Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die mens as heerser oor die natuur

3 Die herbergier, wat Mucius heet, kom onmiddellik gloeiend van innerlike kwaadheid Ons saal binne, wat deur `n stewige deur van die aangrensende vertrek geskei was, sodat daar nie gevrees hoef te word vir `n verrassing nie, en sê bewend van woede: "Majesteit en Heer, dit is tog maar weereens `n duidelike bewys dat ek gelyk het, toe ek gister die Jerusalemmers en veral die tempeldienare nog slegter as die smerigste varke genoem het; want met alle arglis wou mense my in die nette van die tempel trek. Ten beste wou ek die ellendelinge te lyf gegaan het en hulle die skerpte van my swaard laat proe het, wat nog lank nie verroes is in sy skede nie; maar toe voel ek in my hart U kalmerende woord, waarna ek geluister het, en kon ek daardeur selfs `n kalm, onverskillige uiterlike toon."

[2] "Daaraan het jy baie goed gedoen", antwoord Ek die opgewonde Mucius, "want die teendeel sou vir My en jou `n werk gekos het, terwille waarvan Ek ook hierheen gekom het. Kalmeer dus, My beste Mucius, want soos dit is, is dit presies goed!

[3] Maar laat Ons nou na buite gaan! Jy het hier by jou huis `n mooi, nie al te klein tuin nie; daar kan Ons beter ongehinderd spreek as hier en oorleg pleeg hoe Ons hierdie mense, wat jou so vreeslik erger, kan aanpak."

[4] Toe almal die tuin inloop, staan hulle verbaas hoe besonder smaakvol dit aangelê was. Mucius het kans gesien om met groot sorgvuldigheid op `n verhoudingsgewys klein stukkie grond `n oorvloed aan allerhande blomme en sierstruike te plant wat, skilderagtig verdeeld, die tuin `n uiters lieflike aansien gee. Die leerlinge prys Ons herbergier ook uitbundig daarvoor, en was van mening dat hierdie tuin `n getroue beeld van sy innerlike wese was, wat eweneens `n sorgvuldige versorging van homself gekry het, soos wat al uit sy woorde na vore gekom het.

[5] Mucius lê hulle uit dat dit hom steeds groot genot gee om hier stille ure van besinning deur te bring, en dat sy baie al te vurige en daardeur ook tot opvlieëndheid geneigde gemoed hier steeds rus en vrede gevind het, sodat ook die druk van die lewe hom minder pynlik voorgekom het, wanneer hy sy gemoed versterk het deur die beskouing van die vele natuur- en plantewonders wat hier te siene was. Weliswaar was die klimaat in hierdie streek by die Jordaan besonder gunstig, sodat dit hom dikwels herinner het aan die suideliker streke van Afrika en Asië, want as soldaat het hy ook die geleentheid gehad om die te leer ken - maar tog het hy altyd die indruk dat daar met die besondere bloei en gedy van sy tuintjie, iets spesiaal aan die gang was; want dit het by hom nog nooit voorgekom dat `n deur hom geplante boom, struik of gewas doodgegaan het nie, terwyl dit by sy bure tog wel voorkom, maar alles wat hy geplant en versorg het, het steeds die rykste vrugte gedra. Ook My leerlinge verbaas hulle daaroor, en Petrus vra My hoe dit eintlik is.

[6] Daarop antwoord Ek: "Wat `n mens dink, waarna hy streef en wat hy doen, netso is sy innerlike geestelike gesteldheid, verkeer steeds in harmonie met sy uiterlike omgewing, sodat daar direkte wisselwerking daaruit voortkom. Julle weet en Ek het julle ook al gesê, dat ieder mens omgeef is deur `n uiterlike lewensfeer, waarmee hy uit die lug wat hom omring, geestelike invloede opsuig, wat hy gebruik vir die voeding en uitbreiding van die ek van sy siel.

[7] So straal hy ook weer vergeestelikte stof uit, wat dan gretig deur  die laer wêreld wat hom omring, opgesuig word. As `n mens goed is, vervul van edel strewe en liefde vir My, dan sal ook die uitstromende deeltjies `n goeie, milde en weldadige invloed hê. Is hy dit nie, dan tree die teendeel op.

[8] Hier kan julle nou sien wat `n sterk weldadige invloed die uitstromende lewensfeer van Mucius op alle plante het. Aangesien hy self elke plant hier in die grond geplant het en ook konstant versorg, huldig hy alle plante herhaaldelik in sy sfeer, en hulle het die geleentheid ywerig gebruik om die weldadige invloede in hulle op te neem. Daarom bloei en groei alles nog hier, terwyl in ander tuine die laat herfs al sterk merkbaar word.

[9] Die mens is `n heerser oor die natuur, wanneer hy ooreenkomstig My woord leef en na My gees streef, en in die vermoë wat Ek vir julle uitgelê het, lê tewens die sleutel waardeur hy `n heerser kan wees - want alles in die hele universum streef na sy vorm, na sy voleinding en trag om dit soveel moontlik te benader.

[10] In die mens is die krag om alle wesens na hom toe te trek, en hulle volg hom ook graag omdat die reeds in alle wesens lêende drang tot voleinding hulle die wens daartoe ingee. Natuurlik kan slegs `n voleindigde mens in staat wees om byvoorbeeld die instinkte van verskeurende diere so ver te oorwin dat die wens na voleinding, wat ook in hulle diepste innerlike lê, die oorhand kry oor hulle baie wrede drifte en hulle soos lammers gehoorsaam, omdat hulle die soewereiniteit, dit wil sê die reeds voleindigde vorm en geestelike mag in die mens herken.

[11] Elke strewende mens sal merk hoe hy trapsgewys geleidelik `n klein meester oor die natuur word en, hoe meer die wedergeboorte van die gees by hom intree, hy ten slotte uitgroei tot `n heerser oor die natuur.

[12] Gaan dus maar so deur, Mucius, om in jou hart die hoogste God te dien, dan sal Hy nog baie ander wondere vir jou ontsluit as die, welke jy tot nou toe in jou tuin aangetref het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205