Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Toets vir Robert se vriende met betrekking tot hulle liefde vir die vrou. Goeie beantwoording deur Jellinek en Messenhauser.

58 Na hierdie woorde van Jellinek gaan Robert dadelik na die bekende agterste gedeelte van die kamer, waar die vier-en-twintig danseresse hulle nou agter `n gordyn bevind. Daar aangekom, skuif hy die gordyn oop en sê aan die rustige, wagtende danseresse: Wel nou, my dierbares, dit is tyd vir julle. Kom dus na vore en maak galante bewegings voor die drie gaste. Maar doen julle bes en doen die huis geen skade aan nie!"

[2] Die danseresse doen dadelik wat Robert van hulle verlang. Maar voor hulle die eerste dansies gedoen het, sê die eerste vir Robert: "Ons vra net, dat jy ons nie kwalik sal neem as ons deur ons merkwaardige weelderige gestalte enigsins gevaarlik sou kan word nie! As jy dit vroeër sien aankom, dan sal dit vir ons beter wees, dat jy ons nie voor die nuwe gaste sou laat optree nie. Want dit sal ons baie spyt as ons kwaad sou aanrig, omdat ons nou werklik iets goeds wil doen!"

[3] Robert sê: "Liewe susters, wat julle nou sê, doen my hart goed, want daaruit neem ek waar dat julle `n goeie en suiwer ingesteldheid het! Maar julle hoef nie te vrees nie. Want my beste vriende daar, en ek ook, sal daarvoor sorg dat julle die gaste, en die gaste aan julle, nie die geringste skade sal berokken nie; Tree dus maar dapper en onverskrokke op; want julle sal deur julle dans by die drie gaste niks slegs of gevaarlik, maar slegs goed en prysenswaardig bewerkstellig.

[4] Toe die danseresse hierdie versekering kry, kom hulle vinnig na die voorste, verligte gedeelte van die kamer en begin dadelik in die allervriendelikste houding hulle kuns deur allerlei sierlike bewegings te vertoon. Robert, wat hom weer by die drie vriende gevoeg het, vra skielik aan Jellinek: "Wel broer, hoe beval ons huis se danseresse jou? Het jy al iets volmaakter op aarde gesien?"

[5] Jellinek bekyk die danseresse met groot aandag en sê met `n diep sug daarop: "Ag broer, ek kan niks daaraan doen nie, maar by die sien van so `n voorstelling het ek altyd dieselfde gevoel! Ek moet eerlik aan jou beken dat ek nooit `n egte plesier daaraan beleef het nie! Inteendeel, ek was daarby steeds vervul van `n sekere gevoel van weemoed en het dan die teater baie sonderling gestem verlaat. Op aarde het ek dikwels aan die eienaardige gebeure in my gemoed gedink. Maar ek was nooit in staat om `n verklaring daarvoor te vind nie! Maar nou gaan daar baie duidelik vir my `n lig op, en dit verheug my meer as al hierdie danskuns­voorstellinge. Die oorsaak lê in die volslae nutteloosheid van die gedoe met arms en bene. Sê eers, watter nut kan mens ooit met hierdie kuns beoog? Volgens my nie die allerminste nie! Alle ander kunste, die musiek, die digkuns, en die skilder- en beeldhoukuns, kan in hulle suiwer en waardige vorm vir die menslike gemoed van wesenlike nut wees. En wel, omdat dit die hart kalmeer en veredel, en sodoende dikwels `n rou mens tot `n sagmoedige en gevoelige mens kan opvoed, en `n ware liefde in sy hart opwek. Ook al laat ons hierdie danskuns nog `n suiwerder en waardige rigting inslaan, tog sal dit meestal slegs onsuiwer gevoelens in `n siel opgewek. Die natuur van byna elke man word na een so `n uitvoering steeds meer sinliker en begeriger.

[6] Ek dink dat hierdie aangevoerde rede van my beslis die aandag verdien, alhoewel dit nie die eintlike bron was van die neerslagtigheid wat my steeds na sulke voorstellings oorval het nie. Die eintlike bron van my gevoelens na sulke kunsuitinge was waar­skynlik die gedagte, dat ek so `n welgevormde danseres, soos deur `n magiese toneelkyker, as `n gevalle engel gesien het!

[7] Hoe dikwels het ek dan vir myself gesê: Wat sou jy vir my hart kan beteken? Maar as gevalle engel besef jy nooit die waarde van `n hart wat jou so graag uit die slyk waarin jy gesink het, weer sou wil verhef tot werklike engel nie. Die Mammon van die wêreld is nou jou god. En blindelings vertrap jy jou eie hart met voete, waarmee jy slegs die brutaalste ontug prikkel. Wat kan die harte jou skeel waarin jou betowerende voete by elke stap giftige pyle geslinger het?"

[8] Sulke gedagtes het ek steeds met my saamgedra en dit stem my siel vreemd trietsig! Het ek dan nie gelyk as ek so dink nie? Noudat ek so dink hier, moet jy jou eers afvra, of hierdie danseresse volgens jou, wat nou gelukkig hulle uitvoering beëindig het, ooit vir my gevaarlik kan word? Vir my is hulle in dié situasie wel die allerminste gevaarlik en ewemin vir my allerbeste vriend hier, wat my woorde sigbaar ontroerd aangehoor het. Dus kan ek jou, vriend Blum, die volle versekering gee dat al hierdie vier-en-twintig kunstenaresse, met inbegrip van hulle agt-en-veertig mooi voetjies nie die minste afbreuk gedoen het aan my liefde vir Jesus nie! Inteendeel, dit het nou my heilig geworde liefde net meer versterk! Want kyk, ek het nou opreg medelye met hierdie gevalle engele. En as dit vir my moontlik sal wees om hulle vanuit hulle lae posisie te verhef tot ware mense, dan sou ek my lewe daarvoor gee! Maar genoeg hieroor! Sê julle twee, Messenhauser en Becher, nou ook eers, hoe hierdie spektakel julle geval het?"

[9] Beide sê: "Nou, nou, so…heeltemal nie sleg nie! Maar oor die geheel kom dit tog wel komies voor. Op aarde is dergelike eksentrisiteite van menslike domheid baie verdraaglik. Maar hier in die ryk van die geeste is sulke dwalinge van die menslike strewe wel `n bietjie eienaardig! Stel jou voor, dat ons nou weer na die aarde sou terugkeer en ons vriende daar kon vertel, dat ons nou net `n hemelse ballet bygewoon het! Nou, daardie gelag sou ons graag wil hoor! Maar sê nou eers, hoe jy eintlik op die kranksinnige idee gekom het om in die ryk van die geeste `n soort harem van `n paar dosyn balletdanseresse van die suiwerste water tevoorskyn te bring? Het jy hulle dan formeel in diens geneem? Of is dit die hemel van die nuwe-katolieke? Kom, gaan nou tog gou met jou nuwe-katolieke engeltjies! Bring ons liewer nog so `n fles van die laaste wyn! Daarvan is één druppel meer werd as al die agt-en-veertig voetjies bymekaar." Robert glimlag daarop en gaan haal die tweede fles!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205