|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 46
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Robert doen navraag na drie aardse strydmakkers. `n Beeld van die sielstoestand van hierdie "vriende van die volk". Robert se aanmaning vir vreedsame vergewing
46 Robert sê: "Ek weet goed dat my gepraat julle goed beval. Bly steeds soos wat julle nou is en behou `n gevoelige en meelewende hart, dan sal julle nie veel moeite hê met die bereik van die Godgestelde doel nie!
[2] Maar nou nog iets anders, beste vriende: Sê my eers, waar is ons drie aardse strydgenote Messenhauser, Jellinek, en Dr. Becher.* Ek het julle nou al etlike kere een vir een oplettend bekyk, maar van die drie kan ek helaas, nie een opmerk nie. Het julle hulle dalk êrens in hierdie wêreld agtergelaat? Vertel my iets daaroor, as julle kan. Daarna wil ek die huis dadelik met my vriend binnegaan. *(Caesar Wensel Messenhauer, Oostenrykse offisier en skrywer, kommandant van die Nasionale Garde tydens die Oktober opstand in Wenen in 1848. Jellinek, en Alfred Julius Becher, Weense demokrate en strydmakkers van Robert Blum tydens die Oktober opstand. Almal is in November 1848 standregtelik voor `n vuurpeloton doodgeskiet op bevel van vors Windischgrätz.)
[3] Enkeles uit die menigte sê: "O vriend, hoe kan jy oor hierdie drie aartstommerikke vra? Hulle is nie by ons nie. Ons sou hulle ook nie aanraai om onder ons oë te kom nie! Ons sou hulle wel op `n aparte manier duidelik maak, hoe dit hier in die geestewêreld uitsien!
[4] Glo jy dan dat hulle dit eerlik met ons bedoel het soos jy? Kyk, hierdie drie, wat hulle dikwels so gedra het, dat hulle die hele wêreld om hulle vinger kon draai, het dit maar net oor aardse gewin gedoen! As hulle met hulle volgepropte geldbeurse ongemerk kon uitgewyk het na Switserland, of êrens anders, dan kon alle honde en varke in Wenen ons verslind het, sonder dat hulle hulle iets daarvan sou aangetrek het! Maar hulle snode plan het nie geslaag nie! En daarom gebeur dit ten slotte: "Saam gesteel, saam gehang!"
[5] Ons wil dit trouens van die laaste twee nie met sekerheid beweer nie. Maar Messenhauser het die kuns verstaan om hom baie misbaar te maak en sy sakke daardeur te vul. Het hy ons nie die ammunisie weerhou en die dapper verdedigers van Wenen juis daarheen gestuur, waar die minste gevaar was nie? Maar waar die vyand opgeduik het, het hy hulle vrye deurgang gegee! O, dit was `n mooi heerskappy! Waarskynlik het hy by homself gedink: Die dom Weners beskou my as hulle redder en wil wel `n veertjie laat. Maar nou lewer ek hulle almal uit aan Windischrätz, dan sal hy my ook `n aardige verklikkersloontjie laat toekom? Maar mis geskiet, heer Messenhauser! Die veldmaarskalk laat nie met hom spot nie, en maak toe korte mette van Messenhauser en stuur hom per spoedpos hierheen! Nou is hy ook êrens hier, maar waar? Dit sal God se engele beter weet as ons! Goddank, by ons is hy nie!
[6] En ook bevind Jellinek en Dr. Becker hulle nie in ons midde nie, waaroor ons baie bly is. Ons het weliswaar niks besonders om oor hulle te vertel nie, behalwe dan, dat hulle met hulle ganspenne nog erger geskerm het as die veldmaarskalk met sy kanonne. Ook is beide goed met die tongriem gesny, waartoe hulle baie daartoe gebring het, wat hulle ten slotte met hulle ontdekkingsreis na hierdie geesteswêreld begewe het. Enkeles wat hierdie reis deur die ywer van Jellinek en Becher moes onderneem, bevind hulle wel hier onder ons, maar hulle weet ewe weinig van hulle as ons.
[7] Nou doen hulle trouens nie veel meer aan ons nie, omdat dit nou blyk dat ons na die dood verder lewe. Maar sou ons die skurke trio êrens ontmoet, dan sou ons hulle wel weer eg op Weense wyse `n les leer! Nou is ons egter bly dat ons die miserabele aardse lewe vir ewig agter die rug het; `n lewe waaroor geen eerlike vent mag treur nie. Maar weet jy, dit pla ons tog wel, as ons dink aan die gewetenloosheid van die skurke, wat ons goeie vertroue so smadelik misbruik het!
[8] Maar nou is alles om`t ewe. God sal hulle wel gee wat hulle verdien het. Hoe hulle op aarde was, sal Hy tog wel beter weet as ons, omdat Hy eerder met Messenhauser gesprekke moet hê as met ons, arme drommels. En hiermee het ons nou alles gesê wat ons weet."
[9] Robert sê: "Beste vriende, weliswaar vind ek dit jammer dat hierdie drie nie by julle is nie, maar ek sê vir julle: Weerhou julle hier in die ryk van ewige vrede en liefde van iedere oordeel, en dit sluit elkeen in. Want ons kan nooit iemand iets gee wat ons nie eers ontvang het nie. En sodoende kan ons diegene, wat dit van ons afgeneem het, ook nie beoordeel, asof hulle ons beroof het van iets wat streng ons eiendom was nie, maar alleen so, asof hulle van ons geleen het, wat ons self eers as tydelike lening ontvang het. Die Groot Eienaar, wat alleen die ware regter is oor alles wat alleen aan Hom toebehoort, sal wel die korrekte oordeel vel!
[10] Ons wil van nou af aan handel soos Christus, die Heer geleer het! Naamlik: Ons wil aan ons vyande goed doen; die wat ons vervloek, wil ons seën, en diegene wat ons haat, wil ons met liefde bejeën; op die manier sal ons as welgevallige kinders voor God die Heer verskyn en Sy genade sal ewig met ons wees.
[11] Ons bid tog dikwels: "Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe!" Doen ons dit, dan sal die Heer ons ook alles vergewe, hoe dikwels en in welke vorm ons ook maar gesondig het, sal ook alles vir ons vergewe wees. Is julle tevrede met my voorstel?
[12] Almal roep: "Ja, ja, ons is dit heeltemal met jou eens!"
[13] Robert sê: "Wel nou, laat ons die huis binnegaan!"
|
|
|
|
|