|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 120
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Klere in die hiernamaals. Seën van die Heer. Blum en sy vriende word gevra om die eetsaal gereed te kry. Hulle wonderlike ervaring
120 Almal gaan nou na Robert toe. Hulle gaan met die hele skare na die goue kas toe, open dit en deel aan almal die nuwe klere uit, wat hulle dadelik aantrek. Daardeur sien almal baie beter uit en word blymoedig gestem.
[2] In die ryk van die geeste bestaan daar egter `n aansienlike verskil tussen hulle, wat deur hulle innerlike kennis, wat deur suiwer liefde tot My gewek word, en hulleself tot My wend, en diegene wat slegs deur wyse onderrig van buiteaf hulleself tot My keer. Die eerstes kry nuwe klere asof van binne-af. Die laasgenoemdes moet egter duidelik hulle ou, aardse kleed uittrek en in die plek daarvan `n nuwe, hemelse kleed, soos van buiteaf aantrek. Hierdie toeligting word gegee, sodat niemand in die vervolg aanstoot sal neem aan die feit dat dit hier en daar in sekere gevalle voorkom, dat sekere geeste plotseling as vanuit homself nuwe klere aanhet, ongeveer soos `n boom in die lente, terwyl die geeste uit sekere tonele merendeels van buiteaf, net asof hulle nog op aarde sou wees, met nuwe klere geklee word.
[3] Ons sien die hele groep nou al met nuwe klere aan voor ons staan. Almal prys My heimlik en sommiges kan My minsaamheid nie diep genoeg bewonder nie. Ander bekyk die aartsvaders en die apostels met `n sekere heilige aanblik aan! Ander weer waag dit baie skugter om `n gesprek aan te knoop met die apostels. Maar Petrus gee hulle almal te kenne dat hulle eers na My toe moet gaan om die beloofde seën te ontvang; daarna sal hulle as vanself in allerlei wysheid ingewy word. Na hierdie aanmoediging haas hulle hulle na My toe, bedank My vir die mooi klere en vra My om die beloofde seën.
[4] Daarop hef Ek My hande op oor almal en sê: "Ontvang almal die beloofde seën ter versterking van julle swak liefde en wysheid, waarsonder dit onmoontlik sal wees om My eintlike hemelryk binne te gaan! Aangesien julle egter My Vaderseën ontvang het, is julle ook nou in staat om `n flink stap voorwaarts te maak in My ryk. Julle het op aarde, wanneer julle julle oë gerig het op die sterre, julle dikwels afgevra wat hierdie sterre, die maan, die son en nog baie ander hemelliggame mag wees. Sommige het dit gedink, ander het dat gedink, en sommige heeltemal niks. Maar dit is nie ter sake nie, want julle almal het die aardse oorwin en staan bly en innerlik versterk voor My, julle God, Vader en Verlosser. As volmaakte kinders het julle nou die reg om in die groot en eindelose baie woninge van julle hemelse Vader binnegelei te word. Berei julle dus goed voor! Want nou eers begin die werklike voorbereiding en inwyding in al die werke wat julle julle hele lewe lank soos versluierde raaisels daagliks voor oë gestaan het!
[5] Die huis waarin julle geval en weer opgestaan het, sal vir julle as gemeenskaplike woning dien, waarin julle My weer almal sal vind, as julle moeg geword het van `n groot omswerwing, en weer wens om te herstel!
[6] Wanneer julle egter deur baie ervaring `n oorvloed aan liefde tot My sou bereik het, dan sal elkeen van julle in sigself, `n geheel by die persoon passende woonhuis vind, wat hy dan geluksalig sal bewoon tot in alle ewigheid.
[7] Omdat julle almal die ervaringstogte in My ryk goed versterk mag begin, sal ons eers almal `n ware lewensmaal tot ons neem. Robert, gaan jy met jou belangrikste broers na die middelste deur aan die suide en maak dit oop; daaragter sal julle `n nuwe saal aantref, waarin julle `n groot aantal tafels en stoele sal aantref. Skuif dit reg en plaas voldoende brood en wyn daarop! Ekself sal dan die gaste in die groot saal van vrede en rus binnelei; daar sal hulle almal versadig word. Doen nou wat Ek julle opgedra het!"
[8] Robert begewe hom nou met die ander vriende na die aangeduide saal, wat baie groot is en van `n groot aantal tafels en stoele voorsien is. Hulle staan nog wanordelik deurmekaar, in ooreenstemming met die gesteldheid van `n gees, wat al wel in besit is van allerlei liefdevolle beginsels, maar dit nog nie georden het nie, waardeur hulle nog onbruikbaar is vir die verskillende goeie doelstellings! Die gees kan nog nie onderskei hoe die volgorde as nommer een, twee, drie, ensovoorts moet wees nie. Om die rede moet die geeste (Robert en sy vriende) nou vooruit gaan om die tafels, wat ooreenkom met die liefdadigheidsbeginsels, te orden. Toe dit georden was, kom Ekself en lei die gaste binne in die goedheids- en liefdadigheidsaal waar hulle die hoëre genade en gawes ook in `n hoëre en suiwerder ordening sal ontvang.
[9] Toe Robert, met sy vriende Messenhauser, Becher, Jellinek, Max Olaf, Dismas, Niklas, Bardo en nog `n paar ander, wat hulle vrywillig aanbied, die baie tafels in taamlike wanorde sien staan, rek sy oë groot en hy sê: "Vriende, ons sal `n geruime tyd nodig hê, voordat alles so gerangskik sal wees soos wat dit moet wees. Dit is baie lastig dat die tafels van verskillende groottes is; enkeles is hoër as die ander, enkeles is weer baie laer, ander is smaller, ander weer korter. Dit word `n aansienlike werk! Ek is `n mooi eienaar van die huis; want ek weet nie eens wat hom nog verder in die huis bevind nie en hoe dit gerangskik moet word nie! O, dit is `n gawe meester van die huis!! Maar wat kan ons daaraan doen? Ons sal maar aan die werk moet spring, en dit so goed ons kan in orde bring!"
[10] Messenhauser sê: "Werklik vreemd! In die vorige saal het ons volkome wys gelyk en hier staan ons weer so dom en toekyk asof ons nie tot twee kan tel nie! Hier gaan dit slegs om die ordelike rangskikking van hierdie tafels, banke en stoele en ons weet nie waar om te begin nie. Watter tafel is nommer een, dit is die belangrikste, watter een nommer twee, en so verder? Hoe kan ons die laer tafels by die wat hoër is plaas, en die smalles by die breës?"
[11] Becher sê: "Vriende, ek wil oral help, maar verlang veral nie `n plan van my nie. Want werklik, in hierdie enorme groot ruimte voel ek my so dom, asof ek nou net uit die moederliggaam gekruip het!" Jellinek sê: "Soos dit vir my so stilletjies aan voorkom, is hierdie saak baie meer betekenisvoller as wat ons onsself kan voorstel. Ek bedoel dat: Die Heer het ons hier in `n lastige ding laat beland! Daar sal vir ons niks oorbly as om na Hom toe te gaan en om van Hom `n goeie plan te vra nie, want ons kan hier `n halwe ewigheid bly tob, maar sal tog op geen manier tot `n resultaat kom nie. Om van duisende tafels en enkele duisende stoele en banke van die mees uiteenlopende groottes by wyse van spreke één harmoniese geheel te maak…daartoe is ons nie in staat nie! Laat ons maar na die Heer om uit te vind oor die korrekte ordening!
[12] Robert sê: "Dan gaan ek self. Bly julle intussen maar hier en bekyk die ander wonderlike kenmerke van die saal!"
[13] Na hierdie woorde keer Robert terug na die vorige saal en trek sy oë oopgesper wanneer hy hier geen menslike siel vind nie! Die inrigting, deure, mure, wande, en vensters is presies dieselfde as voorheen, maar daar is geen geluid, van waar dan ook, te hoor nie! Robert kyk deur die vensters na buite, maar sien niemand nie. Hy maak ander deure oop, maar daar is nêrens iemand of iets te bespeur waarna hy soek nie. Hy gaan selfs na buite die binneplaas op, maar nêrens beweeg iets nie. Wanneer hy, ondanks al sy soeke en geroep, niks vind nie, gaan hy weer bedroef terug, waar hy sy vriende nie minder bedroef aantref nie!
[14] Robert sê: "Goddank dat ek julle tenminste nog hier aantref, want die saal buite is so leeg en deur almal verlate, soos die noordpool op aarde! Geen Heer en geen ander wese is nog êrens aanwesig nie, ook nie in die aangrensende vertrekke wat ek deursoek het nie. Deur so-iets sal enige ewewigtige gees uit sy lotjie geslaan word! Wat `n hopelose geskiedenis. Wat doen ons nou?
[15] Jellinek sê verbaas: "Dit is vir my ook snaaks! Maar in Godsnaam, dit is nou eenmaal so! Laat ons nou maar begin om hierdie tafels so goed as moontlik te rangskik! As hulle op hulle plekke staan en voorsien is van brood en wyn, sal ons sien of ons gefop was!"
[16] Robert roep vir Max Olaf en sê: "Broer, jy was op aarde tog `n seeman, ingenieur en landmeter gewees, daarom sou jy ook die beste in staat moet wees om hierdie tafels en banke goed te orden. Gaan neem die saak eers goed in oënskou, want daar bly nou niks anders oor as wat die Heer ons opgedra het nie; ons broer Jellinek dink ook so daaroor."
[17] Max Olaf sê: "Geen God kan van iemand meer verlang as waartoe hy in staat is nie. Daarom sal ons dadelik aan die werk spring met die orden van die tafels. Die groottes, van dieselfde hoogte en breedte, skuif ons voor in die saal teen mekaar aan; hier teenaan die wat laer en smaller is, ensovoorts, in die volgorde. Die geheel gee ons die vorm van `n lang reghoek, of miskien ook van `n kruis, wat eintlik nog meer aan ons situasie beantwoord, omdat ons aan die werk is aan `n egte kruis! Op dieselfde manier gaan ons met die banke en stoele te werk. Het ons die werk voltooi, sal ons sien of die Heer sal kom, soos Hy beloof het. Kom Hy egter nie, dan gaan ons ook na buite en soek ons geselskap op in alle hoeke van die wêreld. Laat ons nou in Godsnaam begin met die ordening van hierdie saak!
[18] Almal is dit eens met die plan van Max Olaf en gaan dadelik aan die werk. Na `n kort tydjie staan die tafels, banke en stoele opgestel in die vorm van `n kruis. Robert open daarop verskeie kaste, wat almal gevul was met brood in die gebruiklike ronde vorm en die wyn in bekers, voorsien van goue deksels. Robert voorsien nou die tafels met behulp van sy vriende van brood en wyn.
[19] Toe hierdie taak volbring was, sê Robert: "Heer, U wat alwetend is, sien nou seker dat ons die opgedragte taak na die beste van ons vermoë en getrou moontlik volbring het. U het ons beloof om dadelik met die gaste hierheen te kom en ons almal vir hoër hemelse take te versterk en te seën. O, kom tog na ons toe, want dit is vir ons baie moeilik om U alles lewend- en saligmakende aanwesigheid te mis!"
[20] Daarop sê al die ander dieselfde, maar niemand hoor êrens `n geluid of `n ander stem nie. Dit bring ons tafelrangskikkers nie van hulle wysie nie. Hulle wag `n geruime tyd baie geduldig.
[21] As daar ondanks die gewag, niemand tevoorskyn kom nie, sê Robert: "Dit is werklik vreemd. Sou die Heer ons wil beproef, of het ons onsself êrens skuldig gemaak? Of is hierdie lang geskiedenis sedert ons aankoms hier in hierdie wêreld maar net `n droom? Werklik vreemd! Maar wat doen ons nou? Kom nader, beste vriende, gee raad of maak `n goeie voorstel, of anders gaan hierdie saak wanhopig daar uitsien!
|
|
|
|
|