Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 11
LEOPOLD ENGEL

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79.

`n Uiteensetting van die Heer oor kuns

24 My leerlinge gee nou onverbloemde uitdrukking aan hulle verwondering oor die besondere inrigting van die huis en tuin, wat vir hulle tog nie passend lyk vir `n wyse Judeër nie, sodat Raël hom begin te verontskuldig deur daarop te wys dat sy vele reise hom baie geleentheid gebied het om die kunsvaardigheid van vreemde volkere te bewonder, en dat hy tog maar net enkele voorbeelde daarvan in sy huis opgestel het, ongeag die feit dat die voorwerpe voorstellings weergee wat getuig van die heidense godekultus. Dit was egter die skoonheid, en nie die beliggaamde gedagte, wat hom toegedaan was, of tenminste alleen in soverre, dat sy geloof in één God nie daardeur geskend was nie. 

[2] Nou kom daar reaksies dat dit gevaarlik sou wees en nie te verenig met die voorskrifte van Moses, wat die omgang met heidene verbied het en gebied het om hulle te hou by die ou, tradisionele gebruike.

[3] Ten slotte vra Raël aan My: "Majesteit en Heer, sê U my tog of ek verkeerd daaraan gedoen het om my huis so in te rig soos wat U nou gesien het; en wees daarvan verseker dat ekself die eerste sal wees wat al hierdie kunswerke, waaraan my oog hom verbly het, sal vernietig, sodra U vir my sou sê dat dit verkeerd is!"

[4] Ek sê aan hom: Jy kan heeltemal gerus wees; want as dit verkeerd was, sou alles reeds vernietig gewees het! Want waar Ek verblyf, kan die verkeerde nie lank bestaan nie. Maar jy het self gesien dat Ek jou vreugde aan hierdie kunswerke deel en jou tot nou toe nog nie berispe het nie."

[5] Nou wend Ek My tot die leerlinge en vervolg: "Maar julle, wanneer sal julle regverdig begin te oordeel, nie vanuit julleself nie, maar vanuit My Gees? Julle weet tog dat Ek geen vreugde het as daar volgens bepaalde waardeoordeel gehandel word nie! Handel en oordeel volgens die mees innerlike, ware gees, wat in julle gelê is, en dink nie dat diegene wat in stryd is met julle gebruike, ook in stryd is met God nie!

[6] God kon ander volkere baie goed toestaan wat vir julle ontoelaatbaar moes bly, om Sy volk geskik te hou vir Hom wat nou as rype vrug aanwesig is. As die vrug egter van die boom losgemaak is, sal dit aan die boom self lê of hy sal `n nuwe laat rypword; want hy het nou sterk genoeg geword, sodat hy dit sonder die hulp van die tuinbouer kan stel en homself vooruit help. Hy het immers alles gedoen wat moontlik was! Maar as die boom lui en traag geword het, sal dieselfde tuinbouer die byl teen sy wortels lê. 

[7] Alle volkere is te vergelyk met `n vrugteboom, wat egter steeds verskillend behandel moet word, na gelang van die eie karakter van `n volk.

[8] Moses het die Judeërs die wette en strenge voorskrifte gegee en verbied, om hulle met iets anders besig te hou as met die innerlike sin van die woord van God. Wie geroepe is om die geestelike kern te bewaar - nie net vir hierdie aarde en haar bewoners nie, maar vir die hele skepping - moet na buite toe goed beveilig word; want wie na buite streef, kan nie tegelykertyd sleutelbewaarder wees nie.

[9] Die Judeërs het van oudsher `n taai en eiesinnige karakter gehad. Dit is egter die eienskappe, wat geskik maak om bewaarder van die goddelike woord te wees, sodat dit so ongeskonde moontlik bewaar kon bly. Ander volkere, nie wat die karaktertrek het nie, het ook ander roepings en was tog nie verwerp in God se oë nie, ewe min soos hande en voete deur die mens verag kan word omdat hulle netsoos die hart bewaarders is van die mees innerlike lewe, maar veeleer ook hoog gewaardeer is, omdat sy lewe sonder hierdie organe maar baie gebrekkig sou wees. 

[10] Wie dus sou dink dat wat in God oë `n gruwel is om anders te lewe, sowel geestelik as liggaamlik, as `n volk wat onmiskenbaar onder Sy duidelike leiding staan, vergis hom baie. In latere tye, as die verskil tussen die volkere steeds meer sal verdwyn, sal dit sover kom dat die naas mekaar wonende mense totaal verskillend sal lewe en tog selfs nader by My hart kan staan. Maar niemand sal hom dan aan `n ander erger nie.

[11] Daaraan sien julle dat Raël rustig te midde van sy kunswerke en in sy pragtig ingerigte huis kan lewe, en in My hart tog baie dierbaar kan wees; want hy kyk na dit alles, sonder dat sy hart daaraan hang. Hy bekyk alleen met dankbaarheid die geestelike vermoë wat deur My in die mense gelê word en hom tot `n sodanige kunsvaardigheid ontwikkel, dat dit ander mense ook vreugde verskaf.

[12] Sou hy hom met die standbeeld van Jupiter of `n ander godheid ook met die verering van die afgod verbind het - of iemand anders in die huis, dan sou hulle vernietig gewees het, sodat elkeen hier sou sien: Daar is maar één God! Maar hier is dit nie die geval nie. Raël en sy huisgenote glo ten volle in My en verbly hulle aan dit alles alleen uit vreugde oor die suiwer kuns.

[13] Waarom sou Ek vernietig wat tog ook indirek deur My geskape word, deurdat Ek die vermoë daartoe in die mens gelê het, solank hy nie `n verkeerde gebruik daarvan maak nie? Want glo My: Alles wat julle kuns noem, is deur God om baie wyse redes in die menslike hart gelê, soos julle maklik sal insien!

[14] Netso min as `n ondergeskikte dier, wat slegs `n beperkte intelligensie besit, in staat is om deur oorleg `n kunsproduk te skep, is die mens daartoe in staat, wanneer hy nie poog om sy geestelike vermoëns te ontwikkel nie.

[15] Julle weet baie goed dat `n beskaafde volk die maklikste aan die hand van sy kunswerke beoordeel kan word; want dit gee na buite toe `n beeld van wat die siel van `n volk, in haar gevoel, denke en handeling weerspieël. Hoe meer sy vordering maak in die vryvegte van die siel teen materiële genot, des te werklik volmaaktere kunswerke sal sy kan skep. Vanselfsprekend is sy ook in staat om haar kunsprodukte van elke aard vir sindelikheid te gebruik. Maar dan sal dit op `n suiwer beskouer geen verheffende, maar `n afstotende indruk maak.

[16] Nooit sal daar egter kunswerke gemaak kan word vanuit die oogpunt van skoonheid nie, as die vermoë nie in die siel van die kunstenaar aanwesig is om haar tot suiwerder sfere te verhef nie, dit wil sê, met sy geestelike oog te kyk om self iets te skep nie. Hoe hy diegene wat hy gesien het, vorm gee, is afhanklik van sy vrye wil. Vooruitgang boek, om steeds meer volmaak dinge te gee, kan hy egter alleen, as hy die weë van die skep inslaan wat in My oë juis is.

[17] Salomo sou nooit die tempel kon ontwerp het, as hy nie in sy gees so vry was dat hy met sy innerlike oog die afspieëling van `n suiwer hemelse bouwerk kon waarneem om daarna in die veel bewonderde tempel, `n swak afbeelding te gee van wat in My ryk vir elkeen volledig sigbaar is. Want nóg op aarde nóg in die hemele kan daar deur mense of geeste iets geskape word, wat nie in grootse volheid in God en daarmee ook in Sy werk te vinde is nie. Oral waar `n afbeelding is, moet ook `n geestelike oorspronklike bestaan, soos daar waar daar skadu is, `n voorwerp moet wees wat sy skadu werp.

[18] Maar omdat God oneindig is en in Hom al die goeie, skone en verhewene is, sal daar, geestelik gesien, ook nooit `n einde kan wees, waar daar nie nog iets mooiers sal wees nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205