Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

`n Rusdag

31 Vroeg die oggend staan Ons soos gewoonlik betyds op van Ons slaapplekke en gaan dadelik na buite, die tuin van Raël in. Weliswaar was die oggende baie ru, veral omstreeks sonsopkoms, omdat die reëntyd weldra moes begin, maar tog was dit baie verfrissend, sodat dit aangenaam was om `n tyd buite te wees.

[2] As die mense `n gewoonte daarvan sou maak om veral in die somer betyds op te staan en die vroeë oggendure buite deur te bring, sou die geslag weldra veel kragtiger word as wat dit is. Want die versterkende strominge, wat juis by die vroeë oggendwinde deur die lug trek, bring vernaamlik die voedingsstof na die aarde toe, netsoos die saamwerk van lig en die voedingsdeeltjies wat hulle ontwikkelende warmte spesiaal vir siel en liggaam voortbring, wat by `n hoogstaande son en groter warmte weer baie anders werk en ook `n spesiale chemiese proses aangaan, waardeur hulle vaster en vir die mens nie meer so maklik opneembaar word as in die meer eteriese toestand van die vroeë oggend nie. 

[3] My leerlinge spreek nog ywerig met mekaar oor die visioene wat hulle gister gesien het en vertel ook hulle buitengewone drome, wat byna elkeen van hulle gehad het, sonder om aan My `n spesiale vraag oor die dinge te stel. Weldra kom Raël ook na Ons toe en nooi Ons vriendelik uit om die gereedstaande oggendmaal tot Ons te neem. Dit gebeur, en weldra maak `n algemene, eg opgewekte stemming van die gemoedere homself kenbaar, wat selfs van die, andersins so ernstige manne, menige kwinkslae ontlok.

[4] Ek sê nou aan Myne dat Ek die plan het om vandag rus te neem, en dat elkeen wat daarvoor voel, in die dorp kan rondkyk om te sien of daar vir hom `n geleentheid gebied word `n goeie werk te doen of `n woord van troos te spreek. Elkeen van hulle was vry om te doen wat vir hom goed gelyk het.

[5] Op hierdie uitnodiging sê Philippus: Heer, as U niks daarteen het nie, sou ek hier graag `n man opsoek wat vir my baie dierbaar is, en hy moet, vir sover ek weet, nog hier woon. Hy is `n ywerige leraar van die woord van God, wat met die weinige middele wat die lewe hom gegee het, al baie goed gedoen het. Hy is `n tweedegraadse bloedverwant van my, en as dit moontlik is om hom vir U te win, sal ek hom na U toe bring." 

[6] Ek sê: "Doen dit, en bring die vis maar vir My, sodat ook hy kan insien waaraan dit hom nog ontbreek! Ek sal nie die huis verlaat nie, en elkeen van julle sal My weer hier vind, as hulle My soek!" 

[7] Daarop verlaat almal, behalwe Johannes, Petrus en Jakobus die tuin en die huis, en versprei hulle in die dorp en die omgewing. Vele keer eers teen die aand terug, omdat hulle by die arme bevolking baie goed ontvang was en baie vrae deur die mense aan hulle gestel was oor My wese, My herkoms en dade, wat hulle almal waarheidsgetrou beantwoord. Ek wou dat dit gebeur, omdat ten eerste verskillende van My aanhangers en leerlinge, wat tot nou toe nog geen geleentheid gevind het om My woord te verbreed nie, hulle in hulle amp sou gaan oefen, en ten tweede om ook die bevolking op te wek vir die komende Pasgafees en die gebeurtenisse daarby.

[8] Die drie apostels bly egter naby My en bly swyg. Ek vra hulle dus of hulle nie die ander ook wou volg nie, waarop Johannes antwoord dat hy en sy broers dit sou doen, as dit My wens was, maar dat hulle andersins sou bly.

[9] Ek sê: "Beste vriende, as julle wil bly, bly dan! Ek het immers al gesê dat elkeen moet doen soos hy glo. Maar as julle dalk dink dat julle in My nabyheid tog nog iets sou meemaak wat julle andersins sou mis, dan vergis julle julleself. Want Ek sal vandag niks onderneem nie, soos wat Ek alreeds gesê het, en is slegs van plan om `n rusdag te hou; want ook dié liggaam het by tyd en wyle rus nodig, netsoos die van julle, en is in niks verskillend van julle liggaam nie. Ons het die afgelope tyd baie, baie gewerk, en ook My liggaam is daarom ietwat uitgeput, ook al is My gees alom aktief. Maar solank die liggaam nie deur die gees opgeneem is nie, wat dit moet deurdring en as `n kleed om hom heen moet sluit, is dit ook onderworpe aan alle eise wat julle liggame stel."

[10] Daarop trek ook hierdie drie leerlinge hulle van My terug, om My nie in die gewenste rus te steur nie, en hulle sorg ook dat daar in die huis geen al te groot lawaai was, wat miskien na die tuin kon deurdring nie; want vanweë die vele onverwagte gaste heers daar, geheel in teenstelling tot die stilte wat mens tot nou toe aan gewoond was, `n groot drukte en bedrywigheid. Hierdie keer ondersteun Ek die diverse huislike besigheid nie met My krag nie, omdat alle bewoners bly was om vir My en Myne te kon sorg; en die werklike vreugde mag hulle nie ontneem word nie.

[11] Die dag het daar dan ook niks besonders gebeur wat opgeskryf sou moet word nie. Laat in die middag kom Philippus terug met sy bloedverwant, wat hy na My toe bring, en wat deur My oor die persoon van die Messias onderrig wil word. Maar Ek gaan nou geen lang gesprek met hom aan nie, maar verwys hom voorlopig na My leerlinge, wat hom in My leer inwy en hom meer oor My dade vertel. Hy word dan ook gelowig en Ek seën hom en sy huis, toe hy dit van My vra, tot groot vreugde van Philippus, wat hom baie waardeer.

[12] Teen die aand kom almal wat by My hoort weer binne en bring verslag uit van hulle verskillende avonture, wat hoofsaaklik daaruit bestaan het dat hulle die inwoners in My Naam hulp gebied het by allerlei siektes en hulle daardeur tot geloof gebring het, naamlik: Dat Ek werklik die Afgesant van God was en hulle My leerlinge was.

[13] Na die vele verhale, wat nie weergegee hoef te word nie, sê Ek: "Salig is julle, My geliefdes, omdat slegs julle geloof sulke werk kon volbring het; want slegs deur hierdie krag het julle dit verrig, nie deur die dwang van My krag nie. Gaan dus daardeur mee om selfstandige en met eie dade werksaam te word, sodat die kudde nie verstrooi raak nie, wanneer die Herder eenmaal sal ontbreek!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205