|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 60
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Barabbas
60 Terwyl die leerlinge nog hulle mening gee oor wat hulle gehoor het, sien Ons hoe `n troep soldate meerdere mense tussen hulle in meevoer, wat so te sê gevangenes was. Dit was verskeie mense wat in stryd met die verordeninge van Rome gehandel het en nou na Pilatus in Jerusalem gebring moes word om volgens die wette van Rome veroordeel te word.
[2] Een van hulle word swaar geboeid tussen twee soldate meegevoer, wat met getrekte swaarde langs hom loop, bereid om hom by die geringste poging om te vlug, neer te slaan.
[3] Philippus vra My wat die woes uitsiende man eintlik misdaan het, en wie hy was.
[4] Ek antwoord hom: "Hy is net so `n instrument van God soos julle, ook al het hy sy kapasiteite nie in diens van die Vader gestel nie. Hy moet dien om die Seun te verheerlik, soos julle geroep is om Sy werk te verbreed."
[5] Verwonderd vra die ander My hoe Ek dit bedoel.
[6] Ek gee hulle geen antwoord op die vraag nie, omdat die feite hulle binne `n baie kort tyd die antwoord sou gee.
[7] Die gevangene, wat so skerp bewaak weggelei word, was `n aanvoerder van die roofsugtige woestynbewoners, wat hulle nie aan die wette van die Romeine wou onderwerp nie, en wat in die berg soveel skuilplekke gehad het, dat die Romeinse justisie hulle nie gegryp kon kry nie, soos ook nou nog in die suide van Palestina en ten ooste van die Jordaan die daar wonende stamme `n ongebonde lewe lei en spot met die Turkse heerskappy.
[8] Hierdie man heet Barabbas, was buitengewoon onbevrees en vermetel, en het al menige klein geveg met die Romeine gelewer, toe hulle troepe uitgestuur het om die aanvoerder gevange te neem. Hy het by die volk `n sekere aansien geniet deur sy vermetelheid, wat hom steeds behoue deur alle gevare heen geloods het, sodat hulle allerlei verhale rondom sy persoon gevorm het, soos wat dit baie by dergelike karakters ook in latere eeue gebeur het.
[9] Ondanks sy rooftogte, geld hy as iemand met `n nie onedel karakter, wat die klein man nooit kwaad aandoen nie, maar hom beskerm vir sover sy mag reik. Maar hy was `n geswore vyand van die rykes en veral van die Romeine, wat hom wou onderwerp. Daarom staan hy by die Judeërs in hoë aansien, omdat ook hulle die Romeine haat. Hy het selfs in die tempel `n sekere beskerming gevind, omdat hulle gehoop het om deur Barabbas invloed te kry by die Arabiese volkere.
[10] Maar toe hy al te brutaal geword het en `n Romeinse kolonne oorval het wat na Petra gereis het met geld en skatte vir die prokonsul aldaar, word daar deur die Romeinse leëraanvoerder `n lokval vir hom opgestel en hy word na hewige verset gevange geneem. By die geveg wat plaasgevind het, dood Barabbas die seun van die stadhouer van Petra en word nou, beskuldig van oproer en moord, na Jerusalem gestuur om daar deur Pontius Pilatus gevonnis te word.
[11] Hierdie Barabbas was in Jerusalem eers na die algemene regbank gebring, om vervolgens, nadat daar deur die aanhoor van getuies `n omvangryke aanklag opgestel was, aan die Romeinse geregshof oorgelewer sou word. Solank die laaste egter nie gebeur het nie, het Pontius Pilatus as opperste heerser oor Judea absoluut gesag oor hom en was hy alleen aan die keiser verantwoording verskuldig oor sy doen en late.
|
|
|
|
|