|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 23
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Die besittings van Raël
23 Daarop versterk Ek vir Raël, omdat hy deur die skynbare verwyt vreeslik skuldig voel, sodat hy weer bly word en sy hart slegs die vreugde voel vanweë My aanwesigheid, en alle onnodige skuldgevoelens verdwyn.
[2] Tegelyk ontvang sy liggaam egter ook die nodige krag om hom sonder hulp van sy dienare te kan beweeg. En die gevoel van krag, wat deur hom heen stroom, gee hom so `n groot geluksaligheid, dat hy in welgekose bewoordings nogmaals `n getuienis gee oor wie Ek was, en alle aanwesiges aanspoor om in te stem om My te loof. Ek vra hulle om dit nie te doen nie, soos al voorheen, om die bekende redes, en nooi nou elkeen uit om die besienswaardige landgoed van Raël te gaan besigtig, omdat dit elkeen op `n hele boel idees sou bring.
[3] Ons loop nou deur die verskillende kamers van die huis wat hy aan die buitekant, wat aan die kant waar die pad loop, in niks te onderskei was van die gewone Judese manier van bou nie, maar wat van binne `n volslae Griekse boustyl blyk te hê, veral aan die kant van die tuin wat vir nuuskierige blikke afgesluit was. In die kamers sien mens `n groot aantal Griekse, Romeinse, Egiptiese en Indiese kunsvoorwerpe, wat smaakvol opgestel staan en die kamers `n baie vername en behaaglike aansien gee, sodat My leerlinge, wat nooit in sulke pragtig ingerigte ruimtes geleef het, nie uitgekyk raak nie. Dit was nie soseer die rykdom wat hom daar laat geld het nie, maar wel die perfekte kunssinnige smaak wat orals geblyk het en `n buitengewoon harmonieuse indruk maak.
[4] Dieselfde was in die tuin te merk, wat geheel en al soos `n Romeinse, goed versorgde modeltuin ingerig was, versier met standbeelde, fonteine en groen lane; alles sien net onder invloed van die laat herfs baie kaal daaruit. Myne het by Laserus ook wel `n mooi en ryke aanleg gesien, sowel van die huis, as van die omgewing, maar daar het nuttigheid duidelik geheers, maar hier het dit net om die kunssinnige skoonheid gegaan.
[5] Nou ontspan hulle, eers onder mekaar en toe meer in die algemeen. `n Gesprek oor die vraag of dit by die nastreef van geestelike doeleindes in My oë geregverdig was om tegelykertyd so oorduidelik na die wêreld en haar skatte te lonk, en of dit nie veeleer verwerplik was om hom met so `n luuksheid te omring nie, wat tog klaarblyklik alleen `n lus vir die oog beteken het en maklik die werksaamheid van die siel kon laat inslaap. Die beantwoording van hierdie vraag was die rede waarom Ek Myne uitgenooi het om die besittings van Raël te bekyk, wat kennelik groot genoeë daaraan beleef dat Ek met aandag na hom luister, as hy sy beste doen om die skoonheid van afsonderlike, besonder mooi standbeelde te benadruk en die kunssinnige uitvoering daarvan te prys. My leerlinge verbaas hulle baie oor die aandag, wat lynreg in teenspraak was met My vroeëre vernietiging van afgodsbeelde, wat tog ook buitengewoon kunssinnig gemaak was.
[6] Toe Ons nou voor `n beeld van Apollo staan, wat hom in `n nis bevind in die muur wat die tuin omring, omgeef deur struike, en in fraai lyne helder afsteek teen die donker agtergrond, ken hulle verbasing geen grense nie: want hulle dag dat die afgodsbeeld, netsoos ander beelde vroeër, in My teenwoordigheid tot stof uiteen moes val.
[7] Dit word nog erger, toe ons `n klein ronde gebou binnegaan, waar `n hele versameling gode hulleself bevind - almal kunswerke van hoë kwaliteit, wat deur hulle opstelling en die smaakvolle inrigting hierdie tempelagtige ruimte `n ongewone mooi en verhewe karakter verleen. Veral vir die vroeëre ortodokse Judeërs was hierdie beelde `n gruwel; want in die teenwoordigheid van Jupiter, Mars, Apollo, Venus, Minerva en Ceres en selfs Pluto lyk My aanwesigheid vir hulle onmoontlik. Maar dat Ek luister na die uitleg van Raël, wat My die kunstenaars noem wat die beelde gemaak het, asof Ek niks daarvan geweet het nie, was vir hulle volkome onbegryplik. Almal voel egter dat daar iets besonders aan My vreemde gedrag in die huis ten grondslag moes lê, en hulle swyg, nuuskierig wat daar op hierdie uitsonderlike belangstelling van My sou volg.
[8] Nadat Raël Ons al sy kosbaarhede getoon het, wat vergesel gaan van uiteensettings oor herkoms en leeftyd, kom Ons weer terug in die saal en neem Ons vroeëre plekke weer in.
|
|
|
|
|