|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 44
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Die Heer in Efraim
(Johannes 11:54)
44 Toe ons nou byna tot die aand geloop het, nadat Ons `n taamlike lang ruspouse geneem het om Ons liggame te versterk, versamel Ek Myne om My heen en sê aan hulle dat Ek van plan was om na Efraim te gaan en `n geruime tyd daar te bly; maar daaroor moes hulle teenoor elkeen swyg, omdat Ek die tyd sou gebruik ter versterking van hulle en van Myself en ook om enkele swak gemoedere te verstewig, omdat hulle vir die nou weldra komende tyd van vervulling versterk moes word.
[2] Efraim was `n klein, onbelangrike stad, wat selfs in My tyd nouliks in tel was en wat geheel en al onbekend was. Dit het nie ver van die Dooie See gelê nie, midde tussen die berg, totaal afgeleë. As julle die plek daarvan noukeuriger wil weet, omdat teenswoordig geen enkele geleerde meer enige vermoede het waar die plek gesoek moet word nie, trek dan vanaf die boonste deel van die Dooie See - daar waar die kaarte `n enigsins sterk kromming toon - `n lyn na links tot aan die begin van die gebergte, wat as "woestyn van Juda" aangedui word, dan het julle die streek gevind waar Efraim vroeër te vinde was, waarvan nou egter geen spoor meer te ontdek is nie.
[3] Dit het al byna aand geword - die weg na Jerigo het Ons al vroeër verlaat en Ons na die suide gewend - toe Ek, soos al opgemerk, die doel van die reis aangee. Ons kom dus kort voor die val van die nag daar aan.
[4] Efraim was `n arm stad en was nooit deur reisigers besoek nie. Daarom is daar ook geen herberg gewees waar Ons kon oornag nie. Daar staan net orals armsalige, klein hutte, wat die naam "stad" gladnie verdien nie. Die bewoners leef so goed as dit gaan van veeteelt en allerhande snywerk uit harde hout en asfalt, wat gelewer word deur die Dooie See. Die plek was vroeër as `n soort vestingplek gebruik teen die intree van nomadevolke. Daarom is daar ook op `n heuwel `n soort vervalle kasteel, wat uit oeroue tye stam en weliswaar totaal vervalle was, maar tog beskerming gebied het teen weer en wind.
[5] Hierdie ruïne betrek Ons voor die nag en Ons rig Ons daar baie huislik in. Hy bied voldoende ruimte vir almal, en Petrus dink dat daar uiteindelik nog baie goed binne die nog stewige mure oorwinter sou kan word, as Ek, soos wel vroeër, ook hier met My krag die ou gebou `n bietjie wou help. Ek sê aan hom en die ander dat dit ook sou gebeur, maar dat dit vanweë die bewoners alles met omsigtigheid gedoen moes word, sodat Ek nie verraai sou word en hulle geen skade aan hulle siel sou ly nie; want dit was nog baie eenvoudige mense, wat Ons `n ongepaste verering sou betuig. Daarom moes alles hier na buite toe, meer natuurlik, gelykmatig daar uitsien.
[6] Nou vra die ander My, waarom Ek eintlik nie dadelik na hierdie plek gegaan het nie, in plaas van om so ver oor die weg na Jerigo te reis, waardeur `n groot omweg gemaak was.
[7] Ek lê hulle uit dat dit gebeur het vanweë die Judeërs, deur wie Ons met rus gelaat wil word en wat My beslis nie hier sou soek nie, maar nou aan die anderkant van die Jordaan of in die Jordaandal. Juis hier, so baie naby Jerusalem, was Ons die veiligste in hierdie wildernis.
|
|
|
|
|