|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Op ontdekkingsreis. Die Heer en Robert kom op.
55 Die drie staan van die tafel af op en gaan behoedsaam na die oopstaande deur. Hier ontdek hulle, soos uit `n slaap ontwakend, dat daar, behalwe hulle woonkamer, nog `n groter en veel mooier kamer is. Enkele treë van die deur bly hulle staan en kyk na links en regs of daar êrens iets besonders te ontdek is. Want hulle durf nog nie heeltemal by die deur kom nie, omdat hulle nie weet wie of wat hulle daar sou kan teëkom nie.
[2] Nadat hulle die kamer, waar Ek My met Robert, `n entjie van die deur verwyderd, bevind en waar die vier-en-twintig danseresse ook op die agtergrond bymekaar staan, `n tydlank voldoende geïnspekteer het en niks verdag daar ontdek het nie, sê Jellinek saggies:
[3] "Vriende, ek ontdek glad niks gevaarlik in hierdie voorkamer nie. Inteendeel, ek sien daar in die hoek `n tafel, waarop daar `n kristal kraffie staan met baie goed uitsiende wyn en enkele uitnodigende stukke brood daarop. As daar verder geen gevaar dreig nie, dink ek dat ons sonder aarseling daarop kan toeslaan. Dit is blykbaar bedoel om ons beter begrippe en idees oor ons geestelike bestaan by te bring as die, waarmee ons tot nou toe nog mee rondgeloop het! Na my mening kan `n bietjie meer moed ons nie skade aandoen nie. Wat dink julle daarvan?"
[4] Messenhauser sê: "Broer Jellinek, ek is volkome met jou eens. Al moet ek tot my skande erken, dat ek by dergelike ontdekkingstogte altyd liefs die laaste is! Want sou daar moontlik `n regsomkeer gemaak moet word, dan sou ek natuurlik die eerste wees."
[5] Jellinek sê: "Maar beste broer, hoe kry ek die indruk dat jy `n bangbroek is? Hoe kon jy met sulke moed `n leërkommandant geword het. Nou word baie vir my duidelik! Kyk, as jy die leër, in plaas vanuit jou goed bewaakte kommandopos, bevele gegee het in die ope veld teenoor die vyand, wie weet of Wenen dan nie gewonne sou gewees het nie? Maar nou genoeg hieroor. Ek vra jou ter wille van jou eie eer, wees nou geen lafaard nie!
[6] Messenhauser sê: "Maar beste vriend en broer, noudat jy tog so `n heldhaftige Napoleon is, sal dit nie beter wees as jy voor my en Becher so dapper die voorhoede vorm nie? As jy die meeste moed het van ons drie, wees dan so goed om ons aanvoerder te wees. Want ware heldemoed het my gemoed nooit geken nie. Maar wat waar is, is waar, ek was, ondanks my geringe heldemoed, tog nooit baie bang gewees vir die dood nie. En so is dit ook nou. Maar ek voel `n eienaardige vrees vir die voorvertrek, soos kinders wat bang is vir spoke, en `n vrees het vir sommige vertrekke. Dit is werklik iets baie eienaardig, as `n nie onderdrukte voorgevoel van groot gebeurtenisse wat spoedig en seker sal plaasvind. Julle sal wel sien of my gevoel my bedrieg het, wanneer ons ons voete oor die drumpel sal plaas. Dit kom my werklik voor, dat ons dadelik met onverwagte, groot dinge en gebeurtenisse gekonfronteer sal word. En ek hoop dat dit my vreemde gebrek aan moed `n bietjie sal verontskuldig.
[7] Jellinek sê: "ja, my vriend, dit is heelwat anders! Want ook ek word deur `n dergelike gevoel gepla; maar weet jy, dit mag `n groot gees nie hinder nie. As ek die fles wyn en die mooi koringbrood daar langsaan bekyk, en my hongerige maag `n baie duidelike verlange begin kenbaar maak, o, dan sal ek my liewer daar langs die tafel bevind as hier in julle bewende geselskap! Wat hou my eintlik nog hier teë? `n Goeie begin is half gewin! Dus, vooruit maar. Hoera!!"
[8] Dan stap Jellienek moedig op die deur af en wil na die goed voorsiene tafel loop. Maar die oomblik toe hy sy voet oor die drumpel sit, versper Ek en Robert sy weg. Robert sê op sy gewoonlik ietwat bars toon: "Halt, wie gaan daar? Geen stap verder vóórdat jy jou, tesame met jou twee begeleiers, julle bekend gemaak het nie; wie is julle en wat wil julle hier hê?"
[9] Jellienek deins by hierdie onverwagte ontmoeting ietwat terug, maar vermaan hom baie gou, omdat hy Blum dadelik in die vraesteller herken en sê dan verbaas: "O, o, Blum! Robert! Ja, waar, waar was jy tog gewees? Aha, dit is tog sterk. Laat ek jou omarm en kus! Ken jy ons werklik nie? Messenhauser, Becher en ek, Jellinek?"
[10] Robert sê: "Ja, sekerlik, werklik! Julle, my lyding- en lotgenote is julle, in lewende lywe, heeltemal dieselfde as wat julle op aarde was. Ek weet immers lankal dat julle my gaste is hier. Julle weet egter nie dat julle julleself in my huis bevind nie. Julle het julle egter deur `n kinderagtige angs laat bekruip. Kom almal nou welmoedig hierheen en laat ons onsself nou by die tafel met goeie en vrolike dinge besig hou! Broer Messenhauser, en jy broer Becher, kom julle nie oor die drumpel nie?"
[11] Messenhauser en Becher sê tegelyk: Wees duisendmaal gegroet, dierbaarste broer en vriend. Met jou gaan ons ook waarheen jy ons ookal wil bring, en sekerlik na die tafel waarop, vir ons leë mae, `n ryke seën lê!"
[12] Met hierdie woorde kom hulle vol vreugde op Robert af, omarm en kus hom en begewe hulle na die tafel.
|
|
|
|
|