|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 72
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Verlange van eggenote Emma. Bemiddelingspoging van die generaal. Egtelike rusie
72 Die generaal sê daarop vir Emma: "My liewe skoondogter, as die saak so lê, kry ons proses wel `n baie ander gesig. Ek voel my daarom verplig om u allereers om vergifnis te vra en daarna my heer seun `n les te leer!” Emma sê: "Hoogheid, ek verlang niks anders as ons eerste liefde nie. As dit nog daar is, sal ek hom alles vergewe en alles doen wat sy hart verlang!" Die generaal wend hom nou tot my en spreek: "Ja, hoor eers, my seun, as dit jou skuld is dat jou vrou teenoor jou alleen noodgedwonge sulke betreurenswaardige gedrag toon, dan moet jy allereers jou fout weer goed maak. Emma verlang jou eerste liefde. Weerhou haar dit dus nie!"
[2] Daarop antwoord ek: "My geliefde vader, my liefde vir Emma het nog nooit minder geword as wat dit by ons eerste kennismaking was nie. Maar as my allerliefste Emma spoke sien waar hulle nie is nie, dan kan ek waaragtig weinig daaraan doen! Dat ek haar geen jaloerse verwyte maak nie, is alleen toe te skryf aan my fyngevoelige hart. Dat ek in myself desondanks baie bitter pyn voel, weet ek trouens alleen. Wat haar groot vermoë egter betref, moet ek inderdaad toegee dat ek nooit veel waarde daaraan geheg het nie. Ja, ek moet eerlik toegee, dat ek by die aanskoue van die enorme vermoë van my Emma, hoogs onaangenaam getref was. Want hoe ryker `n familie is, des te meer geleentheid is daar vir allerlei sondige uitspattighede. (ek wend my tot Emma): "Kyk, as jy die duisende gulde wat jou feeste jou kos, aan die armes gegee het, hoe gelukkig sou jy en ek nie gewees het nie! Maar jy wou my maar net daaroor straf en dit is nie lofwaardig van jou nie. Want `n nog inskikliker en geduldiger eggenoot soos wat ek altyd was, bestaan daar nouliks."
[3] Emma het nie geweet wat om daarteen in te bring nie, maar lyk of sy ongeduldig wag op haar kamerdienaar. Eindelik kom hy met `n swaar pakket na haar toe. Sy snou hom dadelik toe om dit op die tafel te plaas. En toe kyk sy my met `n spotlaggie aan en sê: "Ek moet eers aan jou die aangedane belediging weer goedmaak, voordat jy my weer goedgesind kan word." Waarop ek antwoord: "Liewe Emma, ek hou so veel van jou, dat ek nie die minste wrok teen jou sou kon hê nie. Ook het ek nie, maar my vader het in `n vergeeflike opwelling hierdie eis aan jou gestel. Neem daarom jou papiere maar weer in bewaring en word weer dieselfde Emma, wat my enkele jare na Engeland gevolg het en vir wie ek my lewe aan duisend gevare blootgestel het."
[4] Emma kyk hierby baie snaaks op en sê na `n rukkie met werklik onverstoorbare kalmte: "As jy nog van my hou, doen my dan `n plesier aan en neem hierdie papiere in bewaring, want jy weet tog dat `n vrou nie weet hoe om met geld te werk nie!" Waarop ek sê: "Dit is ietwat anders. Ek sal jou versoek met die grootste genoegdoening inwillig. Maar nou moet jy ook jou hand reik as teken dat jy nie meer kwaad is vir my nie en my ook `n reeds lank ontbeerde soen nie sal weerhou nie! Kom Emmatjie, maak my weer gelukkig! " Sy sê: "Daar is geen haas nie, my heer gemaal! `n Vrou moet met die beste wat sy het nie vrygewig wees, as sy die aansien van die liefde wil behou nie. Dan moet ek jou nog op iets anders attent maak, ek het jou al enkele kere gesê dat ek nie Emma heet nie, maar my eerste doopnaam is Kunigunde, waarom noem jy my dan steeds Emma en nie Kunigunde, `n egte oud-adelike naam, waaronder my moeder en grootmoeder almal gedoop is? As jy werklik van my hou, noem my dan in die vervolg op my waaragtige, egte naam!"
[5] By hierdie liefdersvoorwaarde kan ek, net soos die generaal, byna nie ons lag hou nie! Ek sê dan ook vir Emma: "Maar liewe eggenote, dit doen ek immers uit suiwer agting vir jou! Jy ken tog wel die bekende lied, waarin, tot vermaak van die publiek, op `n belaglike manier gesing word, oor "Eduard en Kunigunde". Steeds wanneer ek jou roep, skiet die dom lied my te binne. Ook klink die naam Emma tog estetieser as Kunigunde. Maar wil jy van nou af beslis Kunigunde heet, wel nou, in God se naam, dan sal ek jou ook so noem! "Daarop sê sy bitsig: "Ja, ja, waarvan mans nie hou nie, dit probeer hulle belaglik maak!" Ek sê: "Wat haal jy jou weer op die hoof!? Ek wil jou tog nie belaglik maak, wanneer jy vir my so oneindig lief en dierbaar is nie. Ek hoop dat jy dit nou as beëindig sal beskou en my jou hand sal reik as teken van volkome versoening. Of het jy nog dalk iets op jou hart?"
[6] Sy sê: "O, nog genoeg!" Ek antwoord: "Wat is daar nog, as ek mag vra, my liefste Emm…het ek byna gesê…og, vergeef my Kunigunde, wil ek sê. Sê maar wat jou nog verder hinder!"
[7] Op hierdie ietwat lakoniek-liefkosende vraag stamp sy so kwaad met haar voet op die vloer, dat die glase in die kas ratel. En daarop volg `n bitsige "nee", vergesel van bietjie trane. Op die betekenisvolle "nee" volg `n gelade stilte, en daarop `n hele reeks van skeldname gerig aan my adres, wat werklik die grofste markvrou nie sal misverstaan nie. Ten slotte snou sy my nog toe: "Ons is klaar! Ek wil niks meer van jou hoor of sien nie. Ek het jou betaal en dus is ons vir altyd klaar! My nog treiter ook! Dit laat ek my nie welgeval van so `n lummel nie, wat deur een of ander boerekoei uitgewerp was! Jy kan duisend keer deur die keiser self tot vors verhef word, vir my, as barones uit `n oeroue geslag, is jy tog niks, begryp jy? Maak dat jy so vinnig as moontlik voor my oë verdwyn!!
[8] "Met haar is niks uit te rig nie", spreek die generaal, want sy is volkome gek. Laat haar maar begaan, my seun, en bekommer jou nie meer oor haar nie. Miskien genees die tyd haar vroeër as ons twee! Neem die papiere maar saam, want daar sal `n tyd kom dat dit selfs vir haar goed te pas sal kom, wanneer sy spoedig al haar rykdomme verkwis het."
[9] Op dieselfde oomblik kom my kamerdienaar binne en meld aan my, dat hy `n baie mooi woning gevind het, wat dadelik in gebruik geneem kan word. "Goed, spreek die generaal, dan nou maar vinnig alles op- en inpak!" Die kamerdienaar sê: "Behalwe hierdie kamer, is alles in orde! Toe kom die draers ook binne.”
|
|
|
|
|