Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die vertrek uit Betánië

42 Laserus sê: "O Heer, U sal U tog nie self aan die gespuis oorlewer, sodat U so vinnig moontlik vernietig word nie?!"

[2] Ek sê: "Wat daar moet gebeur, lê in die wil van die Vader. Sy wil geskied; maar die Seun moet dit gehoorsaam! Maak jou dus nie bedruk daaroor, omdat dit nie jou verantwoordelikheid is nie, maar sorg dat ook jy steeds die wil van jou en My Vader beter leer ken!"

[3] Laserus vra My: "Heer, is U dan nie die Vader nie?"

[4] Ek sê: "Dit is Ek wel, en tog kom die tyd nou dat die Vader in My Homself moet terugtrek, sodat die Seun in vryheid kan beslis. Dat Ek julle so pas onthul het van wat daar benede in die tempel gebeur, is die eerste stap, sodat die Seun Sy besluit kan neem. En glo My, Hy het Sy besluit reeds geneem, sodat die volk nie ten gronde gaan nie! Maar vra nou nie verder nie, maar sorg dat dit die aanwesiges aan niks ontbreek nie; want hulle is vir die laaste in My aardse nabyheid as kinders, vir wie Ek liggaamlik sorg!"

[5] Laserus vra besorg: "Heer, wil U ons dan weer verlaat?"

[6] Ek sê: "Ja, môre in alle vroegte sal Ek jou weer verlaat en nie terugkom voordat die groot Pasgalam berei is nie!"

[7] Laserus meen nou dat Ek, netsoos vroeër, in die winter langer by hom sou kon bly.

[8] Ek antwoord hom: "Jy weet tog wat die tempel se plan is; maar Ek wil nie dat Myne terwille van My lastig geval word nie. Daarom gaan Ek hier weg - na `n plek waar Ek tot aan die Pasga rustig kan bly; so geskied dit!"

[9] Daarop sê Laserus niks meer nie; en as huisheer gaan hy vinnig kyk of die vele gaste wel goed bedien word.

[10] Die duur nie lank vir Nikodemus om by Ons te kom en verslag te doen van wat daar benede in die tempel voorgeval het nie, wat natuurlik presies ooreenkom met wat Ek gesê het. Hy was aanvanklik bang, vanweë die vele aanwesiges, van wie hy daar vele baie goed geken het, maar Ek stel hom gerus en gee hom die versekering dat geeneen van hierdie mense hom sou verraai nie.

[11] Oor hierdie aand, wat van groot betekenis word, deur die feit dat alle aanwesiges hulle by My en My leer aansluit, val verder niks te berigte wat nie al op soortgelyke wyse by vorige geleenthede gebeur het nie; daarom kan daar met hierdie hele aangeleentheid verbygegaan word, aangesien die belangrikste al gesê is.

[12] Die hele geselskap bly tot sonsondergang by Laserus byeen, waarna hulle van hom en van My afskeid neem met woorde van hartlike dank en weer na Jerusalem terugkeer om die wonderwerk nog verder daar te vertel, sodat Laserus die volgende dae niks anders te doen gehad het as om aan die algemene nuuskierigheid en bewondering te voldoen deur homself te laat sien nie. Daarby laat hy nie na om ywerig na My en My woord te verwys, en hy verswyg ook nie - tot groot misnoeë van die tempel - hoe die fariseërs hulleself oor sy besittings gedra het en hoe hulle hulle trek huistoe gekry het, sodat die spotlus van die Judeërs volledig die vrye loop neem. Dat die aangeleentheid ook sterk daartoe bydra om die aansien van die fariseërs te ondergrawe en die hebsug van die tempel baie duidelik aan te toon, is voor die hand liggend, en om die rede word die besluit in die Raad dan ook langsaam ryp om ook hom uit die weg te ruim; hulle sou ook sekerlik geslaag het, as Laserus nie so goed beskerm was deur sy honde nie, wat beter wagters was as elke aardse lyfwag van `n vors. 

[13] Toe die inwoners van die stad Ons verlaat het, vra Ek vir Laserus om goeie rusplek vir Ons te laat klaarmaak, omdat Myne, wat vandag almal so goed vir My gewerk het, uit voorsorg rus kon neem en môre fris en versterk sou wees.

[14] Ek sê ook aan alle leerlinge wat My volg, dat elkeen wat na syne wil terugkeer, dit kan doen; want Ek sou My nou uit die wêreld terugtrek en My aanwesigheid tot Pasga geheim hou. Wie dus dinge te doen het wat vir hom belangrik lyk, of gedurende die winter wat nou sou intree by syne wou gaan bly, kon daarheen gaan, vergesel van My seën.

[15] Daar meld hulle vele, toe hulle hoor dat dit met My seën was, as hulle gaan. Slegs die twaalf apostels en nog ongeveer twintig persone wat nie van My wou skei nie, bly oor om My te volg, waarheen Ek hulle ookal sou lei. Ek seën dan ook hulle wat weggaan, soos Ek beloof het, en spoor almal aan om stewig aan My woord vas te hou en dit verder te verbreed. Teen die tyd van die Pasgafees sou hulle My hier terugvind, waar hulle My verlaat het.

[16] Ons rus die nag in vrede, en in alle vroegte versamel Ek Myne nogmaals om My heen en neem kort afskeid van diegene wat agterbly: Van Laserus, sy susters en sy hele huis, wat My baie swaar laat gaan, maar deur My toesegging dat Ek teen Pasga weer by hulle sou wees, heeltemal getroos en gerusgestel word.

[17] Ons gaan nou vinnig die plekkie Betánië uit en loop oor die weg na Jerigo. 

[18] Wat nou daar gebeur het in die tyd tot My terugkeer na Betánië, is dat die mens, Jesus van Nasaret, Homself op die voorgrond geplaas het, deurdat nogmaals al die aangename van die lewe op Hom afkom, omdat die mens Jesus in vryheid die besluit sou neem oor die nou noodsaaklik geworde offerdood. Dit is nou nog te vroeg om die dinge te onthul. Slegs `n geslag wat volledig tot die wese van My liefde deurgedring het, sal dit kan begryp. Nou sou dit as onwaar gekenskets word. Daarom gaan Ek nou die dinge voorlopig verby en sal Ek alleen die meer historiese aanroer. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205