|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Bardo se eiesinnigheid. Die duisendkoppige menigte, in die gees verenig, mag die genade van die Heer ervaar.
118 Die eerste spreker Bardo sê: "Nou dan, in God se naam, ek wil dan toegee, as dit so is; maar dat Niklas geen fyngevoelige gees is nie, moet hy tog ook self insien. Omdat Niklas, as nuwe-katoliek, egter gladnie meer glo in die Heer Jesus nie, hoef hy nie soveel verbeelding te hê nie. Want hy wou van die aarde `n hemel maak en het ons katolieke uitgemaak as dom skape. Maar nou, as gees, sit die goeie Niklas met baie van sy geloofsgenote saam met ons tradisionele katolieke, in dieselfde skuitjie, en daarom hoef Niklas nou juis nie so grof teenoor iemand van ons te wees nie."
[2] `n Bietjie glimlaggend sê Niklas: "Geagte vriend Bardo, neem my nie kwalik as ek te heftig geword het nie, maar ek het dit tenminste goed bedoel, wat niemand kan ontken nie. Sê eers of `n egte katoliek ooit om `n ander rede tot God bid as om iets van God te verkry nie. Elk en iedere vraag is oor iets anders, maar om God die eer te gee, alleen omdat Hy as God die volmaakte wese is, vriend Bardo…my saligheid skenk ek aan `n pousgesinde, as hy ooit onbaatsugtig tot God gebid het! Verbeel jou daarom nie te veel vanweë jou Rooms-Katolieke sagmoedigheid nie! Origens is ek van mening dat ons nou die raad van vriend Bruno opvolg, want ons het nou lank genoeg met mekaar oor onsinnige sake gepraat!"
[3] Bardo sê: "Dit is nie onbelangrik nie, begryp jy dit nie? Want wanneer iemand, by wyse van spreke, iemand `n esel noem, is dit vir my nie belangrik nie?!"
[4] Niklas sê: "Wat dan? As dit jou so vererg, dat ek jou min of meer die waarheid gesê het, dan is dit met my dieselfde, dan is ons mos gelyk. Kyk, sien jy dan nie in dat ons almal baie meer geleë het aan Christus die Heer, as ons wedersydse gekrenkte eer nie. Wat is dan eer sonder God! Daarom, vriend Bardo, geen aardse dommighede meer nie, maar laat ons onsself volgens die raad by Bruno aansluit en Jesus die Heer vra vir lig, genade en erbarming! Ek wil wel voorgaan in die bede, dan spreek julle luid en uit die grond van julle harte agterna, natuurlik as julle wil!" Bardo sê: "Ag, waarom sal ek jou moet napraat? Ek sal tog wel in staat wees om `n gebed te formuleer!" Niklas sê: "Ja, doen dit maar! Ek het niks daarop teë nie! Want elkeen sal weet waar die skoen druk! Ek sal egter tog my bede hard opsê; dit staan elkeen vry om hom daarby aan te sluit of nie!"
[5] Hierop sê die hele duisendkoppige geselskap: "Spreek Niklas, ons sal ons by jou aansluit!"
[6] Bardo sê: "Tog wil ek vir my alleen vra, want ek weet waarvoor." Niklas sê: "Doen wat jy wil, maar ons versoek jou om ons nie te steur nie. Vra daarom in stilte!"
[7] Na hierdie woorde val by almal, behalwe by Bardo, die skille van die oë af. Ekself staan nie ver van die groot vergadertafel af nie, waarom die bekende geselskap versamel is, vlak voor Niklas. Hulle almal durf nouliks op te kyk en is stomverbaas oor die grootte en die prag van die saal, net soos die netjiese voorkoms en skoonheid van die gaste.
[8] Op die oomblik kom Bruno ook vol eerbied na My toe en sê: "O, Heer, U alleen is alle liefde, eer en aanbidding! As `n nuttelose kneg dra ek hierdie skare aan u oor, wat volgens my oortuiging van ganser harte aan U behoort."
[9] Ek sê: "Dit het jy baie goed gedoen! Jou groot geduld en deemoed het die belangrike werk voorbeeldig tot stand gebring. Waarlik, omdat jy jou by jou eerste taak in My ryk so meesterlik gedra het, sal jy spoedig voor `n groter taak geplaas word. Jou vriend Niklas sal jou bystaan, want ook hy het aan die slot van jou bespreking met die duisendkoppige geselskap in belangrike mate daartoe bygedra, dat hulle nou, op één na, wat eiesinnig is, nou gered voor My, hulle God, Heer en Vader staan!
[10] Waarlik, die wen van geeste is die mees seënrykste, en alles het geskied deur `n ware woord en `n wyse leer! Julle het hierdie kudde alleen deur die woord en leer gewen, wat volkome met My wil en leer in ooreenstemming is. Daarom is hierdie kudde nou volkome vry en geen wonderdaad hou hulle harte in `n oordeel gevange nie. Hulle is daarom ook in staat om groter genade te ontvang en dit verheug My werklik baie. Julle loon sal daarom ook baie groot wees!
[11] Al diegene wat vroeër na My toe gekom het, het honger en dors gehad, want hulle kon alleen deur wonderdade en verskynsels na My gebring word, en julle het geen honger nie en niemand, behalwe Bardo, het dors nie. Die rede daarvoor is dat julle almal alleen die woord gevolg het en dit is waar, want dit is volgens My wil!
[12] Bruno en Niklas, gaan julle altwee na Robert, hy sal vir julle nuwe klere gee. Ekself sal egter vir Bardo onder hande neem en hom gee wat hy wil hê…soet of bitter!"
[13] Niklas, baie deemoedig uit liefde en dankbaarheid, sou nog iets wil sê, maar Ek sê vir hom: "Vriend, jy het al gespreek, want Ek verstaan die taal van jou hart. Gaan daarom rustig met Bruno saam na Robert. In die nuwe klere sal ons nog baie met mekaar te spreek en te vereffen hê. So sal dit wees!"
|
|
|
|
|