Die sielstoestand van die leerlinge
48 Toe My leerlinge (hier word die apostels bedoel) `n tog in die berg gemaak het - Ek het hulle dit self opgedra, om ook, sonder dat Ek daarby was, hulle gevoel vir hulle omgewing te open - word hulle tussen diep rotsklowe deur `n hewige reënbui oorval. In Palestina gaan die winter met hewige reënbuie gepaard, wat nie so onskuldig is soos in Europa nie. Die water stroom vinniger saam, en in die berg, wat tydens die somer in die son totaal uitdroog, vorm baie vinnig sterk waterstrome in die klowe, wat gevaarlik word vir `n wandelaar, deurdat die water baie hewig en plotseling na benede raas en die rotsbodem die groot hoeveelhede water nie kan opsuig nie, maar net as vergaarbak vir die water dien. Dit is daarom gevaarlik om in die tyd van die plotselinge reënbuie die klowe op te soek, omdat `n onversigtige persoon nie in staat sal wees homself te red as hy deur noodweer verras word nie.
[2] So gaan dit ook met Myne, wat midde in `n lang kloof deur onweer oorval was en nou baie vinnig deur rasende waterstrome omgeef word, sodat hulle nie meer voor- of agteruit kon nie.
[3] Dit sou `n geleentheid gewees het om die krag van hulle geloof te bewys, wat dan ook, solank die water om die rotsblokke heen spoel waarop die leerlinge hulle in veiligheid hou, baie goed standhou. Toe hierdie rotsblokke egter ook deur die water bereik word en oorspoel, begin hulle geloof tog sterk af te neem, en die vrees vir `n ellendige liggaamlike dood word steeds sterker. Hulle siele roep wel om hulp tot God, maar tot die God JaHWeH, van hulle vaders, nie tot dié Een van wie hulle geweet het dat Die in My beliggaam was, sodat hulle kerm en geroep ongehoord wegsterf.
[4] Reeds gryp almal mekaar by die hand en sit hulle gesamentlik teë teen die aanstormende water, om nie die swak houvas onder hulle voete te verloor nie, toe ook die rotsblokke onder die druk van die water begin te beweeg en die gevaar die grootste word.
[5] Toe roep Johannes uit die diepte van sy angstige hart hardop uit: "Majesteit en Heer, red ons, soos U die elemente al dikwels beveel het!"
[6] En kyk, onmiddellik hou die geraas en die geweld van die water op, en in `n baie kort tyd staan Myne weer op vaste grond, weliswaar aansienlik nat, maar tog ongedeerd!
[7] Hulle dank My nou wel innig in hulle hart as hulle Redder, maar hulle spreek weldra met mekaar daaroor, waarom hulle eerste roep onverhoord gebly het, aangesien JaHWeH en Ek tog één persoon was.
[8] Toe vra Johannes sy broers of hulle by hulle eerste roep ook aan My gedink het, of alleen aan die God van hulle vaders, as `n God buite My.
[9] Beskaamd beken hulle almal dat hulle inderdaad in die benoudheid van hulle hart, die verskil gemaak het, en hulle begryp toe ook baie goed waarom hulle geroep sonder resultaat gebly het. Hulle soek My dan ook onmiddellik op en vra My om vergewing vanweë hulle fout.
[10] Maar Ek sê aan hulle: "Wat het Ek julle dan wel te vergewe? As Ek nie gewil het dat julle op die manier in julle geloof beproef word nie, kon die water julle liggame nie omspoel het nie. Maar glo voortaan met des te meer oortuiging dat waarlik Hy in My woon, wat die heelal regeer, en sit die verskille wat julle bekrompe Judeërdom julle nog opgedring het, opsy; want niemand kan tot die Vader kom as net deur My, die Seun nie!"
[11] Hierdie woorde het hulle weer onseker gemaak; want wanneer Ek hulle die laaste tyd die verskil tussen die Seun en die Vader voorgehou het, het hulle nog altyd nie begryp dat My liggaam nog nie verheerlik was nie, maar nog aan die aarde behoort het.
[12] Eers na My opstanding het dit vir hulle volkome duidelik geword waarom Ek nie anders gepraat en kon praat nie. Hulle praat daarom baie met mekaar oor die punt, en hulle moes alles kwytraak wat daar nog aan verkeerde voorstellings in hulle vasgesit het; en hulle het dit veral gedoen wanneer Ek nie by hulle was nie.
[13] Dat daar daarby nog baie na vore gekom het wat verkeerd, oudjoods was en na die vooroordele van die tempel gesmaak het, laat hulle dink, veral omdat hulle deur geen enkele uiterlike teken meer getuie was van My krag nie - wat origens, omdat dit maar al te bekend was, in die jare wat Ons saam was, geen al te groot indruk meer op My leerlinge gemaak het nie.
[14] Elkeen wat nou weet hoe nodig juis die selfuitdrukking is, wat `n reiniging van die siel beteken, sal ook begryp hoe noodsaaklik die afsondering van Myne was; want deur wat hulle sê, kan hulle hulself nie in gevaar bring nie, maar wel ander wat na hulle luister. In hulle geselskap verbeter die een so die ander, en wanneer dit verkeerd gegaan het, weet Ek baie goed wanneer die oomblik weer vir My gekom het om te spreek. Onrype ore mag egter nóg My woorde nóg die van Myne gehoor het, om die nog onrype vrugte nie te laat verdroog en afval nie.