In hulle het egter besondere kragte van My Oergees afsonderlik tot uitdrukking gekom, dit wil sê, wat hulle karakter aanbetref, het hulle ooreenkomstig My sewe belangrikste eienskappe geword, derhalwe was hulle aantal sewe.

[13] Mense moet nie dink dat die ses ander eienskappe dan ontbreek het nie, as hulle karakter met één van die sewe eienskappe ooreengekom het nie, maar hulle het in hulle wese `n ooreenkomstige karaktertrek besit, wat hulle tot draer van `n spesiale eienskap gemaak het, welke hulle by uitstek ontwikkel het; want reeds in die oerbegin het Ek daarvoor gesorg dat My wesens noodsaakliker op mekaar aangewys was, die beste middel om te voorkom dat hulle hoogmoedig ten opsigte van mekaar sou word.

[14] Lucifer, wat wel geweet het dat hy in homself die teenpool van God verteenwoordig, meen dat dit vir hom nou moontlik was om die Godheid as te ware op te suig, en hy verval tot die misvatting dat hy, as geskape en daarmee eindige wese, die oneindigheid in hom kon opneem; want ook hier geld die wet: "Niemand kan God (die oneindigheid) sien en tewens sy lewe behou nie"; en as gevolg daarvan kon hy die wese van die Godheid goed gevoel en Haar bevele gehoor het, solank hy in die regte middelpunt gestaan het, maar hy kon Haar nooit persoonlik sien nie.

[15] Omdat `n eindige wese nooit die oneindigheid kan en sal begryp en daardeur op dié punt maklik tot dwalings kan verval en by `n neergaande beweging hierin kan volhard, verval Lucifer, ondanks alle waarskuwings, tog tot die waan dat hy die Godheid sou kon opneem en vang. Daarmee verlaat hy sy regte posisie, verwyder hom uit die middelpunt van My hart en val steeds meer ten prooi aan die verkeerde begeerte om sy skepsele, wat deur hom, maar uit My ontstaan het, om hom heen te versamel om oor die ruimtes te heers wat deur allerlei soorte wesens bevolk was.  

[16] Daar het nou `n tweespalt ontstaan, dit wil sê `n skeiding van die partye, wat ten slotte daartoe gelei het, dat die mag wat aan Lucifer gegee is, deur My teruggetrek was, en hy met sy aanhang magteloos geword het en van sy skeppende krag beroof is.

[17] Vanselfsprekend kom die vraag op: Wat moes daar nou gebeur het met die leër van gevalle geeste, wat as te ware dood, dit wil sê sonder werksaamheid was?

[18] Daar het slegs twee weë oopgestaan. Die eerste weg was: Om Lucifer met sy aanhang te vernietig, om daarna `n tweede te skep, wat waarskynlik aan dieselfde dwaling onderworpe sou gewees het, aangesien daar geen meer volmaakte gees heeltemal vry buite My gestel en dit derhalwe onafhanklik van My wil geskape kan word nie. Die skep van masjiene wat willoos uitvoer wat Ek beveel - was geen probleem nie. Maar om die lig van die selfbewussyn te verwerf, was die tot nou toe gekose weg die enigste. Omdat egter deur, dit wil sê deur middel van Lucifer, ook die ander geeste geskape was, wat My trou gebly het, het hulle tot sy sfeer behoort. `n Plotselinge vernietiging van Lucifer sou dus ook die vernietiging van alle lewende wesens beteken het. 

[19] Stel jou `n mens voor wat sy kinders en kleinkinders om hom heen geskaar het, wat ewenwel van hom as middelaar afstam, maar hulle lewe in feite tog aan My te danke het! As die dade, gedagtes ensovoorts van hierdie mens vir altyd vernietig sou moes word, sou sy nakomelinge tog ook vernietig moes word, aangesien die herinnering aan hom tog andersins in hulle sou voortleef. Slegs `n volledige uitwissing van alles wat ooit met hom in aanraking gekom het - desnieteenstaande of dit nou goed of sleg was en die vernietiging verdien het of nie - sou `n volledige vergeet moontlik gemaak het. 

[20] Maar waardeur sou Lucifer dit verdien het, aangesien sy val net deur `n misvatting plaasgevind het, waarmee dus ook die moontlikheid bestaan om die misvatting af te lê? Waarom sou die wesens wat trou gebly het, hulle vernietiging verdien het, en ten slotte: Waar sou My Wysheid wees, as Ek nie vanaf die allereerste begin die moontlikheid van afvalligheid geken en voorsien het nie, en derhalwe `n herhaling van die loop van die skepping uitgesluit moes word? En bowenal: Waar sou My Liefde gewees het, as Sy nie van vernietiging afgesien het nie, maar veeleer deur Haar wysheid middele sou vind om die verlore wesens tot die lig van die kennis terug te bring, sodat hulle bygevolg in die korrekte ewewig van die polêre eienskappe sou bly?

[21] Daar het dus slegs die tweede weg oorgebly, wat julle in die materiële skepping voor julle sien.

[22] Stel jou `n mens voor wat absoluut nie wil insien dat die koning van die land `n magtige heerser is nie, omdat hy weliswaar deur die koning met alle krag en volmag toegerus is, maar hom nog nooit gesien het nie! Hy rebelleer teen hom en wil homself tot koning verhef. Om die onderdane wat aan hom getrou is, nie in die verderf te laat stort nie, sal die koning hom gryp, hom van sy prag beroof, hom sy volmag ontneem en hom in `n kerker laat werp, net vir solank, tot hy tot insig gekom het, en dieselfde sal hy met sy aanhangers doen. Na gelang die aanhangers nou boete doen en hulle dwaling insien, sal hulle bevry word en die koning, wat homself nou ook sigbaar aan hulle getoon het, vas aanhang.

[23] Dié swak, aardse beeld gee julle aan wat Ek gedoen het; want die materiële skepping is die opsluit in `n kerker. Maar om die volgende te begryp, moet julle die gevoel van julle siel wek, omdat die menslike verstand te kort skiet om dit te begryp.

[24] `n Siel is saamgestel uit tallose deeltjies, waarvan elke deeltjie ooreenkom met `n idee wat uit My ontspring het, en kan, wanneer sy haar uiteindelike vorm en hoedanigheid aangeneem het, nie meer anders word as wat sy is nie, omdat sy dan ooreenkom met die karakter wat sy gekry het. Wanneer `n kristal uitgekristalliseer is, kan sy eintlike hoedanigheid nie meer verander word nie, en sy kristalliseer as rombo-eder, heksa-eder, okta-eder ensovoorts, na gelang die vorm ooreenkom met haar karakter, dit wil sê hoedanig die deeltjies om haar lewensentrum saamgevoeg is.

[25] As daar nou `n verandering aangebring moet word, omdat die kristalle nie heeltemal suiwer uitgeval het nie, moet hulle deur warmte (liefde) opgelos word, om daarna opnuut uit te kristalliseer tydens die afkoel van die warm liefdeswater, wat gelykstaan aan die vrygee van hulle wil. Nou vorm hulle weer nuwe, mooi kristalle, en elke versigtige chemikus sal weet om op die manier sulke mooi, helder en groot moontlike kristalle te verkry, wat beantwoord aan sy doel.

[26] Kyk, so `n chemikus is Ek! Ek het die onsuiwer geworde kristalle (Lucifer en sy aanhang) opgelos in die warm water van die liefde en het die siele nou weer opnuut laat uitkristalliseer om hulle helder te laat word. Dat dit gebeur het deur die opklim deur die mineraleryk en die planteryk tot by die mens, is aan julle bekend. Maar omdat die siel van Lucifer die totale materiële skepping omsluit, moet sy haarself ook in die vorm van `n mens uitdruk. Daarom verenig ook alle verenigings van geeste steeds in één persoon, wat deur die leier van die vereniging uitgedruk word, en vorm dit wat `n mens sy sfeer noem. Iets dergeliks, wat dit duidelik uitdruk, bestaan daar nie op die materiële vlak nie, daarom sê Ek: Open die gevoel van julle siel!

[27] Nou sal dit vir julle ook duideliker word dat Lucifer dink dat hy moet handel op die manier soos dit gebeur het, sodat die materie geskape kon word - `n misvatting, omdat nie die materie die einddoel van My skepping is nie, maar slegs die in vryheid leer ken van die waarheid, liefhê en begrip van die Godheid, die doel van die wesens is wat buite My geplaas is; die materie is slegs `n hulpmiddel hiervoor. Lucifer wil vashou aan hierdie tweede misvatting en verloor homself in die uiterstes van sy polêre eienskappe, terwyl hy homself voorlieg dat hy die materie daardeur in stand moet hou. Daar was aan hom soveel vryheid gegee, dat hy die materie kon deurdring, dit wil sê bewustelik in homself beskou, omdat hy as allereerste oergeskape gees kon ingesien het watter leed hy sy metgeselle aangedoen het en hy daardeur tot omkeer gebring sou word. Dit het hy egter nie gedoen nie, maar nou eers wil hy eg heers as `n vors van die materie, waarvan hy meen dat dit aan hom behoort. Daarom vertroebel hy die weer ontwikkelende mensekristalle soveel moontlik om sy ryk in stand te hou; want die stryd met God lyk vir hom groots, verhewe en lewenstandhoudend.

[28] Die mensekristalle, wat eweneens weer die beskikking oor hulle vrye wil moes kry om die doel te kan bereik, kan hulle na hom neig of na My, en val weliswaar tydens hulle lewe herhaaldelik in sy nette. Kyk na die heidendom, waarin hy homself as koning en sy polêre eienskappe, wat eweneens groot wysheid in sigself dra, as gode laat vereer!

[29] Nou sal mens vra: Waarom laat Ek dit alles toe? Dit bly onbegryplik, as mens nie na die uiteindelike doel kyk nie, en dit is: Om in alle vryheid bewus te word van homself in God.

[30] As dit `n groot volksleier behaag om in verkeerdhede te lewe en hy sy aanhangers met hom meesleur, hoe bereik mens dan die vinnigste die doel, om aan almal die korrekte lig te bring? Inderdaad, wanneer die volksleier self van sy verkeerdhede afsien; want sy aanhangers sal hom baie vinnig volg. Maar as `n mens probeer om sy aanhangers elkeen afsonderlik van hom af te keer, net solank totdat hy alleen staan, sal dit veel langer duur, voordat die doel bereik word.

[31] By My is dit altyd: Pak die kern aan, en as dit nie verander kan word nie, slaan dan `n omweg in! 

[32] Omdat nou tydens die gevangenskap - dink nou aan die beeld van die koning - steeds die verwyt gemaak word: "As ek die koning sou kon sien, sou ek in hom glo!", was dit die rede vir My menswording; ten eerste vir die gevallenes, en ten tweede om die Godheid vir die nie-gevallenes persoonlik sigbaar te maak en so hulle geloof te bekroon.

[33] Hierin lê die geheim van My menswording, dat die materie deurbreek moes word, wat andersins steeds harder en harder sou word, omdat die gevalle Lucifer homself steeds meer in die hardhede van sy teenpool verloor het. My menswording het dit derhalwe `n halt toegeroep en toon baie presies die weg tot bevryding van die afgodediens en die verering van die polêre eienskappe. En tewens moes daardeur nou ten eerste die bewys gelewer word dat die dood - waardeur die mense aan die materie en die genoeë daarvan gebonde word - oorwin kon word as die hoogs bereikbare, en ten tweede dat die lewe nie in die materie, maar in die gees plaasvind en die materie slegs `n gevangenis vir die gees is.

[34] Dat Ek die mees geskikte land, volk en familie voorberei het waar My offer sekerlik welslae sou behaal, omdat Lucifer My andersins kon oorwin het, is vanselfsprekend, en die geskiedenis van die Judese volk is `n antwoord op die vraag waar dit moes gebeur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205