|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 99
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Robert bemoedig die Patetikus. Die angstige sondaar aarsel. Patetikus-Dismas vermaan homself uiteindelik en volg die bode van God.
99 Robert sê vol vreugde: "Wel broeder Dismas, dit verheug my werklik dat jy die dageraad sien en dat jy daardeur die eerste stap gegee het om die waaragtige, volmaakte lewe van die gees in die Heer te bereik. Daarom moet jy nie hier bly staan en na jou veroordeelde hart luister nie, raap jou op en haas jou na die Heer.
[2] Want glo my, ek het Hom ook nie sonder slag of stoot as die enigste God en Heer van die oneindigheid herken en aanvaar nie. Dit het hom en my heelwat geduld gekos, voordat ek uit my duistere Hegelisme en Straussisme en tewens uit my heerssug en ontug omhoog getel was. Maar toe ek eenmaal deur sy helpende genade in `n waaragtige lig geplaas was, het ek dan ook met groot helderheid my ten hemel skreiende onreg ingesien en herken in die Heiland Jesus, die enige God van die hemel en alle wêrelde! Doen jy nou ook dieselfde!
[3] Jou gang is nou maklik, omdat jy in my `n goed opgeleide voorganger het. Vir my was dit baie moeiliker, want ek het niemand gehad wat my in my donker nag `n goeie getuienis oor Jesus kon gee nie. Ek moes net op sy woorde vertrou en uit die wysheid daarvan uitmaak dat Hy werklik die enige, waaragtige God is. Bowendien was ek nie minder as jy, ja, selfs nog hier in die ryk van die geeste, gepla deur die begeerlikheid van die vlees nie, maar omdat ek oortuig was van die diepe waarheid van Christus se goddelike woorde, het ek my sinne met krag bedwing en het met die hulp van die Heer daardeur vinnig en maklik oorwinnaar van my vleeslike swakhede geword, wat as herinnering aan die wêreld van die sinne deur my siel saam hierheen geneem was!
[4] My eie hart was ook my regter en het in sy onreinheid nóg rus nóg hoop gehad, maar slegs die versekerde vooruitsig op die ewige dood. Maar toe help die Heer my uit my grootste nood, wat my ewige dood sou geword het. My hart was daarna gesuiwer deur my sterk liefde tot hom en het ruimte gekry om Sy genade in haar op te neem. Ek het egter steeds saliger geword daardeur! Dit sal ook alles aan jou voltrek word! En as jy, net soos ek, al hierdie beproewinge ongetwyfeld goed sal deurstaan, sal jy jou ook spoedig in die saligste toestand bevind. Vermaan jou nou egter en spoed saam met my na Hom, die enigste wat alleen kan help!"
[5] Die Patetikus Dismas sê: "Alles goed en wel, as ek maar die moed daartoe gehad het! Maar die moed, waar moet ek dit vandaan kry? Kyk, ek begin nou wel te glo dat die Jesus die allerhoogste, almagtige Godwese is. Maar namate die geloof groei, groei my vrees ook vir Hom, die enige Heilige! Wie sal my van die groot vrees bevry?
[6] Robert sê: "Vriend, dank die Heer vir daardie groot vrees, want daarmee het die Heer Sy hand aan jou hart gelê en is daadwerklik besig om te begin om jou verstrooide geestelike lewe te versamel! Die heilige werke van die Heer in jou hart spoor jou gees aan om wakker te word en veroorsaak in jou siel die nare gevoel van vrees. Maar vermaan jou en volg my, dan sal jy spoedig van jou vrees bevry word. Die Heer self, wat jou hierdie heilige vrees gee, sal haar ook van jou wegneem! Daarom nog eenmaal; kom en volg my na die Heer!"
[7] Dismas sê: "Vooruit dan, vriend Robert, vertrouend op jou woord sal ek dit waag! Nou mag daar in welverdiende mate my oorkom wat maar wil, ek sal dit verdra! Waarom sal ek voor die oë van die alsiende God my eer, wat ek ewig onwaardig is, wil hooghou? Skande en beskaming mag nou my lewenslot wees. Want as ek op aarde al geen aandag geskenk het aan die goddelike gees in my nie, wat my die lewe gegee en in stand gehou het, hoe sal ek nou eer kan verwag van Hom, wat ek so dikwels tot skande gemaak het?
[8] God het my uit Homself `n lewe van Sy Heilige gees gegee en ek wou die hoogheiligheid van die lewe nie erken nie en verheerlik deur `n gepaste ordening en tug nie. Ek was altyd op vlug vir die regte insig, en verander so die heilige vir die dierlike, deur ontrou te word aan die waaragtige Godsorde en deur liederlike ontug! Nou staan ek hier as `n baie onheilige aan die welverdiende skandpaal voor God en Sy heiliges. Daarom nog eens: Skande oor my, welverdiende skande!"
[9] Na hierdie luid gesproke woorde van Dismas kom sy boesemvriende na hom toe en sê: "Maar vriend Dismas, wat is daar met jou aan die gang? Waarom roep jy skande oor jouself af? Is ons almal dan nie uit dieselfde hout gesny as jy nie? Wanneer jy skande oor jouself uitspreek, dan spreek jy immers ook skande oor ons uit, en dit kan ons werklik nie onaangespreek laat nie! As jy geen uitsondering vir ons maak nie, sal dit waaragtig nie goed gaan met jou nie!
[10] Dismas sê: "Wil julle dalk `n eerbetoon vir julle genotsugtige lewe hê? O, roep nie te vroeg daarvoor nie, want dit sal julle nie gespaar bly nie. Wat het julle dan op aarde gedoen wat hier voor God `n eerbetoon waardig sou wees? Dink julle dalk dat ook hier, net soos in die materiële wêreld, `n goue masker `n gees teen openlike beskaming beskerm. O, dan vergis julle julleself deeglik! Die giftige damp van goud en silwer, waarmee die mense op aarde hulle skanddade bedek, het hier geen enkele nut meer nie. Want hier kom slegs die naakte waarheid aan die lig van die ewige dag van God, wat die mense hier met geen snode middel meer kan verberg nie. Laat almal van julle nou dieselfde doen wat ek nou doen, dan sal hy daardeur ten minste die eer van sy lewensgees red, wat hy as gees van die waarheid van God met die volste Goddelike reg vir sy siel kan opeis! Doen ons dit egter nie, dan kan ons spoedig die volledige wegneem van ons goddelike lewensgees uit ons smadelike wese en daarmee die welverdiende ewige dood te wagte wees! Daarom skande en nogeens skande oor ons siele, sodat daar vir die lewende Godsgees in ons, die eer van die ewige waarheid en orde gered mag word!"
[11] Na hierdie woorde trek sy vriende hulle morrend terug en krap hulle eers erg agter die ore. Robert sê egter tot Patetikus-Dismas: "Wel beste broer, jy gaan met reuse spronge vooruit! Waarlik, ek sê vir jou, so vinnig het dit nie met my gegaan nie. Dit verheug my buitengewoon! Jy sal dit, soos ek dit sien, werklik nie hard te verduur kry voor die aangesig van die Heer nie! Kom nou, kom! Waarlik, ek verheug my oor jou woorde voor die Heer!
|
|
|
|
|