|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 135
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Geheimsinnige wenke aan die ongelukkiges. Waanidees van die graaf word deur die meedoënlose gehekel. Hongaarse politiek van die tyd.
135 Na hierdie woorde hoor almal duidelik die woorde, "Hierdie oproep is vir julle bestem, ongelowiges van die eerste uur!"
[2] Die graaf skrik behoorlik vir hierdie oproep en die Fransiskaan sê: "Nou weet ons presies vir wie dit bedoel is! Het meneer die graaf nou nog beswaar daarteen om hom tot Jesus, die Gekruisigde, te wend? "
[3] Die graaf sê: "Wat die ander sal doen, sal ek in Godsnaam ook doen. Maar vra dit ook aan die ander. Ek het slegs dit daarby te voeg, dat ons ons gesonde verstand nie moet laat inruil vir die sogenaamde Christelike deemoed nie. Wanneer daar onder die heerskappy van Christus ook grawe en vorste sal wees, dan is dit: "Heil Christus!" As dit egter nie die geval is nie, dan is dit: "Adieu Christus!" Want dit sou ook iets wees as ons hier in hierdie wêreld aan een of ander hemelse verwaande vent eer sou moet bewys, of selfs stewels sou moet poets!"
[4] Na hierdie woorde van die graaf klink die woorde opnuut: "Hier is nóg grawe, nóg vorste! Slegs één is die Heer, al die ander is egter broers en susters!;
[5] Daarop sê die Fransiskaan vir die graaf: "Wel, heer graaf, dit is tog duidelike taal. Dit kom my voor, asof die treffende antwoord vir u alleen bestem is, omdat u in hierdie geesteswêreld nog `n graaf of `n vors wil wees. Hoe kan `n mens as gees nog `n voorliefde vir `n uniform hê, waarin `n mens smadelik op aarde tereggestel was? Nee, ek gee werklik niks om vir hierdie beredenering nie. Wat het u nou daaraan, dat u op aarde een van die mees vooraanstaande magnate van Hongarye was? As u `n gewone varkoppasser was, dan sou u nou miskien nog agter `n goeie glas wyn en `n goeie skottel ghoelasj gesit het, maar nou sit u hier dieselfde droewige gesig op as ek en is u nou met u grawetitel so arm soos `n luis! Het u nooit gehoor dat die bliksem die inherente eienskap het om eerste die hoogste voorwerp te slaan en dat hy die laere eers aanraak as dit hom naby die hoëre bevind, soos byvoorbeeld, osse onder `n hoë boom? "
[6] Die graaf sê: "Dit lyk my dat jy toespelinge maak op my! Weet u, dat ek ook nie hier met so-iets gediend is nie? Want `n Bathianyi is en bly `n Bathianyi, ook in die geesteswêreld!"
[7] Die Fransiskaan sê: "Waarskynlik meer uit verstandelike oorweging! Ek wens u baie geluk en daarby mooiweer toe, heer graaf! Bly u maar hier in die geesteswêreld, maar by u Magjaarse* suiwer graweverstand, wat u op aarde na die galg gebring het. Wie weet welke mooi, gehoringde onderskeiding u nie daarvoor sal ontvang nie!" *(hoof etniese groep in Hongarye)
[8] Die graaf sê boos: "Hou u mond, anders vergryp ek my nog aan u! As u iets vir my te sê het, praat dan soos dit hoort. Laat dit maar agterweë om my te verneuk, anders sal u ondervind dat `n graaf Bathianyi nog nie opgehou het om `n graaf te wees nie. Begryp u dit, dom grootbek?"
[9] Die Fransiskaan sê: "Takel my dan dadelik en u sal u daarvan oortuig, dat `n graaf Bathianyi hier heeltemal niks kan vermag nie! Watse krag het so `n gees dan? Wanneer was die domheid ooit sterk en magtig gewees? Ek sê vir u, solank die wêreld bestaan, nog nooit! U is egter dom en daardeur ook in elke opsig baie swak, omdat u beledig is deur wat ek u suiwer vir u eie beswil gesê het! Op aarde het u eweneens laat sien, dat u besonder dom was, want as u verstandig sou gewees het, dan sou u gehandel het soos hulle wat nog op die regte oomblik gevlug het. U het u soos `n onnosele haas laat vang en baie heldhaftig laat doodskiet. Sê u my eers, of u dit slim kan noem?"
[10] Die graaf sê: "Wie die skade het, kry gewoonlik ook nog die skande! As u dan so `n buitengewone skrander kêrel is, waarom het u uself dan ook laat ophang? Ek dink, wanneer volgens u definisie, sterkte gelyk met wysheid tred hou, dan moet u tog ook een van die allersterkste wees!"
[11] Die Fransiskaan sê: "Ek trek my niks aan van u minsame opmerking nie, want aan die egte Magjaarse domheid het dit my, self `n klein edelmannetjie, nooit ontbreek nie. By my was dit net so, dat ek jammer genoeg enkele wenke te laat ingesien het, hoe dit daar in Hongarye gestaan het. Toe staan daar al oral galge en die kanonne en lanse word opgestel. Vriend, toe kon my nuwe verworwe insigte my nie meer help en `n uitweg bied nie. Maar by u lê die saak heeltemal anders. U kon op u vingers nareken hoe die geskiedenis ten slotte sou afloop. Maar nee, u eg Magjaarse aristokratiese wysheid fluister u in die oor: Oorwin of sterwe! Wat het u nou aan u heldedood aan die galg? Miskien sal enkele vriende in Noord-Amerika vir u `n gedenksuil oprig, maar in die wêreldgeskiedenis sal u by 1848 `n armsalige plekkie inneem. Dit sal dan al wees wat u vir u heldedood op aarde kan verwag!"
[12] Die graaf sê: "Ek word deur miljoene betreur. Miljoene sien die skreeuende onreg in, wat die mense my aangedoen het en verwens Oostenryk na die duiwel! Is dit dalk niks?" Die Fransiskaan sê: "Ja, ja, dit klink heeltemal mooi en romanties. Miskien skryf `n Fransman `n treurspel daaroor, maar ons, die eintlike helde, leef hier ellendig voort en die vraag daarby is: Wat baat dit ons vir die ewigheid?
[13] Daarom is dit hier `n saak om nie in die domheid te bly vassteek nie, maar met `n dankbare hart aan te neem wat ons aangebied word. Dan sal ons makliker vergeet wat ons op aarde vir ons inspanning gekry het. Ek dink dat dit tog wel duidelik genoeg sal wees!"
[14] Die graaf sê: "Ja, lei ons nie in versoeking nie!"…heet dit êrens in `n sekere…ja, ja, Hmm…hoe gaan die gebed ook weer? Hmm, dit skiet my nie meer te binne nie. Hoe dit ookal gaan, dit staan nou maar eenmaal so; daarom sê ek nou ook: "lei ons nie in versoeking nie!"
[15] Die Fransiskaan sê: "Wat basel u nou oor die "lei ons nie in versoeking nie?" Ek begryp dit absoluut nie, want dit slaan tog op my redenering soos `n tang op `n vark. Ek vra u, verklaar dit ietwat van naderby, as dit moontlik sou wees."
[16] Die graaf sê: "Dom kletsmajoor! Laat my tog toe om my uit te spreek. Ek het u tog nie in die rede geval nie, toe u so pas my ore van my kop af geklets het nie." Die Fransiskaan sê: "Vererg uself nie en gaan maar verder met u manier van praat, anders kom ons nooit tot `n einde nie."
[17] "Hierdie beeldspraak wil soveel sê as: U wil my op `n mooi manier my titel as graaf ontneem, Dit is daarom `n versoeking, omdat u my en iedereen wil ruïneer. Maar niks daarvan nie! Graaf Bathianyi staan vas!" Die Fransiskaan by homself: "…soos `n esel!.. Die graaf: "Begryp u dit nou?"
[18] Die Fransiskaan sê: "O, baie goed en baie duidelik! Eerlik gesê, heer graaf, u groot aristokratiese domheid het u by die galg gebring! Was u maar `n klein bietjie wyser gewees, dan sou u aardse huis nooit so `n smaad oorgekom het nie. U moet egter nou insien, dat die wêreld, met al haar gefundeerde regte, vir u, net soos vir ons almal, vir ewig verlore is. Wat wil u vervolgens van haar hê? Bowendien weier u tot ergernis van ons hele geselskap om die, deur Jesus Christus aangebode hulp, aan te neem, behalwe wanneer Hy u ook hier in die geesteswêreld as graaf Bathianyi sou erken. Dink tog daaroor na en praat dan vasbeslote, maar nie as magnaat van Hongarye nie, maar as `n hulpbehoewende mens, soos wat ons almal dit is!"
|
|
|
|
|