Die Heer en Maria
35 Maria sit in die pronkkamer, wat in ieder Judese huis aanwesig was, omring deur die vele vriende en bekendes van Laserus, wat troostende woorde met haar spreek en die vele goeie eienskappe van die oorledene roem. Maria bly des te eerder in hierdie kring, aangesien enkele fariseërs, wat hulle hier - soos reeds gesê - taamlik ongegeneerd as here voordoen, word daardeur tenminste van haar persoon weggehou om haar nie verder met allerlei reeds behoorlik brutale voorstelle te benader nie.
[2] Voordat Maria My leer ken het, was sy `n baie lewenslustige skepsel gewees, wat haar deur die rykdom wat sy besit het, sorgeloos oorgegee het aan die genietinge wat die toenmalige weelderige lewe van Herodus Antipas in swang gebring het. Sy was onafhanklik, en het geglo dat sy onder die beskerming van haar broer geen rekening hoef te gehou het met die mening van die ewenwel omkoopbare menigte nie. As gevolg daarvan het sy dikwels nare ervarings opgedoen, omdat die begerige fariseërs van haar gedink het dat sy ligsinnig was.
[3] Haar vroeëre, meer na buite gerigte lewe het haar egter volkome verinnerlik en haar die helder blik gegee, waardeur sy My, van die broer en beide susters, ook die eerste herken het. Nou, na die dood van haar broer, tree die fariseërs des te onbeskaamder op, omdat hulle nie in `n ware verandering van haar innerlike glo nie; hulle het selfs probeer om My as minnaar uit te maak, wat deur Laserus begunstig was, en het hieroor, netsoos oor die uitbly van My wonderkrag, wat My vriend tog moes gered het, honende opmerkings gemaak.
[4] Op die oomblik van My koms was die meeste fariseërs nie aanwesig nie, want hulle het na die reeds bekende herberg op die Olyfberg, wat aan Laserus behoort het, begeef om hulle op hoogte te stel van die pagvoorwaardes. Netsoos bekend, het die fariseërs hierdie herberg `n slegte naam besorg, en hulle pleeg oorleg met mekaar om veral op die herberg aanspraak te maak; want die tempel sou, nadat die skandvlek verwyder is, goeie sake daarmee kon doen, veral omdat dit vroeër baie, vanweë die mooi uitsig, as `n soort ontspanningsoord deur die Judeërs besoek was.
[5] Martha gaan heimlik na Maria toe, wat haar juis afsydig hou van die aanwesige Judeërs, en sê saggies aan haar: "Die Heer is daar, en roep jou!"
[6] Vinnig vra Maria waar Ek was, en Martha vertel dit kort en vinnig aan haar. Toe sy dit gehoor het, staan Maria ylings op en gaan onmiddellik na buite.
[7] Die Judeërs, wat sien hoe haastig sy wegloop, was eers verbaas; maar toe sê Efraim, `n vriend van Laserus, wat sy vader al geken het en My ook herhaaldelik in die huis gesien en gehoor het, waardeur hy `n soort halfgelowige geword het, wat My op sy minste as `n agtenswaardige mens beskou, dan ook nie vir die Messias nie, sê: "Sy gaan seker na die graf om daar te huil en te bid. Laat ons na haar toe gaan, vriende, sodat hulle haar nie in haar verdriet iets aandoen nie!"
[8] Die orige Judeërs stem daarmee in, en so volg hulle langsaam agter die voorlopende Maria. Toe sy My egter te midde van Myne sien, hardloop sy onstuimig op My af en val hardop huilend aan My voete neer.
[9] Snikkend kan sy in haar verdriet en in haar blydskap om My te sien, geen woorde vind nie, totdat Ek haar liefdevol vra: "Maria, waarom huil jy? Weet jy nie dat jou broer in My ryk leef nie?"
[10] Vol verdriet knik sy met haar hoof en herhaal die woorde van haar suster (Maria): "Heer, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie!" .
[11] Ek tel haar van die grond af op en sê: "Die Gees wat in My leef kon, as julle sou geglo het, jou broer ook beskerm het, ook al was Ek nie aanwesig nie; maar julle is onmondige kinders en begryp nie God se weë nie!"
[12] Intussen het ook die Judeërs wat Maria gevolg het, naby gekom en het `n geselskap van ongeveer twaalf persone gevorm. Toe hulle sien hoe baie Maria huil en haar, terwyl Ek haar vashou, skynbaar nie wil laat troos nie, raak hulle ook almal diep ontroerd, netsoos Myne, wat dié tafereel bywoon, en aan beide kante was daar ryklik trane van meelewendheid.
[13] Nou sê Efraim, wat al `n grys man was: "Heer, hoe is die dood tog nie wreed nie, dat hy hierdie beskermer en beste broer in sy volle manlike krag van haar sy weggeruk het! Waarom moes so-iets tog gebeur?"
[14] Ook die ander Judeërs, wat My en My woord tog almal geken het - want hulle was egte vriende van Laserus, wat self arm was, maar vir wie hy tydens sy lewe baie goed gedoen het en wat hom in hulle harte baie dankbaar was - val by die spreker in en kom in opstand teen God. Maria begin egter des te hewiger te huil, en Myne kyk My aan met blikke wat duidelik uitdruk dat hulle die weë van die Godheid nie in dié geval begryp nie.
[15] Toe word My siel bevang deur `n diepe weemoed, omdat daar in die harte van hulle, wat nou so lank na My geluister het en soveel pragtige werk van die Gees van God wat in My woon, gesien het, tog nog so weinig werklike lewende geloof gegroei het. En alle krag van My siel as Menseseun bal hulle saam in die vurige wens om die slang, wat verhinder dat die kinders volkome helder kan sien, geheel en al te vernietig, sodat die lewensboom in hulle sou gedy en heerlike vrugte sou dra.
[16] Die gebeure in Myself lui die evangelis aan met die woorde: "Hy word geweldig bewoë in die gees en bedroef"*. Want solank My liggaam nie gesterf het nie, het, netsoos by ieder mens die volledige versmelting van die materiële en geestelike nog nie plaasgevind nie, maar eis die Seun van die mense netso seer Sy regte as liggaamlike mens op as ieder ander, was onderworpe aan die behoeftes van die liggaam, asook aan stemminge van die siel, wat alleen deur die geloof en `n vaste wil vanuit twyfel tot weet verhef kon word en so die volledige eenwording van liggaam, siel en gees tot stand bring. *(Johannes 11:33.)
[17] Vanaf die oomblik, toe die Godheid in My in die eensame dal die laaste poging gemaak het om met Lucifer te redetwis, tree ook die Menseseun weer meer op die voorgrond, wat in Getsemané ten slotte alle sielsangste en die voorsmaak van die dood moes deurmaak om alle grendels van dood, ongeloof en twyfel te verbreek, ongeag die almagtige Godheid, dat nie één woord Haar skepping kon vernietig het nie, maar om haar te red, Haarself dieper te verdeemoedig as die laagste skepsel.
[18] Hierdie woorde is baie noodsaaklik, sodat elkeen dit goed in sy hart kan opneem en leer begryp; anders sal hy nooit begryp waarom Ek eers in die vlees gekom, gely en gesterf het nie, en dit ten grondslag lê aan hierdie skynbare dubbele natuur van Menseseun en Godseun.