Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die stryd van die ses diere. Uitwerking op die wolfsmense en die koning

92 Na `n rukkie spreek Helena verder: "Hmm, dit is tog vreemd. Hierdie eienaardige wesens vermeerder hulle nou soos sand by die see rondom die troon. Die eerste dienare van die koning kan hulle nouliks deur die digte massas heen werk. Ek sien dat hulle deur die wolfmense opgestook word om hulle te help om die koning te bewerk. Dit word ook nou baie donker rondom die troon, sodat mens slegs met moeite iets kan onderskei. Hierdie duisternis blyk om van die wolfsmense af uit te gaan, en tog skitter hulle oë baie sterk, en waarheen hulle hulle blik rig, word die voorwerp verlig!

[2] Nou sien ek op die agtergrond `n baie eienaardige wese, wat soos `n os lyk. En `n ander wat soos `n leeu lyk, duik agter die os op en wil die os verslind. Maar agter die leeu duik daar weer `n ander wese op, wat soos `n renoster lyk, en omdat hy geweldig gepantser is, probeer hy om die leeu en os dood te druk! Die leeu wat eers die os dreigend wou verslind, word nou goeie maatjies met hom, en hulle probeer om die neushoring te ontdoen. Kyk, daar kom nog `n vierde wese by; o wee, dit is `n reuse monsteragtige slang. Hy kronkel hom nou om die drie vegtende wesens heen en begin hulle meedoënloos saam te druk. Os, leeu en renoster span al hulle kragte in om van die magtige slang ontslae te raak, maar hulle moeite blyk tevergeefs te wees. Ondanks hulle groot inspanning, trek die slang haar kringe steeds stewiger om hulle vas en uit die gebrul kan ek vasstel hoe erg die drie in die verknorsing sit. Merkwaardig genoeg blyk dit asof die wolfsmense `n groot behae skep uit die geveg!

[3] Maar nou kom daar weer `n nuwe dier by. Dit is `n reusagtige groot arend. Hy stort hom op die vegtende diere, slaan sy enorme kloue in die vet buit en sprei sy groot vlerke uit en skep die hele spul die hoogte in. Die slang, wie se kronkelende lyf deur die magtige kloue van die reuse arend deursteek is, wil hom nou losmaak. Maar die kronkels word deur die kloue van die arend so stewig aanmekaar gehou, dat al die moeite vrugteloos blyk te wees. Die eerste drie diere steun nou die slang na vermoë, maar die kloue van die arend is te kragtig en wyk geen haarbreedte nie. Die magtige arend verhef hom al hoe hoër in die lug op met sy buit. Maar op die agtergrond sien ek `n soort woestyn aan `n rivier en daarop stuur die arend met sy prooi af. Nou gaan hy sit en maak aanstaltes om aan sy prooi te begin eet.

[4] Maar nou sien ek `n groot krokodil uit die rivier opduik, wat hom na die vet buit haas. Die slang keer hom haar wyd geopende bek toe, en die krokodil byt homself aan haar onderkaak vas. Die arend wil wegvlieg met sy buit, maar die krokodil hou hom teë. Nou laat die arend sy hele buit los, gaan op die rug van die krokodil sit en pik met sy snawel in sy oë, wat hy egter nie kan beskadig nie. Daardeur word die eerste drie diere uit hulle benoude gevangenskap bevry en hardloop nou ver in verskillende rigtings weg.

[5] Maar nou sien ek `n igneumon* haastig na die groot krokodil trippel, wat nog steeds die slang vashou. Die krokodil herken sy aartsvyand, laat die slang meteens los, wat ten slotte kronkelend op die grond rondkruip van pyn, waarop die krokodil hom weer in die water stort. Op die strydtoneel bly slegs die arend oor, en skynbaar met `n baie honger maag. Die igneumon agtervolg egter die krokodil tot by die water en staar in die golwe! *(Klein, weselagtige, vleisetende soogdiertjie van die geslag Herpestes, veral die ichneumon van Egipte, wat die eiers van die krokodil opgraaf en opvreet en waarvan ’n variëteit bekend is as die mongoes; farao(s)rot)

[6] Die arend ontdek nou die igneumon en wil hom nou as `n klein happie vang. Hy ontsnap egter in `n gat in die grond en die magtige arend vlieg nou sonder prooi weg, net soos die ander diere tevore met heelwat verwonding en onverrigte sake gevlug het. Dit blyk asof die slang die meeste gely het; of die sand haar weer sal genees, is `n ander vraag! Of die igneumon ooit beloon sal word, omdat hy die spul uitmekaar gejaag het, sal U, o Heer, sekerlik die allerbeste weet!

[7] Nou sien ek egter ook, dat die groot menigte wolfsmense lang en verleë gesigte kry. Mens kan uit hulle bewegings maklik uitmaak, dat hulle gladnie tevrede is met die dergelike afloop van die dieragtige geveg nie! Dit is ook maar goed. Want hierdie meer as dieragtige mense skrik my meer af as netnou se diere met hulle natuurlike stryd, want dit was vir my begryplik, maar hierdie diermense is vir my onverdraaglik.

[8] Die koning op sy troon kry ook nou stuiptrekkings, asof hy aan `n senuweesiekte ly. Die saak lyk of dit hom ook nie aanstaan nie. Maar wat kan hy daaraan doen? As hy nog enige mag het, sal hy sy uiterste probeer doen om sy troon te behou. As hy egter geen mag meer het nie, dan sal hy beslis eerder gaan, as om met sy volk deur sagmoedigheid, liefde en geduld eens te word. As hy hom egter wil laat geld, sal dit waarskynlik met hom gaan soos die arend; hy sal naamlik ook `n beduidende leegte in sy maag voel. Want sy geld sal in die soldate opgaan en sy onderdane sal ten slotte hulle belasting alleen nog met hulle lewens kan betaal.

[9] O Heer sien, die hele verskyning begin nou te verdwyn, maar ek moet openhartig beken, dat ek die raaiselagtige dier met die sewe koppe nog nie verstaan nie. As dit U ewige wil is, sal U dit ook vir my openbaar?

[10] Ek sê: "Luister, liefste Helena, Ek sal dit nie doen nie, maar omdat ons tafelgenote en raadsgaste die verskyning saam aanskou het, sal ons Robert vra en na hom luister. Waarom sou juis die twee van ons dit alleen bespreek? Die ander het immers ook monde!

[11] Dus Robert, lê aan ons dierbare Helena uit wat sy nog nie volgens haar mening begryp nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205