Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Olaf se versoek vir sy vriende. Die belofte wat die Heer aan hom maak. Mensesiele-visvangs. Die koppige Patetikus.

75 Na hierdie woorde begeef Max Olaf hom na dadelik na My toe, buig diep en sê: "Hooggeagte, wyse en seker ook liefdevolle vriend, van al dit wat daar tydens my aanwesigheid hier as wonderlike gebeurtenisse voorgeval het, het niks my ontgaan nie! Maar daarby het ek ook gemerk, dat alles alleen maar van u afhanklik is. U skyn, tenminste hier in die huis, die grondslag van alles te wees. Dit lyk ook, of dit hier alleen van u afhang of iemand gelukkig of ongelukkig sal word. Wie u gewen het, die het, so kom dit my voor, alles gewen. Vertrouend op u klaarblyklike goedheid is ek, miskien die onwaardigste van almal, so vry om uit die grond van my hart te vra, om aan die drie daar, naamlik twee manne en een armsalige vrou, u genade, u liefde en vriendskap te wil skenk. Daar kleef aan hulle, en ook aan my, nog menige aardse onreinheid en laste, wat in hierdie geesteswêreld nouliks te gebruik sal wees. Maar ons is almal, sowaar as God leef, met `n goeie wil besiel en sal met alle krag probeer om aan te vul wat ons nog ontbreek, om ons daardeur u genade waardiger te maak!"

[2] Ek sê: "Beste vriend en broer, gaan heen en bring hulle na My toe. Want waar is daar `n vader wat sy oor en hart sal afsluit vir iemand wat om genade smeek vir sy kinders? Kyk, dit sou selfs die strengste vader op aarde nie doen nie; des te minder Ek, omdat in My tog die volheid van die liefde van die hemelse Vader liggaamlik woon. Haas jou dus en bring almal hier, wat na My verlang!"

[3] Vol diep vreugde sê Max Olaf: "O, vriend, ek weet dit immers, dat ek nie tevergeefs na u toe sou gegaan het nie! Ek dank u al by voorbaat namens almal, want ek sien al trane van vreugde by hulle! O, dank u, dank u wel!"

[4] Ek sê: "Maar My beste vriend en broer, Ek het steeds gewag of jy vir jouself ook iets sou wil vra, maar iets dergeliks kom nie tevoorskyn nie. Wil jy dan ook nie heelwat gelukkiger word as wat jy nou is nie?"

[5] Olaf sê: "O, hemelse goeie vriend, kyk, dit is by my so gesteld, dat ek gelukkig is as ek die geluk sien van die wat my na aan die hart lê! Op aarde was dit ook nie anders nie! Ek het steeds daarvan vergeet om vir myself te sorg, omdat die welsyn van ander my alleen ter harte gelê het. Daarom vriend, moet u my dit nie kwalik neem, dat ek u alleen vir ander om genade vra nie. Ek vergeet daarby myself, asof ek die genade minder nodig sou hê as hulle, vir wie ek dit gevra het. O, ek het dit ook baie nodig, maar wil graag wag, sodat ek eers die ander gelukkig kan sien."

[6] Ek sê: "Luister, beste vriend en broer. Ek weet goed hoe dit met jou hart gesteld is, en hoe dit harmonies op Myne afgestem is. Ek vra jou nie asof Ek dit nie weet nie, maar om jou hart voor te berei op iets wat jy nog nie in staat is om op te vat nie. Maar Ekself sal jou daarvoor geskik maak! Gaan nou en bring hulle, oor wie dit in jou hart gaan, hier! Laat jou hart ook nog na ander uitgaan, want Ek sê vir jou, alleen die wat jy na My toe sal bring, sal aangeneem word. Begryp jy dit? Ja, ja, jy begryp dit!"

[7] Max Olaf buig weer diep voor My en keer na sy mense terug. Wanneer hy by sy metgeselle kom, wat vol verlange op hom wag, vra die baron hom dadelik hoe hy deur My ontvang was met sy versoek.

[8] Max Olaf sê: "Beste vriende, ek sê julle: Voortreflik! Nie net julle nie, maar almal wat hulle by ons wil aansluit, sal deur hom aangeneem word. Laat ons daarom eers bietjie rondkyk tussen die menigte of daar dalk iemand te vinde is wat hom by ons wil voeg."

[9] Die baron sê: "Og vriend kyk, daar vlak agter Emma staan nog `n paar vroulike wesens; dit is my twee oudste dogters. En agter hulle staan hulle eggenotes en langs hulle nog `n paar troue bediendes…miskien word hulle ook aangeneem as hulle saam met ons sou gaan! Max Olaf sê: "Laat hulle maar hier kom! Wie met ons saamgaan, word aangeneem, want ek het sy goddelike woord daarvoor. Maar ons moet kyk om meer te vind."

[10] Die Patetikus sê: "Luister vriend, ek ken wel `n manier! Ons gaan na die menigte wat meer aan ons bekend is en doen `n algemene oproep op hulle. Wie hulle daarvolgens sal rig, sal ons ook volg. Wie nie wil nie, moet maar agterbly! Lyk my ons moet niemand dwing nie!"

[11] Max Olaf sê: "Van dwang is daar geen sprake nie. Maar ons moet goed aan hulle uitlê, waarom ons dit vir hulle eie beswil van hulle verlang! `n Behoorlike uitleg sal verseker geen dwang wees nie!? Die Patetikus sê: "Hoe `n mens die saak ookal aanpak, `n behoorlike uitleg sal nie veel effek hê nie, maar `n goed gemotiveerde is ewegoed `n vorm van dwang as elke ander mag! Die wil van so `n oorredende bepraat van iemand is dan geen vrye wil meer nie!"

[12] Max Olaf sê: "Vriend, nou soek jy dit wel baie ver! Wanneer mens alles dwang wil noem, waardeur mense op ander idees, begrippe en besluite gebring word, dan sal al die onderrig verbied moet word. Want deur die onderwys word die leerling, wat tog ook met `n vrye gees begifdigde mens is, tot ander begrippe gebring, waardeur sy oorspronklike suiwer sinlike wil `n geheel teenoorgestelde rigting kry. Ek vind dat dit iets baie goed is! Wanneer die menslike gees deur die noodsaaklike onderwys eers tot sy ware vryheid kan kom, dan sien ek nie heeltemal in, hoe in die eintlike ryk van die gees, `n leersame verklaring `n gevaar sou kan wees vir die vrye wil van die mens nie. Wees daarom nie bekommerd nie, beste vriend! As iets daaraan verkeerd sou wees, sal ek dit wel verantwoord teenoor hom, wat my sy goddelike woord daartoe gegee het. Ek gaan nou dadelik aan die werk en gaan my troue "woordenet" uitwerp tussen die visse. Vang ek iets, dan sal dit goed wees. Vang ek egter niks, dan moet dit ook maar goed wees!"

[13] Met die woorde begeef Max Olaf hom tussen die menigte en spreek `n wel gekose woord. `n Twintigtal sluit by hom aan, terwyl die ander morrend sê: "Nou, as ons daarheen wil gaan, sal ons self die pad daarheen vind! Ons het geen praatjiesmaker daarvoor nodig nie!"

[14] Max Olaf keer dadelik met sy vangs na sy mense terug en sê vol vreugde: "Kyk net, vriende, my visvangs het goed verloop! Nou gaan ons ook dadelik na Hom toe, wat ons almal kan en wil help! Want daarvoor het ek Sy goddelike woord!"

[15] Die Patetikus sê: "Maar ek begryp nie dat u, beste vriend, maar steeds oor sy "goddelike woord" spreek nie! Hoe kan `n mensegees, al is hy hoe volmaak, `n goddelike woord hê en gee? Of beskou u hom dalk werklik as `n soort Apollo?

[16] Max Olaf sê: "Ja, ek sê dit sonder skroom vir jou: Of Hy, of anders niemand nie! Sy, aan my gerigte diepsinnige woorde val by my nie op die sand nie, maar in die diepte van my hart. En dit sê my nou steeds: "Hy, en in ewigheid niemand anders nie! Begryp jy die krag," vra my hart my. En my gees antwoord: "Ja, my hart! Die een wat jy liefhet, dit is Hy, en behalwe Hom, is daar geen ander nie!" Maar nou genoeg hieroor! Laat ons op die pad wees na Hom toe! Heil julle, wat my volg!!"

[17] Die Patetikus sê vinnig: "Ek moet jou werklik om vergewing vra, my anders seer geagte vriend! By hierdie veronderstelling kan ek u nie volg nie! `n Mens vir die enige God aansien! Werklik, dit is vir my te kras! Ek het niks op sy wysheid en sy innerlike wilskrag aan te merk nie, en ewemin op sy goedheid. Want die Lechenfeldse ontwikkel haar verbasend onder die invloed van sy goedheid. Maar dat u hom as ons Godheid aandui, daarteen moet ek protesteer. In Moses staan: "Jy sal in één God glo" en verder: "Niemand kan God sien en in die lewe bly nie, want God is `n verterende vuur!" En luister verder wat die wyse Judeër Jesus, wat u ook as `n God beskou, self êrens gesê het, ek meen by Johannes; Hy het gesê: "Niemand het ooit die Godheid gesien nie. Maar wie Sy woorde hoor, dit sal aanneem en daarvolgens handel, hy sal daardeur die Gees van God in homself opneem, en Hy sal in hom woon!" Sien u, ook ek is taamlik vertroud met die Bybel, maar daar staan nêrens dat `n mensegees, ook al is hy uit God, daardeur ook die allerhoogste, in die ewige ontoeganklike lig wonende Godwese self sou wees nie! En omdat u, my allerdierbaarste vriend, dit skyn te beweer van hom wat die Lechenfeldse so mooi gemaak het, kan ek egter nie met u saamgaan nie!"

[18] Max Olaf sê: "Beste vriend, doen maar wat u wil! U het al self teen dwang geprotesteer en daarom sal ek u in die vervolg ook nie meer tot wat dan ook probeer oorreed nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205