Die besorgdheid van die leerlinge oor die Heer
49 Vele sal hulle nou miskien daaroor verbaas, dat My leerlinge na soveel onderrig en bewyse van My goddelikheid in My tog nog altyd in tweestryd met hulleself kon raak en daaraan kon twyfel. In die verband moet daar egter steeds op die swak, menslike natuur gewys word, waarvan die oorwinning vir hulle nou weer moeiliker was as vir julle teenswoordig, omdat elkeen wat maar enigsins glo, My hele lewe nou met één blik kan oorsien en My oorwinning van die dood as hulle vernaamste punt voor oë stel, terwyl `n ontwikkeling van hulle siele destyds net moontlik was saam met My ontwikkelingsgang, waarvan die vernaamste punt as bekragtiging van My leer immers eers die sluitstuk gevorm het.
[2] Verder vorm My kruisiging en opstanding eers die sleutel om die Menseseun en Elohimseun te begryp. Omdat dit nou noodsaaklik was om Myne sover te bring, dat hulle van nou af aan op eie geestelike bene kon staan, moes dergelike uiterlike belewenisse die middel vorm om hulle innerlike bewussyn te bevorder.
[3] Nou gebeur daar verder die volgende: Myne was in `n gesprek gewikkel en wissel eers weer hulle menings met mekaar uit, waarom Ek sedert enige tyd die al baie deur My genoemde verskil tussen die Vader en die Seun in My, weer benadruk. Hulle was dit in soverre met mekaar eens, dat die Vader wel in My woon en dat My menslike liggaam en siel as die Seun aangedui word. Toe bring één van die twintig ander volgelinge die gedagte na vore, dat dit tog moeilik te begryp was hoe die Gees van God gelyktydig as mens met sy menslike handel en wandel in My kan woon - dus as te ware ingesluit was - en tog die heelal regeer; of Ek dus wel kennis het van die regeer van die heelal, of dat die Gees hom by tyd en wyle stellig terugtrek, sodat Ek dan net mens kan wees; en ook vra hy hom af, hoe dit met My liggaam gestel is tydens die slaap, en of die Gees van God dan ook nog in My was of nie.
[4] Hierdie vrae bring eers `n sekere verbasing teweeg by die ander, vanweë die skynbaar groot kortsigtigheid van die vraesteller. Maar toe merk elkeen ten slotte in homself, dat daar ook in hom enkele onduidelikhede oor die punt aanwesig was. Veral die vraag, wat daar tydens die slaap met My gebeur, wek enkele stewige bedenkings.
[5] Andreas meen dat dit wel moontlik was dat Ek in die slaap net mens was; want op die Meer van Genesaret, tydens die storm, het My goddelike krag immers eers na My ontwaking aktief geword, sodat almal stellig deur `n skielike liggaamlike dood verras kon geword het, as mense My nie wakker gemaak het nie.
[6] Daar ontstaan nou `n hewige heen en weer gepraat, wat ten slotte daarop uitkom dat hulle moes aanneem dat My liggaam tydens die slaap waarskynlik selfs onbeskermd was netsoos die van elke ander mens, sodat die leerlinge dit toe noodsaaklik ag om oor My te waak, omdat mens nie kon weet of die vele vyandige Jode na soveel vergeefse aanslae nie ook eens sou probeer om My in die nag te oorrompel en te dood nie. Geeneen van hulle dink egter daaraan om dit eenvoudig van My te vra nie; want hulle liefdevolle besorgdheid oor My meen dat hulle waaksaamheid tog ook `n nie te onbelangrike beskerming was nie, en dit gaan ten slotte maar net oor die tyd wat Ek geslaap het. Dat hulle beskerming nie nodig was wanneer Ek wakker was nie, die het hulle geweet deur duidelike bewyse.
[7] Ek laat Myne begaan en merk oënskynlik ook gladnie op dat daar in die afgeleë huis nou steeds `n leerling is wat snags waghou nie.
[8] Na enkele dae trek Ek My op `n aand, nadat Ons die aandmaaltyd genuttig het, vermoeid terug om vroeër te rus as gewoonlik, terwyl Myne almal bymekaar bly. Die vertrek wat My in die ruime kasteel tot slaapvertrek dien, lê aan die einde van die gebou, sodat mens eers deur verskeie kamers moes loop om daar te kom. Myne sit egter bymekaar in `n saal wat hom midde in die huis bevind.
[9] Terwyl hulle nou baie druk in gesprek was, ontstaan daar plotseling in die leë kamers wat die verbinding vorm met My slaapkamer, `n fel skynsel van vuur. Verskrik hardloop die leerlinge daarheen en sien dat die leë kamers hoog in die brand staan, sodat dit onmoontlik was om My te bereik, maar dat daar net so min iemand van daar na hulle toe kon kom. Elkeen hardloop ontsettend deurmekaar en probeer te blus - tevergeefs, die vlamme vreet verder en moes volgens Myne My kamer ook al lankal bereik het.
[10] Vertwyfeld probeer enkele deur die vlamme heen te kom. Maar vergeefs: Die vloer van die kamers het ingestort en die verbinding was onmoontlik! Nou dag ander dat die rook, wat vir almal uiters hinderlik was, My reeds in My slaap moes verstik het. Maar geeneen van hulle wou wyk en die baie gevaarlike saal verlaat nie, voordat hulle nie duidelikheid gekry het oor My lot nie.
[11] Om nou `n einde te maak aan hulle angs en kwelling laat Ek die vlamme langsaam uitdoof, en na enige tyd was daar volkome rus. Oor verkoolde, rokende balke heen klim die leerlinge vol angs na My slaapkamer en tref dit onbeskadig aan, terwyl Ek rustig slapend op My bed lê. Hierdie aanblik maak hulle byna sprakeloos, en geeneen van hulle waag dit om My skynbare slaap te versteur nie.
[12] Nou staan Ek op, en onmiddellik bestorm Myne My met vrae, of Ek dan nie geweet het wat daar gebeur het nie.
[13] Ek kyk hulle ernstig aan en sê: "Julle weet tog Wie daar in My woon, en julle weet tog dat vir Hom geen enkele ding verborge kan bly nie! En wat die Vader weet, deel Hy ook aan die Seun mee!
[14] Die vlamme, wat julle verwond het, kon My egter netso min iets aandoen as alle agtervolgings van vyandige Judeërs. Eers wanneer die liggaam met My wil oorgegee word, sal die boosaardigheid mag daaroor hê.
[15] Weet julle dan nie dat die gees waak, ook as die liggaam slaap, en weet julle nie dat hy sorg vir sy huis nie?
[16] Hoe kan julle so dwaas wees om te dink dat `n werk van God, soos die opbou van die liggaam van My, die beskerming van mense nodig het?! Kan die instrumente wat deur die hand van die Heer gemaak is, die Heer beskerm, of kan `n skepsel, wat eers alles van die Skepper ontvang het, die Skepper self bewaar teen `n kwaad wat Hy toelaat?
[17] Sien tog hoe dwaas - ook al was dit uit liefde - julle onderneming was! Hou dus op daarmee om My te wil beskerm! Hy wat in My woon weet alle dinge, en niemand weerstaan Sy mag nie!
[18] Gaan nou, en wees nie bedroef oor My teregwysing nie, wat julle geen verdriet moet aandoen nie! Wees julle egter steeds meer daarvan bewus wie die eintlike Heer is, of Hy nou liggaamlik slaap of waak!"
[19] Nou wil die leerlinge weggaan, maar hulle kan nie so vinnig terug oor die swart, verbrande kloof as toe hulle besorgdheid oor My hulle daar verby gebring het nie. Ek roep hulle daarom nog `n keer na My toe, en binne enkele oomblikke sien die kamers weer selfs so ongedeerd daaruit as voor die brand, sodat hulle nou sonder moeite na hulle saal kon terugkom en hulle ook vinnig, elkeen diep versonke in sy eie gedagtes, ter ruste begeef.