|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 71
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Die huweliksparadys van die Patetikus verduister. Die ware gesig van die eggenote.
71 Die Patetikus vertel verder: "Ek het nou niks anders voor my gesien as `n paradys nie, omdat ek my doel bereik het! Maar helaas het daar donker wolke oor my paradys gekom.
[2] My Emma was steeds gepla deur haar gewete, omdat sy haar vader verlaat het. Daardeur word sy van dag tot dag meer neerslagtiger, betreur haar stap en verwens die uur waarop sy vir die eerste keer met my kennis gemaak het. Verder kry sy ook heimwee, sodat ek ernstig bekommerd oor haar was. Ek doen alles in my vermoë om haar ander idees oor die lewe by te bring, maar al my moeite was tevergeefs. En so bly daar vir my na verloop van `n jaar niks anders oor as om my diens in Engeland te verlaat nie, en as welgestelde burger met my wederhelf na Wenen terug te keer.
[3] Daar aangekom wil ons na Emma se vader gaan om so moontlik sy vergewing te verkry. Maar hy het helaas heengegaan, waarskynlik meer van verdriet as vanweë `n senuweekwaal!
[4] Toe was dit heeltemal uit met my Emma. Haar hoogmoedige susters slinger haar die bitterste verwyte toe en maak haar as`t ware uit as die moordenares van hulle vader, wat sterwend nog sy hande na sy onvergelyklike Emma sou uitsteek. Sulke berigte bring haar op `n siekbed, waarin ek verskeie duisende kwytraak. Tog word sy weer beter en verlang dikwels offers van my wat ek myself nouliks sou veroorloof, maar wat ek vir haar desondanks met alle liefde bring. Die toeval wil dit nou gehad het dat haar susters na enkele jare sterf, waardeur my vrou, moeder van twee dogters, die enigste erfgenaam word van `n groot vermoë. Dan sou jy tog gedink het dat dit weer met my Emma vroliker, en ten opsigte van my, meer toegeneë sou gaan.
[5] Maar na die aanvaarding van die erfenis ondervind ek eers wie sy was en wie ekself was! Haar vroeëre sielsiekte was skielik na die ontvangs van die erfenis genees. Maar in die plek daarvan tree nou `n onversadigbare sug na prag en praal en allerhande soorte genoegdoening in!
[6] Eers gee ek haar in alle liefde te kenne, dat so `n lewe nie goed kon wees nie en dat sy my in feite baie meer ongelukkiger gemaak het as ek vir haar! Dat ek in Engeland steeds admiraal kon gewees het, as ek nie ter wille van haar my offisierspos verkoop het en na Wenen verhuis het nie! Toe ek dit in trane vir haar sê, breek die hel heeltemal los! Sonder om my één woord terug te sê, loop sy haastig na haar kamer, bring vir my papiere van tweehonderdduisend gulde en sê: "Hier, my heer gemaal, varkaanhouer van geboorte, ontvang hierby wat ek u wel sou gekos het! Verlaat my woning en soek iemand anders! Ook staan dit u vry om die twee kinders saam te neem, want met dergelike skepsels, wat `n boereseun helaas by my in my blindheid verwek het, kan ek my nie mee besighou nie! Adieu! Ons is klaar!!"
[7] Met hierdie woorde slaan sy die deur agter haar dig toe en ek staan daar asof versteend met my twee liewe huilende dogtertjies. Na enkele ure gaan ekself na haar toe, maar was nie toegelaat nie. Die kamerdienaar sê vir my dat mevrou die barones wil hê dat ek die huis op staande voet moet verlaat. Ek maak aan die kamerdienaar duidelik dat hy aan mevrou moes deurgee, dat ek nóg haar geld, nóg haar huis nodig het. Ek sou my, saam met die twee kinders, goed met my eie eerlike verdiende vermoë kon red!
[8] Daarop wend ek my haastig na my kamer en roep my bediende na my toe: "Pak al my goed bymekaar, want ons moet vandag nog die huis verlaat. Laat een van julle nog enkele dagloners haal, sodat die saak nog vinniger kan verloop!" My bediende trek groot oë en vertrek sy gesig, maar voeg hom ywerig volgens my bevele.
[9] Toe ek goed en wel besig was om te pak, klop iemand aan my deur! Wie was daar? My goeie generaal-majoor, wat juis op die dag in Wenen was vir sake. "Wat sien ek nou? Wat doen jy? Gaan jy hier weg?", was sy woorde. Ek vertel hom natuurlik wat daar gebeur het en dat ek nie die minste skuld aan alles gehad het nie!
[10] Die generaal weet nie of hy moes lag of om hom vererg nie. Eers na `n rukkie het hy herstel en sê: "Arme, beste vriend, gaan maar rustig aan. As u gemalin so is, wees dan van harte bly dat u op so `n netjiese manier van hierdie adellike dame afgekom het! Maar behou hierdie waardevolle papiere vir u kinders, want dit sou nie verstandig wees van jou om hierdie aansienlike som aan haar terug te gee nie!"
[11] Terwyl die generaal my so troos en raad gee, tree die kamerdienaar van mevrou nors die vertrek na binne en sê: "Mevrou laat u sê dat sy dit wat sy u as skadeloosstelling gee, onder geen voorwaarde meer wil terugneem nie! Sou dit te min wees, dan is sy bereid om u meer te gee!" Ek byt my op my lip van ergernis en kon egter geen woord uitkry nie. Maar die generaal neem die woord vir my en sê: "Sê vir mevrou dat hierdie 200,000 gulde slegs `n geringe aalmoesie is vir die offers van hierdie man wat hy haar gebring het! Die eer van `n offisier, soos hy hier een was, kan mens nie met `n dergelike aalmoes afkoop nie! Laat mevrou daarom maar in die groot kas gryp en hierdie man van eer, wat sy gelyke nie het nie, se deur met haar voete betree en met eer begroet! Sê u maar vir mevrou, dat ek, vors N.N., vader van hierdie geliefde seun van my, dit van haar eis! En sê haar om dit nooit dit te waag om sy naam te dra nie! Het u dit goed begryp?" Die kamerdienaar buig tot op die grond en gaan.
[12] Na `n kort tydjie gaan die deur oop en die barones val voor die generaal op haar knieë en smeek hom en my, handwringend om vergewing. Sy het daar `n sieklike bui, wat haar oorhaastig laat reageer het, en God weet wat daar verder nog alles in haar kop geratel het!
[13] Die generaal laat haar uitpraat en sê toe onbeweeglik kalm: "Mevrou, ek het u bekrompe vader geken en ek ken u. Die appel val nie ver van die boom af nie, en sodoende sal ook u, my beste, nie baie beter wees nie. U eksman hier is wel nie my bloedeie seun nie, maar omdat ek geen kinders het nie, het ek dit by ons goeie keiser reggekry dat ek hom as my eie regmatige aangenome seun ondertussen die titel van graaf offisieel toegeken kon kry! Sou ek vandag of môre tot sterwe kom, dan is hy `n vors! Begryp u my? En sou ander hoogadellikes die keiser daartoe beweeg om hierdie vorstetitel hom heimlik te onthou, dan bly hy in ieder geval my seun en die enigste erfgenaam van al my besittings. My seun hier het nóg u huis, nóg u vermoë nodig. Maar u het as barones sy eer geskend, en daarvoor verlang ek van u, as sy vader, `n genoegdoening van `n halwe miljoen! Begryp u my, mevrou?" Die barones sê: "Deurlugtige heer skoonpa, nie slegs `n halfmiljoen nie, maar my hele vermoë gee ek, as u my maar wil vergewe en my my geliefde gemaal nie wil afneem nie!"
[14] Daarop antwoord die generaal weer: "Ja, ja, liewe dogter, noudat u vir eers verneem het dat hierdie "varkaanhouer", soos wat u hom genoem het, my seun is, voel u weer liefde vir hom! Maar op hierdie manier sal dit weer moeilik goed gaan. Gaan daarom na u kamer terug, want ek het gewigtige sake wat ek aan my seun wil meedeel!" Emma smeek nou intenser om vergewing en sweer by alles wat vir haar heilig is, dat sy liewer haar lewe lank my varke sou oppas, as om my maar een minuut te verlaat! "Goed", spreek die generaal! "Dit sal ons wel sien! Ek is so vry om u dadelik aan u adellike tand te voel, en ons sal sien, hoe u hierdie proef gaan deurstaan!" Emma sê: "Doen u maar met my wat u wil, slegs as `n lyk sal ek my van my gemaal laat skei!" Die generaal sê: "Wel nou, my geliefde barones, dit sal dadelik wel blyk! Verwag maar geen tweede proef van my nie, want ek het u al op die proef gestel, en vir die helfte het u dit sleg deurstaan. U bemin my seun omdat u hom na my bekentenis ongetwyfeld daarvoor aansien! Maar so is dit nie! Ek het dit alleen gesê om u op die proef te stel en u daardeur afdoende van die skandelikheid van u aristokratiese hoogmoed te oortuig. Toe u liggelowigheid nie langer die stinkende varke-aanhouer, maar `n vors in u gemaal ontdek, begin u weer soet broodjies te bak! Maar wat gaan u nou doen, as ek dit wat ek vir u gesê het om u op die proef te stel, weer herroep en sê: "U, bowe alles agtenswaardige gemaal is tog maar die seun van `n boer?"
[15] Toe Emma dit hoor, spring sy ylings op en roep: "Wat! Behandel die mense die ryk baron N.N. dan so? Dus is my gemaal geen vors nie, maar `n boereseun, en `n Engelse nuutgebakte heer! O, dit is skandalig, dit is onvoorspelbaar gemeen! Om vir my, `n barones van die hoogste adel, as `n onnosele gans te bestempel! Kamerdienaar!" Die kamerdienaar vra: "Wat wens mevrou die barones? "Emma sê: "Gaan onmiddellik na my vertrek en gaan haal die papiere wat op my tafel lê, sodat ek hierdie boer vir sy gekrenkte eer kan vergoed!" Die generaal sê: "Dit is nie nodig nie, mevrou, ek het goed geweet dat die tweede proef slegter sou uitval as die eerste. U is en bly wat u is; u begryp my hopelik? En my werklike seun hier bly egter ondanks sy boere-afkoms dit wat ek u vroeër meegedeel het. En gaan u nou maar verder!"
[16] Met hierdie woorde keer Emma nog een keer om en sê: "U hoogheid, u het die goedheid om my netnou te gesê het dat ek die proef sleg deurstaan het, maar u dink nie daaraan dat die hele, deur my goed deurdinkte optrede niks anders was as `n indringende vraag aan my heer gemaal of hy nog wel van my hou nie! Want ek moet nou eerlik beken, dat my heer gemaal hom nou al anderhalf jaar lank onbegryplik koel teenoor my gedra het, wat my heeltemal ongelukkig gemaak het. Ek het hom dikwels te verstane gegee, dat ek nie meer dit vir hom beteken, wat ek eers vir hom was nie! Maar daarop het my vorstelike heer gemaal duisende verontskuldigings gehad! Dan moet daar tog iets verkeerd wees!
[17] Ek is nou baie ryk en kan nou alles doen om die hart van my gemaal te deurgrond. Ek gee partytjies en balle, en laat my deur edelliede die hof maak om te sien, of hy nie tog eens bietjie jaloersheid sou laat blyk nie. Maar al my moeite was tevergeefs. Hy skyn dit wel goed te vind dat ek my beter met ander kan besighou as met hom! Ek het die smaad lank verdra en my hart het aangedaan geword! Daar skyn `n koel houding ten opsigte van my te wees, en dat dit toegeneem het, en dat hy my slaapkamer ook nie meer wou vind nie, toe neem ek juis die besluit wat ek vandag ten uitvoer gebring het, om so `n laaste, ernstige vraag te rig aan sy hart!
[18] Maar ook dit het sonder enige resultaat gebly! Omdat ek sonder my skuld, sy liefde heeltemal verloor het, laat dit maar in godsnaam verlore wees!
[19] Werklik, hoogheid, ek spreek nou die volle waarheid: solank ek onbemiddeld aan sy sy gestaan het, het hy my liefgehad met `n krag, wat ek nouliks kon begryp. Toe ek egter die erfgenaam geword het van `n groot vermoë, was dit vir hom afgeloop! Nie net uiter hy geen vreugde daaroor nie, maar hy vererg hom reëlmatig daaroor en sê my dikwels in my gesig: "Jou geld sal `n vloek, en geen seën vir die huis bring nie!" Dink u, hoogheid na oor my situasie en oordeel u dan of ek wel so `n infame sondares is, soos u en u aangenome seun nou meen!"
|
|
|
|
|