|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 54
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Oor die gewydheid van God
54 Petrus het My woorde besonder diep in sy hart geskryf, en met sy eie daadkragtige sterk wil, wat aan hom eie is, gaan hy onmiddellik aan die werk om sy siel te ontwikkel, waar dit haar nog ontbreek. Hy trek hom dadelik terug van die ander om sy innerlike oog te kan open, en bly enkele dae bykans onsigbaar vir almal.
[2] Hier moet weer benadruk word dat My leerlinge hier byeen was om uit eie, vrye beweging, onafhanklik van My persoon en sonder enige uiterlike dwang deur die omgewing hulleself aan `n soort vrywillige beproewing te onderwerp, sodat die reeds verwerfde eienskappe, wat hulle deur My gegee was, vir hulle latere roeping as apostels, nou geheel en al hulle eiendom kon word. Vanuit dié gesigspunt moet alles beskou word wat daar in Efraim gebeur het.
[3] Nadat Petrus hom weer meer in die kring van die broers vertoon het, waar elkeen in homself sy weë van die innerlike lewe gegaan het - om welke rede die terugtrek nie eers so sterk opgemerk was nie, omdat hy steeds by die reëlmatige maaltye aanwesig was en swyend gekom en gegaan het - bly die leerlinge op `n aand langer as gewoonlik bymekaar; dit gebeur deur die vraag van Jakobus, waarom die gewydheid van God Homself deur die sondes van die mense gekwets kan voel, aangesien die sondes immers juis dikwels die middel tot loutering was en die moontlikheid om sondes te begaan, ook deur God toegelaat was. Daar moes met hierdie stelling van die tempel dus iets besonders wees, aangesien juis Ek baie met sondaars omgegaan het en My nog nooit deur die ergste sondaars gekwets gevoel het nie.
[4] Toe word daar op allerlei maniere oor en weer gepraat, waarby ook na vore gebring word wat Ek hulle vroeër geleer het; en ieder het `n heeltemal eie standpunt vir homself gevorm, van waaruit hy die gewydheid van God beskou. Johannes lê ten slotte breedvoerig uit, dat onder "gewydheid" in die ware betekenis van die woord die groot, selfverloënende liefde van God verstaan moes word, wat ewenwel deur die sonde, wat teen die liefde ingaan, gekwets kan word, netsoos `n goeie vader hom deur sy liefdelose kinders wel gekwets voel, maar daarom nog nie boos is nie; hy sal na so sag moontlike middele soek om die liefdeloosheid uit te roei, en eers na steeds strenger middele gryp as die sagter middele nie gehelp het nie - egter nie uit woede nie, maar enkel en alleen uit liefde en vir die regte doel.
[5] Alle leerlinge verklaar dat hulle dit eens was met hierdie woorde, maar Petrus voeg nog daaraan toe dat God se gewydheid nie net die groot Liefde van God beteken nie, maar ook die groot Wysheid, waarmee Hy al die geskapenes in groot, volmaakte doelmatigheid ingerig het. Om hierdie orde, wat die doelmatigheid in sigself bevat, nie te versteur nie, was die mees heilige plig van die mens. Maar juis op hierdie vlak, was daar so oneindig baie deur die mensdom gesondig, omdat hulle teen die orde gekant was en daardeur ook tot hulle eie skade getrag het om die doelmatigheid van die natuurwette te verniel. So het die sondvloed ontstaan, omdat die orde, en daarmee die doelmatigheid, versteur was wat die berg as gewig op onderaardse waterbekkens vervul het - want die Hanogiete het die berg laat ontplof. En so sondig die mens ook nou nog teen die orde, en daarmee kwets hy God se gewydheid in die orde, deur sy liggaam te misbruik en hom oor te gee aan swelgery en ontug, waardeur die liggaam ongeskik word om as setel van `n gesonde siel te dien. Die herken van die orde waarin ons lewe, was `n belangrike stap tot wedergeboorte, en daarom het hulle hierdie dae ook ingesien hoe noodsaaklik dit was om in hulleself in te keer, omdat dit maar net moontlik was om deur God onderrig te word en die waarheid te leer ken, as mens in homself soek.
[6] Toe vra die ander of hy dit dan gedoen het. Petrus beaam dit en lê uit dat hy dit gedurende hierdie dae met groot vlyt gedoen het en ook daarvan oortuig was dat hy nou die weg gevind het om `n egte leerling van ons Majesteit en Heer te word. Hy was weliswaar daarvan oortuig dat al die broers die laaste woorde van die Heer ter harte geneem het en daarna gestreef het om die nabye doel te bereik; maar hy het `n sterk drang gevoel om te vertel wat hy waargeneem het, omdat die een of ander vir homself immers iets daaraan kan hê, of om aan hom, Petrus, op sy beurt iets te kan vertel wat hom van nut kan wees.
|
|
|
|
|