Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Oor die vermoë om te voel

56 Petrus gee oor hierdie dinge nou die volgende verklarings, wat hy deur sy aanskouing verkry het:

[2] Ten eerste het hy gesien hoe die vorm deur die siel opgebou word - met as doel die steeds verdere ontwikkeling, maar nie om net `n so aangenaam moontlike huis te hê nie. Dit was ongeveer soos wanneer `n wandelaar vir homself `n doel stel en nou ywerig probeer dit te bereik, maar daarby steeds rekening daarmee moet hou hoeveel krag hy sy liggaam op elke stuk van die weg kan laat lewer om sy doel te bereik. Die siel stel hier ook `n doel vir haarself, naamlik om `n bepaalde rypheid te bereik, wat egter slegs deur middel van die vorm verwerf kan word; daarom pas die aangeneemde vorm by die doel en is dit gekies na gelang van die aard van die karakter. 

[3] Daaruit volg egter dat daar alreeds op die allerlaagste vlakke `n selfbewussyn aanwesig is, ook al is dit nog hoe gering, omdat daar andersins geen geestelike ontwikkeling moontlik kan wees nie. Maar op die laagste vlakke is geen liggaamlike vermoë om te voel aanwesig nie. Dit is eers `n gevolg van `n meer ontwikkelde sielelewe en begin by die grens van die wesens, by welke `n sirkulasie van sappe bestaan.

[4] (Petrus:) "Plante byvoorbeeld het dus `n vermoë om te voel, hulle het dit ook in `n lae graad, maar by die laagste vlakke van die dierewêreld is dit al baie hoër.

[5] Die sirkulasie van sappe is `n strewe om die organisme vanuit `n middelpunt met lewe te vervul en tot selfbewussyn te ontwikkel, deurdat die konsentriese opbou `n lewenskern veronderstel, wat by die mens in sy hart te vinde is. Plante het weliswaar nog geen hartorgane nie, maar wel in hulle binnenste murg, `n lewensbeginsel, wat hom kenbaar maak deur die strewe om die boom of die plant te voed en in stand te hou, en wel deur `n passende sirkulasie van sappe in `n stelsel van buitengewoon fyn buisies, wat in die voorjaar en in die herfs in werking tree.

[6] Die sirkulasie het egter steeds `n aktiveerder nodig in die vorm van senuwees, wat by plante nog baie grof is, maar by diere steeds fyner word. Steeds het die senuwees met mekaar gemeen, dat hulle aktiverende oorbringers is van uiterlike en innerlike prikkels, en dat hulle hulleself deur passende organe teen beskadigde prikkels beskerm en hulle by nuttige prikkels aan die invloed daarvan oorgee. Daarom open en sluit `n blom haar kelk, en daarom vlug `n dier of stel hy homself oop vir `n weldadige invloed. 

[7] Daarom lyk dit sonder twyfel vir my dat alles wat geskape is, eers die vermoë kry om te voel, wanneer die aktiwiteit van die siel ver genoeg uitgegroei is om tegelykertyd die verlange na verdere ontwikkeling tot bewussyn te bring. En die verlange is die aandrywende liefde, wat die Heer as sag aansporende middel vir elke wese meegegee het, en waardeur die doel van die transformasie van die heelal bereik word - sonder dwang, maar net uit die eie, vrye besluit om die weë van vervolmaking ook te wil bewandel. Die drywende krag is egter die Gees uit God, wat net in die mens lewend kan word, die vorm in homself opneem en dan voor God staan as oorwinnaar wat die uiterlike vorm deurbreek het en as te ware in homself laat verdwyn het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205