Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die aankoms in Betánië. Die verblyf by Laserus. Die terugkeer van Judas. Sy gesprek met die Heer

61 Die Romeine het nou verbygetrek met hulle troepe en die gevangene, sodat ook Ons nou Ons reis kon voortsit.

[2] Na `n kort tyd nader ons Betánië, waar Laserus gewoon het. Gedryf deur sy groot innerlike verlange na My, klim hy elke dag na sy lieflingsplek op om te kyk of Ek al daar aangekom het; en so staan hy ook nou op sy uitkykpos. Sodra hy Ons nou almal oor die weg sien aankom, voel hy ook in sy hart dat dit Ek was, en snel Ons dadelik tegemoet, terwyl hy na sy knegte roep wat hulle in die huis moes vertel dat die Heer weer daar sou aankom.

[3] Laserus tref Ons dan ook weldra op die weg, en dit is oorbodig om verslag te doen van sy blydskap en die van syne, noudat hulle Ons na geruime tyd van skeiding terugsien en Ons weer in hulle huis kan opneem.

[4] Nou volg daar belangrike dae, wat van betekenis was vir die oortuiging van Laserus, sowel as van My leerlinge, wat My uiteindelike doel met die mensdom was, om welke rede hulle nog baie onthul word, waarvan dit nou nie die regte tyd is om dit nogmaals aan die wêreld te openbaar nie. Maar dit sal later gebeur.

[5] Meestal sit Ons teen die aand bymekaar in die bekende groot saal van die herberg op die Olyfberg, wat eweneens die eiendom van Laserus was, sodat daar baie volk kon byeenkom wat My eweneens moes sien en hoor.

[6] Nouliks het dit dan ook bekend geword dat Ek My weer openlik vertoon, netsoos Laserus - wat hom sedert sy opwekking sterk teruggetrek het en `n stil beskouende, innerlike lewe gelei het, waardeur hy baie meer as voorheen besef het wie Ek was en wat My doen en late te beteken, asook oor My leer en My persoon nou geen enkele twyfel of onduidelikheid meer voel nie - of daar ontstaan `n buitengewoon groot toeloop van Judeërs uit Jerusalem en nog meer van Judeërs uit ander landstreke, wat vanweë die fees na Jerusalem gekom het. Dit was vernaamlik Judeërs wat nie uit hierdie streek gekom het, wat oor die wonder en oor My gehoor het en wat nou baie uit nuuskierigheid, maar ook wel om suiwerder redes na Ons toe gekom het. Almal uit die Judese volk, wat ook nog maar enigsins ontvanklik was vir die goeie, was in die tyd in My nabyheid gewees, sodat die siele verlig kon word, en sodoende was My leerlinge en Ek volop besig om almal wat toegestroom het, en wie se siele dors was, te verkwik.

[7] Nou moet dit nie hierby gedink word dat dit alleen vir die Judeërs gegeld het nie. Ook baie vreemdelinge - Grieke, Romeine en ander volkere - wat oor My gehoor het en nie presies geweet het wat hulle van My moes dink nie, het in hierdie dae gekom en was voorgelig, sodat die dae tot by My veroordeling `n ryk, laaste visvangs beteken het vir almal wat nog bereik kon word.

[8] Dit is nodig die feit te weet, om die volgende te kan begryp.

[9] Op die aand van die eerste dag wat Ons by Laserus aangekom het, het Ons Onsself teruggetrek van die volk, waarvan daar die dag nog nie so baie gekom het nie en Ons was alleen in die saal waar Ons steeds saamgekom het, toe Judas Iskariot skielik in die deuropening verskyn en Ons almal begroet. Myne was al baie bly gewees dat hulle hom nie vir so lank gesien het nie en hoop dat hulle hom gladnie meer hoef te sien nie, en daarom vertrek hulle gesigte ietwat by sy groet.

[10] Hy vra My baie beleefd of Ek hom sou toestaan om hom by Ons te voeg, waarop Ek hom antwoord dat hy kan doen soos wat hy glo.

[11] Judas vertel nou baie oor Jerigo en oor wat hy daar gedoen het, dat hy daar vir My gewerk het en hoop dat dit My tot tevredenheid sou strek. Hy skets daarby in geure en kleure hoeveel ellende hy daar en op sy reis hierheen aangetref het, hoe die arme volk onderdruk word en onder knegskap ly. Ja, hy kom in so `n redenaarsvervoering, dat elkeen verbaas na hom luister, omdat nog niemand die werklike mag van sy woorde so sterk ervaar het nie.

[12] Hy (Judas) besluit met die woorde: "O Heer, as ek maar `n tiende deel van U krag in my gehad het, hoe sou ek nie in `n kort tyd aan alle gewelddadigheid van die grotes `n einde gemaak het nie en die volk, wat in boeie geslaan is en tot JaHWeH om redding skreeu, bevry en bly en gelukkig maak, sodat hulle die Naam van hulle Heer en God sal loof en juig van vreugde! - O Heer, hoe lank sal U nog talm en hulle gebede onverhoord laat klink?

[13] Kyk, daar is Hy, die Koning, wat Israel bereid is om te ontvang, en Hy vertoon Hom nie! Hy verhul Hom nog, die vurig verwagte Messias, die Seun van Dawid, die Man met die mag van God in Hom. Hy talm om die groot mag te ontplooi tot heil van Sy volk, en Israel moet treur en verder weeklaag, vanweë sy diepe val.

[14] O Heer, erbarm U oor die volk, oor die armes en bedroefdes! Lei hulle die geluk binne; want sien, Sion verwag sy Koning!"

[15] Na hierdie woorde, waarin duidelik deurklink dat ook Judas in My die in wêreldse sin bevryde Messias verwag, terwyl Ek tog dikwels benadruk het dat Ek dit nie was nie, ontstaan daar `n groot verwagtingsvolle stilte, en Ek gee hom ten antwoord: "Het Ek die armes nie elke keer na My toe geroep nie?! Is die bedroefdes nie deur My getroos, die siekes gesond en die armes ryk gemaak, vir sover hulle dit nodig gehad het nie?! Wie talm daar dus? Nie Ek nie - die wêreld talm, wat nie tot die heil wil kom nie! Maar weldra sal die Seun van die mens tot die hoogte van mag kom wat bereikbaar is, sodat die wêreld sien dat Hy wel kan bereik waarna die wêreld streef en wat vir haar begerenswaardig lyk. Maar nie tot heil van die wêreld nie - maar tot heil van My hemele sal dit gebeur! Stel jou dus maar gerus met wat jy al gesien het en binnekort nog sal sien!"

[16] Judas swyg nou en verheug hom in sy hart; want hy glo dat hy deur sy woorde nou die motivering gegee het, dat Ek miskien tog `n beslissende stap sou doen om die volk van die juk van die Romeine te bevry, want hy het baie goed geweet dat Ek die krag daartoe gehad het.

[17] Tot dié gedagtes, wat nie ooreenstem met dit wat Ek tot dusver gesê het nie, soos wat hy wel geweet het, het hy gekom deur die volgende omstandigheid: Toe hy homself in Jerigo opgehou het, het hy probeer om soveel moontlik gebruik te maak van sy talente en spreek ook dikwels teenoor groter groepe mense oor My en My sending. Daardeur het hy `n sekere aansien verwerf, veral toe dit hy ook werklik slaag om in My Naam enkele genesings te bewerkstellig. 

[18] Herodus, wat in Jerigo oorwinter het, hoor ook van hom. Omdat hy al `n lang tyd benoud was om met My, die Wonderdoener, soos wat hy My genoem het, in kontak te kom, laat hy hom na hom toe roep om meer oor My te hoor. Judas, brutaal soos wat hy was, gebruik die geleentheid volop vir homself, deur hom as leerling van die Nasarener voor te stel, en hy het geweet om die koning deur sy optrede ook tot `n sekere respek te bring, omdat sy woorde deur sy goeie geheue ondersteun was en sodoende baie hele sinswendings weergee wat Ek gebruik het.

[19] Herodus sien baie gou in dat daar meer waar was van die vele verhale en gerugte wat daar oor My in omloop was, as wat hy aanvanklik gedink het, en in sy siel ontstaan die idee dat so `n besondere soort wonderdoener hom in ieder geval van nut kan wees teen die Romeine, vir sover hy hulle daardeur skrik en angs sou kon aanjaag, as dit nodig sou wees.

[20] Herodus en Pontius Pilatus, die landvoog, was vyande, omdat Herodus geglo het dat hy deur Pilatus onderdruk word. Die willekeur van Herodus was steeds deur Pontius Pilatus ingeperk, sodra dit maar êrens op uitbreiding van mag gerig was, waardeur Herodus, wat steeds die verlange na die onafhanklike heerskappy oor Judea en Sirië in homself gevoed het, op sy beurt baie verbitterd geraak het. `n Bonatuurlike mag, wat nie onderworpe sou wees aan die mag van die Romeine nie, sou baie welkom vir hom gewees het. Om die rede was hy ook vir Johannes, wat vir hom `n profeet blyk te gewees het, nie vyandiggesind gewees nie en hy sou hom verseker nie laat doodmaak het, as hy nie op listige wyse daartoe gebring was nie. 

[21] Judas, wat `n goeie mensekenner was, het in Jerigo genoeg geleentheid gehad om hom van Herodus en sy wrywings met die Romeine op hoogte te stel. Hy het ook baie gou gemerk wat vir Herodus baie belangrik was. Hy dink nou dat hy My saak dien, wanneer hy daarna streef om vir My die weg te baan om My mag te ontplooi, en hy kan maar nie genoeg vertel oor die buitengewone krag van My wil nie, waaraan alles op aarde onderworpe was. Veral skitter in sy verhale die vernietiging van die wrede soldate, wat Ek deur die wilde diere laat doodmaak het - as bewys vir die feit die Ek in staat was om onoorwinlike wesens teenoor die Romeinse wapens te stel. 

[22] Judas, wat netsoos die Judese volk, die Messias op `n uiterlike manier, as bevryder verlang en van mening was dat Ek die meeste geskik was vir die missie, was deur die ontmoetings nog meer versterk in sy verkeerde opvatting en het die drang in homself gevoel om soveel moontlik tot die kant van My werk by te dra. Hy kry die opdrag van Herodus om My daartoe te bring om na hom toe te kom, aangesien hy uit vrees vir My krag geen direkte bevel durf uitspreek nie. 

[23] Hulle kom ooreen dat die verhuising na Jerusalem vir die fees die gunstigste tydstip was, en so kom Judas na Ons toe as `n afgesant van Herodus, om My te win vir die wêreldse planne van die koning en daarmee goedgunstig te stem vir die van die tempel.

[24] Dit spreek vanself dat Ek baie noukeurig op hoogte was van die planne en dus nie eers `n gesprek met Judas self hoef te begin nie. Maar hy het gedink dat Ek waarskynlik nie in staat sou wees om die geheimste gedagtes te lees nie; want met al sy goeie aanleg van gees was hy tog `n materialisties ingestelde mens, en absoluut nie so diep in die wese en begrip van My persoon deurgedring, dat hy iets anders as net `n baie begaafde, met buitengewone vermoëns toegeruste mens in My kon sien nie. Hy meen wel - en daaroor het hy immers ook ruimskoots bewyse voor gehad - dat niemand My in uiterlike opsig weerstand kon bied nie; maar hy twyfel daaraan, of Ek die innerlike, mees geheime trekke van die menslike hart kon deursien. Ek was weliswaar steeds vriendelik en liefdevol teenoor hom, maar tog meer geslote as teenoor elke ander, sodat hy die taal van My gees, wat slegs ontsluit kan word deur die liefde van `n skepsel ten aansien van My, nie kon verstaan nie, omdat hy nie sulke liefde vir My gehad het nie. 

[25] Hy doen later dan ook baie moeite om My met sy skitterende redenaarstalent die noodsaak van `n uiterlike bevryding van die volk duidelik te maak, waarby hy sinspeel op ondersteuning van Herodus. Ek wys hom egter ernstig tereg vir sulke woorde, sodat hy steeds meer geslote en meer in homself gekeer raak. 

[26] Dit was nodig om die opmerking hier te maak, om te kan verstaan wat daar in sy gemoed omgegaan het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205