BIOGRAFIE VAN LEOPOLD ENGEL

Toe Jakob Lorber in die jaar 1864 sterf, bly sy hoofwerk, Die Groot Johannes Evangelie onvoltooid. Eers 27 jaar later word dit deur `n ander gewekte ten einde gebring. In die jaar 1891 ontvang Leopold Engel die roeping om die werk te voltooi. Hy voer hierdie opdrag sonder onderbrekings uit tot die jaar 1893.
Al meerdere male is daarop gewys dat alle mededelings deur die innerlike Woord steeds aangepas is vir die vatbaarheid vir indrukke en die begripsvermo� van diegene wat geroepe is. Dit is dus nie verwonderlik dat die styl van die laaste deel wesenlik verskil van die styl van Jakob Lorber nie. Een baie bepaalde, steeds terugkerende ritme in die wyse van uitdrukking by mededelings van Bo bestaan daar nie, maar alleen `n ritme wat aan die vermo�ns van die medium aangepas is. Alles kom uit die woorde opwellende gees aan, maar nie op die min of meer volmaakte vorm nie.
Reeds baie vroeg, op 11-jarige leeftyd, was Engel deur sy vader bekend gestel met die aktiwiteite van Lorber en leer hy ook in Dresden die eerste uitgewer van die geskrifte van Lorber, Johannes Busch, vlugtig ken. Nooit het die gedagte by hom opgekom dat hy eenmaal self tot skrywer geroep sou word nie. Hoewel hy `n godsdienstige aanleg gehad het, onderskei hy hom op geen enkele wyse van ander jong seuns nie. In Dresden geniet hy `n goeie skoolopleiding, waarby hy veral aanleg toon vir die natuurwetenskappe. Sy vader, `n voortreflike kunstenaar, vioolspeler, wat deur keiser Nicolaas II aan die keiserlike teater in Petersburg as konsertmeester aangestel was en daar gepensioeneer word, oefen geen enkele dwang of invloed uit op die oortuigings van sy seun nie. As gevolg daarvan ontwikkel die innerlike lewe van die opgroeiende jong man self vanuit homself, soms baie aan wisselings onderhewig en ook w�relds. In die diepte van sy hart besit hy ewenwel `n heiligdom, wat hy verberg en nie deur godlo�naars en spotters laat aanraak nie: Sy onvoorwaardelike geloof dat Christus God is.
Op twee en twintig jarige leeftyd gaan Engel na die toneel, waar hy as toneelspeler in verskillende teaters nie onbelangrike suksesse behaal nie. Die teaterloopbaan bevredig Engel op die duur nie. Hy soek na `n ander besigheid, waarvoor hy nie voortdurend van standplaas hoef te verander nie, maar hy het weinig geluk daarmee. Altyd keer hy, na verskillende vergeefse pogings, terug na die teater. Eers in die jaar 1898 kon hy die toneel definitief die rug toekeer. Engel was tydens sy verblyf in Rusland as skrywer werksaam gewees en dit ontwikkel hy nou verder deur enkele verbintenisse, wat hom later `n beskeie inkomste oplewer. Hoe hy daarna in 1891 sy roeping ontvang om die laaste deel te skryf, vertel hyself as volg:
"Ek het met `n geestesvriend `n afspraak gemaak om hom te help met sy sakeonderneming en `n uitvinding wat hy gedoen het, uit te werk en so moontlik te verbeter. Ek begeef my daarvoor na Leipzig en woon by `n vriend. Na `n tyd agtervolg `n steeds sterker wordende gedagte my voortdurend, dat ek in staat sou wees om die slot van die Johanneswerk van Lorber te skryf. Ek wys die gedagte af; dit lyk vir my fantasties en onwaar. Waarom sou die barmhartigheid my nou ten deel val?! Ek voel my volstrek nie waardig daarvoor nie. Maar die innerlike druk neem by die dag toe, sodat dit ondraaglik word en ek dit aan my vriend vertel, netsoos my verstandelike mening dat daar maar net verkeerde dinge tevoorskyn sou kom. My vriend skud sy hoof en meen droogweg: "Ek sou in jou plek rustig gaan sit en maar skryf wat kom. As dit onsin is wat daar tevoorskyn kom, sal ons dit wel ontdek en gooi ons die geskrewene in die snippermandjie!" Kortom, hy moedig my aan en ek volg sy raad. Die resultaat kan elkeen in die laaste deel lees. Daagliks word daar `n bepaalde, slegs klein hoeveelheid geskryf, wat my helder en duidelik toestroom, terwyl ek nie in staat was om ook maar ��n woord daaraan toe te voeg nie, sodra die laaste sin geskryf was. Ook hoef ek wat ek tevore geskryf het, nooit deur te lees nie. Vergeefs was ook elke gepeins oor wat daar nou sou kon volg, wanneer die vasgestelde hoeveelheid geskryf was. As ek dit probeer, stem die van die volgende dag nooit ooreen met wat daar werklik geskryf word nie. Ook het ek probeer om die drang om te skryf, wat my steeds om nege-uur in die oggende dryf, te weerstaan. Dit was onmoontlik, tot groot vermaak van my vriend wat my gadeslaan. `n Vreemde krag dwing my om na my skryftafel te gaan en te skryf.
Die vraag wat dikwels aan my gestel was, - hoe die innerlike Woord hom kenbaar maak, kan ek net as volg beantwoord:
By my skryf onderskei ek duidelik `n drieledige proses. In die eerste plek wat uit my eie ek as skrywer ontspring as produk van my kennis of my fantasie. As ek dit later deurlees, ook al gaan daar jare verby, herken ek die geskrewene steeds as die resultaat van my eie werk; wat my by die lees nie vreemd sal voorkom nie.
Die tweede manier is die van die eenvoudige inspirasie, `n gedagte-oordrag uit ander sfere. Dit is geen woorde nie, maar gedagtes wat my toevloei en wat ek self in woorde moet klee. Die resultaat is vir die helfte my eiendom - maar in feite tog nie; want sonder die gedagte-oordrag het ek nie geslaag om iets bruikbaar tot stand te bring nie. Gemoedstemming, rus en neutraliteit van my innerlike is nodig vir die welslae. Versteurende onderbrekinge het die inspirasie vir werk onmiddellik, waarin wel deeglik ook eie gedagtes kon binnesluip, wat selfs in staat was tot `n lewendige fantasie, geheel en al vervals. Versigtigheid en selfkritiek is in die stadium dringend noodsaaklik; want hierby gaan spotgeeste graag hulle gang en word onsin maklik `n vaste werkwyse. Die geskrewene kom by latere deurlees baie vreemd voor; dit verwonder jou dan dat jy dit ooit geskryf het, maar jy herinner jou tog aan `n een en ander, min of meer duidelik.
Die derde en laaste manier is vir my eie begrip baie raaiselagtig. Die reeds gesketste dwang kan optree, maar kan ook daarna, op `n bede na Bo, duidelik die gevoel h� van `n innerlike spreker wat optree, ongeveer op die manier waarop jy jou `n gesprek wat jy met `n vriend gehad het, in herinnering roep, waarby jy dink dat jy hom hoor praat. Daar ontstaan `n dialoog. Vraag en antwoord, helder uitleg van dinge wat jy vroe�r nie geweet het nie en wat - en dit is `n karakteristieke teken - gemaklik weer uit jou geheue verdwyn, wanneer jy nie skriftelik vasgehou word nie. Die laaste is `n bewys van egtheid; want wat jy self gedink het, sal jy tog in jou geheue bewaar.
By dit en die vorige stadium is wat die hand van die skrywer lei, `n baie ondersteunende teken, dat daar `n vreemde krag aktief is. Die opgeskrewe teks verdwyn so vinnig uit die geheue van die skrywer, dat hy by `n langer mededeling die geskrewene eers grondig en met aandag moet deurlees om die inhoud in hom op te neem. Steeds sal egte deurgewings hom na enige tyd voorkom asof hy dit nie geskryf het nie. As dit nie so is nie, neem ek altans `n vermenging met eie dinge aan, die tweede fase dus met `n groter duidelikheid. Alleen streng selfkritiek en uiterste neutraliteit lei tot mededelings van die egte innerlike Woord."
Aan hierdie verklarings van Leopold Engel hoef niks toegevoeg te word nie.