Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

Die Heer seën die dorp

13 Nou staan Ons van Ons tafel op en loop die huis uit die weg op. Ek het al gesê dat die dorp klein was en dus nie uit te veel huise bestaan het nie, maar tog het dit `n gunstige ligging om te oornag, omdat dit `n kort dagreis van Jerusalem af gelê het en die laaste was wat op die weg na Petra `n aangename heenkome gebied het, en wel by Ons herbergier Mucius. Dit lê ook nie al te ver van die Jordaan af nie, sodat dit ook geen gebrek aan water gehad het nie. Maar wel ontbreek dit daar aan groot, hoë bome, wat onontbeerlik is, omdat hulle bose dampe onskadelik maak en elektrisiteit opsuig en so die huise beskerm teen die uitwasemings van die Dooie See, wat met die suidewind tog sterk merkbaar was. Alle huise was slegs omgeef met taamlike hoë struike en ietwat kwynende, lae bome, omdat hulle nie deur die soutdampe kon hoog word nie. Om dit te verhelp, was die weldaad wat Ek die dorp wou bewys. 

[2] Ek spreek dus met Mucius oor dié punt, asook met enkele van sy bure, wat onmiddellik aangehardloop kom toe hulle My met die leerlinge die huis uit sien kom; want deur die kneg Marcius en ander het hulle gehoor oor die wonderbaarlike vermenigvuldiging van die brood en die ander dinge. Almal vra My of Ek nie daarvoor wil sorg dat die gloeiende strale van die son, wat hulle juis in die Jordaandal sterk voel, getemper kan word nie en of Ek vir beskerming teen die dampe kan sorg. Ek gee hulle toe wat hulle vra, seën die land, en op dieselfde oomblik verhef hom in die suide `n digte dennebos in die rigting van die see en `n aansienlike stuk langsaan die weg, sodat die verandering net opgemerk kon word deur mense wat die streek goed geken het, want dennebome is die meeste geskik om skerp soutwaterdampe op te neem en tog goed te groei. Die bos het `n beskermende wand in die rigting van die see gevorm, maar het teenswoordig ook al lankal verdwyn.

[3] Ek vertel die bewoners dat dit vir My weliswaar baie maklik was om, netsoos die in die lewe geroepe bos, ook rondom hulle woonhuise plotseling `n groot aantal bome en hoë struike neer te sit, maar dat dit beter vir hulle was as hier `n meer natuurlike weg ingeslaan sou word om die doel te bereik. Hulle dorp lê naamlik nie bepaald afgeleë nie, en by die vele Romeine en nie-Judeërs, wat oor die weg reis, sou die bygeloof te veel in die hand gewerk word, omdat hulle so `n wonder aan hulle gode sou toeskryf en die bewoners veel nadeel sou besorg. Maar vanaf die komende voorjaar sou alle plante, bome en struike `n sterk opvallende groei vertoon, sodat hulle binne twee jaar in weelderige oorvloed sou pronk en sodoende die dorp koelte en goeie, suiwer lug sou verskaf. As die bewoners egter uit winsbejag die beskermende naaldbos sou gaan kap, sou ook die vroeëre, dikwels ondraaglike toestand weer intree, veral midde in die somer, en uiteindelik die bewoning van hierdie streek onmoontlik maak.

[4] Die bewoners bedank My nou van ganser harte en vra My om hulle te vertel wie Ek eintlik was, waar My krag vandaan kom ensovoorts. Ek verwys hulle egter na Mucius en sê dat hy op al hulle vrae die regte antwoorde weet en dat hulle hulle maar tot hom moes wend, dan sou hulle wel die regte verklaring kry.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205