Die bedoeling van die fariseërs
2 Toe Ons die volgende oggend ontwaak, hoor Ons van die herbergier dat die gaste wat gister nuut aangekom het – wat ontevrede was omdat hulle geen direkte antwoord van Ons kon gekry het op die vraag wie Ons werklik was nie - geprobeer het om by die dienare van die huis uit te vind waar Ons vandaan gekom het en wie Ons eintlik was. Vernaamlik was daar die drie fariseërs, wat by die vrae nogal gebiedend opgetree het, wat gewoond was om elkeen dadelik te sien sterf van ontsag vir hulle. Maar die eerste kneg van die huis, ook `n Romein wat Marcius geheet het en wat `n vroeëre wapenbroer van die herbergier was, weer hulle nuuskierige vrae op `n eg Romeinse manier kortaf af, sodat hulle hulleself vererg terugtrek en hulle besluit om hierdie brutale kneg by sy meester te bekla.
[2] Ons gebruik Ons oggendmaal in die saal waar Ons geslaap het, en kon dus presies hoor wat daar in die kamer langsaan, wat Ons gisteraand as eerste aankomelinge betrek het, bespreek word. Ons herbergier het self na die drie toe gegaan om na hulle wense om te sien, en één van hulle maak van hierdie geleentheid gebruik om sy opgekropte ergernis te lug.
[3] Die herbergier hoor hulle besware kalm aan en sê toe sonder enige toorn in sy woorde: "Wat julle sê, kan ek net in soverre as tereg erken, dat my Marcius julle op `n ietwat te skerp manier gemaan het om rustig te wees, aangesien julle, soos wat julle baie goed weet, nie die enigste gaste in my huis is nie. My huis is `n heenkome vir elkeen, en ek kan nie vir burgers van Jerusalem of selfs vir lede van die Hoë Raad `n spesiale uitsondering op die reëls van die huis maak nie; want die huis is eg Romeins, en elkeen wat die beskerming daarvan wil geniet, moet hom dus volgens die reëls rig, anders staan dit hom vry om `n ander herberg te soek. Maar julle het nog tot laat in die nag heftig gesprek gevoer, sonder om julle daaroor te bekommer of die nagrus van ander daardeur verstoor word, en ten slotte het julle selfs my personeel, wat hulle nagrus dringend nodig gehad het, na julle toe geroep om hulle uit te vra, totdat Marcius julle vir die inbreuk tereggewys het. Dit kon wel ietwat beleefder gebeur het, maar oor die gebeure kan ek hom nie verwyt nie."
[4] Nou neem die spreker van gister (die fariseër) weer die woord en sê: "Dat jy `n spesiale vriend van jou gaste van gister is, het ek al duidelik gemerk; maar ek dink dat ons tog ook die moeite werd is en kan verlang dat ons beleefd behandel word, soos dit teenoor manne van ons stand en aansien betaam. Maar hoe dit ook al sy - want ek het gister goed gemerk hoe jy ons gesind is, sodat ons waarskynlik nie by jou ons reg sal kry nie - sê vir ons wie die mense van die taamlike groot geselskap, wat gister in hierdie saal gesit het, eintlik is, en wie hulle woordvoerder is met wie jy gepraat het!"
[5] Die herbergier antwoord: "Ek is nie bevoeg om dit vir julle te onthul nie. As jy dit wil weet, vra Hom dan self! Hy is nog met die hele geselskap in my huis en sal julle sekerlik op die vraag `n antwoord gee."
[6] "Dit is presies wat ek wil vermy", sê die fariseër, "want ek het wel gemerk dat Hy al jou weinig hoflike woorde, wat jy oor die Judese volk en sy leraars ten beste gegee het, volkome gelyk het of Hy dit deel - Hy het jou altans op geen enkele manier teengespreek nie, maar veeleer herhaaldelik ingestem, soos ons aan enkele opmerkings wat ons opgevang het, wel gehoor het. Desondanks het ons die idee dat daar uit Sy woorde `n skat aan verborge wysheid oplig, wat ons tot die vraag bring wie en wat Hy is, of hy die bewuste Galileër stellig self ken, Hom gesien het of selfs `n leerling van Hom is.
[7] Ons weet baie goed dat die sogenaamde Messias, wat niks meer as `n timmermansseun uit Nasaret is nie, al baie leerlinge uitgestuur het, wat volgens wat mense sê, ook wonders gedoen het, en nou het ons met hierdie vriende van ons, wat kooplui is en van Jerusalem via Jerigo na Petra wil reis, daarop uitgegaan om self ietwat informasie te versamel hoe ver die gespuis al gevorder het om die volk teen ons en die tempel op te steek. Want die Hoë Raad in Jerusalem is geensins van plan om nog verder toe te laat dat sy aansien beledig word deur iemand wat Sy toorkunste as werk van die Gees van God uitgee en Homself as `n Seun van die Hoogste, soos ongelooflik genoeg al herhaaldelik gebeur het.
[8] Ek sê dit vir jou, my beste herbergier, sodat jy die minder partydig vir die man kies en jou nie medeskuldig maak aan die aktiwiteite van die volksopruier, wat ook vir jou baie slegte vrugte sou afwerp; want die Raad en die tempelregbank het nog altyd regte en krag genoeg om sy teenstanders te oorwin. As jy dus toevallig sou weet waar die Galileër Hom bevind, of as jy dit via die Gas, wat vir ons heel wys lyk, te wete sou kon kom, sou jy ons `n groot diens daarmee bewys en jy kan ook volkome verseker daarvan wees dat ons jou op geen enkele manier jou heftige en beledigende gedrag van gister, netsoos die van jou kneg, sal verwyt nie."
[9] Na die behoorlik lange betoog van die fariseër sou ons herbergier, wat My al lankal in sy hart herken het, die fariseër eerder te lyf gegaan het.
[10] Maar Ek vermaan hom in sy hart, sodat hy swyg en in alle gemoedsrus sê (die herbergier): "Ja, as julle my ernstig kon bewys dat die Galileër `n volksopruier is, uiteindelik teen die heerskappy van Rome, dan staan die saak daar heel anders voor, en kan julle daarvan oortuig wees dat ek alles sal doen om so 'n erge vyand van Rome onskadelik te maak. Ek het ewenwel die indruk dat dit wesenlik anders is, en ons moet dus tog eers ernstig oor die geval praat."
[11] Die fariseër begin nou vertroulik te word, vra die herbergier om naas hom te kom sit - `n na sy mening ongehoorde groot eer - en begin nou van begin tot einde alle bekende en reeds dikwels aangehaalde Farisese spitsvondighede te vertel: Dat Ek die Skrif nie respekteer nie, Moses en die Ou Verbond omver wil werp, kortom, hoop om My as koning van die Judeërs op te rig om die heerskappy van die Romeine weg te vee.
[12] Die herbergier hoor alles met groot gelatenheid aan en sê toe, dat hy advies wil inwin by sy wyse Gas en dat hy daarna na hulle toe sou terugkom. Die fariseërs, netsoos die kooplui, onder wie daar ook één was wat as geldwisselaar by die reiniging van die tempel aanwesig gewees het, was baie tevrede oor hierdie skynbare ommeswaai in die stemming van die herbergier en laat hom onder welwillende blikke gaan.