Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Daar verskyn `n mens in die ligsfeer. Is dit Jesus? Robert se vreugde in afwagting van sy koms.

12 Robert sê verder: "Kom Robert, wees bly! Want die landskap het nou baie naby gekom. En daar sien ek ook `n mens op die kleinerige berg staan, wat lyk of hy vir my wink!

[2] Sou dit dalk die goeie Jesus self wees? Ja, ja, dit is hy in lewende lywe! Want nou sien ek duidelik, hoe by die uitspreek van sy naam, `n sterk bliksem regstreeks van hom af in my rigting skiet. O, dit sal eindeloos geseënd wees om my in die geselskap van die gees te bevind, wie se grootsheid en onoortreflike diepe wysheid ek so dikwels bo alles bewonder het!

[3] Ag, julle arme dom mense op aarde, wat julleself vanweë julle aardse besittings en vanweë `n sogenaamde hoër afkoms, julleself beter ag as duisende arm broeders en susters, wat julle slegs maar gespuis noem! Ek roep julle toe, dat julle almal onder mekaar nie werd is om in die plek van julle harsings, die vuilheid van een van julle arme broers in julle hoofde rond te dra nie. As julle net so onnosel soos hulle sou wees, sou julle ten minste iets vermoed het van hoe dit hier uitsien!

[4] Kom maar hier, julle vername, half dooie esels. Hier sal julle eers leer wat julle is, en wat julle afkoms, julle geslag en julle goud is! Werklik, geen duiwel sal julle bevry uit julle duistere verbanning nie! Want diegene wat die Godheid julle toegestaan het as redders, het julle van Abel se tyd af, altyd gevange geneem en wreed vermoor. Maar nou roep ek luid:

[5] Julle barre tyd loop ten einde! Spoedig sal julle almal hier wees en miskien vra na julle trotse voorouers. Maar die ewige duistere ruimte om julle heen sal julle ook in alle ewigheid geen antwoord gee nie! Uit julle uit sal die Godheid moeilik ooit `n slakkehuis kan bou, laat staan nog `n wêreld. Maar God mag doen wat hy wil! Ek is egter nou buitengewoon verheug dat my beste vriend, saam met die steeds ligter wordende landskap, al so naby is dat ek hom byna sou kan toespreek. God sy geprese vir hierdie geskenk!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205