|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11 LEOPOLD ENGEL
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79. |
|
|
Die weg tot innerlike voleinding
55 Die broers vra hom nou nogmaals om verslag te doen van sy gedagtes en ervarings, en Petrus begin: "Beste broers, ons is nou binnekort drie jaar vaste begeleiers van die Heer, wat ons in alle wonders van Sy wêreld binnegelei het, en ons almal twyfel nie daaraan, wie ons in werklikheid in persoon voor ons het nie; maar desondanks dat ek die waarheid insien en ek daarvan bewus is dat ek in die direkte nabyheid lewe van Hom wat ons aller Skepper is, slaag ek soms tog nie heeltemal om die geleidelik toenemende twyfel heeltemal te oorwin nie, wat my toefluister: "Al jou kennis en inspanning is nutteloos, omdat jy tog nooit in staat sal wees om die suiwerheid te bereik, wat jou ook maar enigsins die reg sou gee om in die nabyheid te bly van Hom wat werklik sonder gebreke is." Die bewussyn van die sondigheid wat ons almal nog goed aankleef, het my menige traan uit my berouvolle hart gepers, en alleen deurdat die Heer my liefdevol toegespreek het, was ek opgerig en van nuwe moed vervul om die so vergeefs lykende werk weer op te neem.
[2] Ek het ook baie goed geslaag om my geloof, dat in ons Majesteit en Heer, die enigste voorbeeld tot voleinding lê, as `n baie stewige besit onwrikbaar te bewaar; maar tot nou toe het ek nie geslaag om te glo dat ek selfs maar die kleinste tree van die voleinding kon bereik nie. Wel het ek geslaag om die vaste wil daartoe in myself te vestig, om met die vaste voorneme die bereik van die verre doel, nie deur die bewussyn van eie onwaardigheid op te gee nie.
[3] Maar ek het nou ingesien dat die ondersoek van die wette van die orde in ieder geval `n strewe is, waardeur dit werklik baie makliker vir ons is - tenminste vir vele - om die siel van die vele slakke te reinig. Want wie se oog in staat is om die uiterlike, wyse inrigtings te herken, wat die middel vorm vir die skoling van die siel, sal van die uiterlike inrigtings ook baie vinnig tot die eintlike, innerlike doel daarvan deurdring, en sy hart sal in die eerste instansie van verbasing, bewondering en ontsag vervul word en daarna sekerlik in die liefde vir die almagtige Wese moet oorgaan; want in Sy heilige orde het Hy hier die grootste doelmatigheid ingestel tot heil en vooruitgang van die totale universum, waarvan die hoogtepunt lê in die een doel, naamlik om wesens te vorm wat in salige gemeenskap met die Gees van God kan werk en skep.
[4] Verder sal die kennis ook `n aansporing wees om alles agterweë te laat wat in stryd is met die orde wat dien om die hoogste doel te bereik, en daardeur sal die siel wat daarna strewe, goed en regverdig in God se oë lewe. Slegs die ergste dwase en duiwels in mensegedaante kan hulle tot hulle eie liggaamlike en geestelike nadeel verset teen die bekende wette.
[5] Kyk, beste broers, die uitgangspunt het my al vir `n lang tyd gelei; maar eers hier het ek die doel bereik, wat ek met wakende oë in staat is om uit eie wil - en nie eers deurdat die Heer my deur die mag van Sy wil die gesig geopen het nie - die uiterlike natuurwette te herken wat die mees verhewe innerlike wette van die liefde beklee, en ek hoop om daarmee `n flinke ent in my eie ontwikkeling vooruit te gekom het."
[6] Andreas vra wat hy dan gedoen het om die innerlike gesigsvermoë te verkry. Hyself vind dit weliswaar nie so belangrik om ook die uiterlike gesigsvermoë te hê nie, omdat die begryp van die woord vir hom hoër staan, en die innerlike, geestelike sig was vir hom belangriker as alle kennis van die uiterlike natuurwette; maar elkeen moes by die beoordeling daarvan volgens sy eie oortuiging handel, en daarom wou hy die strewe van Petrus ook geensins as nie goed betitel nie.
[7] Petrus dink dat dit nie moeilik was om die weg te gaan nie, omdat slegs geloof in God en wilskrag daarvoor nodig was om in die voorwerp, wat `n mens wil ondersoek, deur te dring. Daarna verskyn dan by die bekyk van die uiterlike vorm gelyktydig ook die innerlike vorm, en die gees verklaar dit dan ook duidelik deur die aanskoue sigbaar geworde wette.
[8] Daarby spreek dit natuurlik vanself dat by die beskouing van die vele dinge wat sy aanbied, die siel nie net genoeë daaraan mag belewe dat sy die uiterlike vermoëns ontvang het sonder om die stem van die gees duidelik in haarself te laat klink nie. Dit moes steeds albei saamgaan, en dan was ook die ontwikkeling van hierdie eienskappe van die siel by `n gesonde liggaam sekerlik nie verkeerd nie.
[9] Hy het nou byvoorbeeld waargeneem hoe plante hulleself opbou, en hy het daarby duidelik gesien hoe die sielsubstansie van die plant netso goed `n in homself besluite wese was, maar nie tot verdere ontwikkeling in staat soos die mens self nie. Terwyl hy vroeër plante net gesien het as uitgroeisels van die lewende aarde - ongeveer soos wat daar by `n mens hare op sy liggaam groei - het hy nou geweet dat dit nie so was nie, maar dat elke plantjie, al is dit ook in onvolmaaktheid, `n op homself staande, hele siel voorstel, wat sy liggaam netso goed opbou as die voleindigde siel van die mens. Weliswaar het hy uit vorige verklarings van die Heer begryp hoe die menslike siel deur die sigbare wêreld ontstaan het, maar so `n noukeurige, tot in detail gaande blik, wat hy enige oomblik weer kan terugkry, het hy nog nooit gehad nie, en nou het daar baie, wat hy vroeër net as waar gevoel het, konkreet vir hom geword.
[10] Nou kom daar allerlei vrae, veral van die leerlinge wat nie tot die twaalf behoort nie, wat van Petrus nog allerlei opheldering verlang, waaraan hier egter verbygegaan kan word, omdat dit nie van wesenlike belang is nie. Daar word nog net opgemerk dat tydens hierdie gesprekke die vraag gevra word of die nog onvolmaakte sielsdele - wat op oomblikke wat hulle geestelike gesig geopen was, vir vele al sigbaar geword het - bewus was, en of daar op die laer vlakke van die anorganiese liggame `n vermoë om te voel saamgaan met die bewussyn, wat tog wel aan te neem was, en of dit vir bepaalde doeleindes noodsaaklik was.
|
|
|
|
|