|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Oor die gehoorsaamheid. Voorbeelde uit die ryk van die natuur.
19 Ek sê verder: "Stel jou voor dat alle hemelliggame toegerus is met hulle benodigde bestemde intelligensie en vrye insig. Kyk, die groot hemelliggame swewe almal in die eterruimte, wat volgens jou begrip geen enkele belemmering bied nie. Waarom is hulle dan so eiesinnig en beweeg hulle hulleself al vir duisende jare steeds in dieselfde bane rondom `n bepaalde son wat hulle, om dit so te stel, vir geen prys wil verlaat nie?
[2] Sommige omlooptye is vir hulle swaarder as ander, wat die goeie en slegter jare van `n planeet taamlik duidelik aantoon, veral in die periode waarop dit dikwels stormagtiger gaan op die sonliggaam as andersins. `n Liggaam soos `n planeet, kan op sy beste `n stootjie van so `n son verdra, maar dikwels kom vir `n hemelliggaam verskeie van sulke pynlike omlope na mekaar voor, hoewel dit plaaslik meer of minder pynlik kan wees.
[3] As so `n groot wandelaar dan deur die eterruimte dalk wel na tien omlope of meer, stiefmoederlik deur sy son behandel word, die saak ten slotte tog onuithoubaar sou word en hy hom ernstig sou voorneem om die regerende son te verlaat om `n absolute vrye swerwer te word deur die eindelose heelal, wat sou die uiteindelike gevolg dan wees van so `n planetêre vryheidsdrang?
[4] Kyk, ten eerste `n volledige verstarring deur die baie vinnige optrede en gebrek aan lig en warmte; daarna noodsaaklikerwys `n volledige innerlike ontbranding as gevolg van die enorme magtige druk van buite na binne; en ten slotte `n totale ontbinding van alle dele van die planeet en daarmee ook sy volkome dood!
[5] Die planete het egter `n gevoel in hulle binneste. Hulle bestaan is vir hulle die sterkste waarneembare behoefte. En dus bly hulle steeds onder die heerskappy van hulle son, bly by haar beweging steeds onwrikbaar op hulle plek, en vind dit heeltemal nie erg, dat hulle tydens hulle omloop deur hulle beheersende son sterker vasgehou word as ander kere nie.
[6] Weliswaar sou jou gelykgesinde planetevriend onpartydig kon sê: "Ek is vol lof vir sulke gewillige planete, maar so `n grillerige son, as noodsaaklike regeerder van die arme planete, sou ek dan tog graag, as ek die skepper was, behoorlik wil tugtig vir haar vorstelike grille!"
[7] Maar dan staan die son op en sê: "Wat klets jy, kortsigtige kosmopoliet? Sien jy nie dat ek nie een, maar selfs baie groter en kleiner planete tegelyk het om te versorg nie? Weet jy nie dat hulle bane ongelyk is nie, dat sowel die grotes en die kleineres soms nader aan my staan en soms verder van my af staan nie? Dat hulle hulle soms in groot getalle juis aan die een kant kan bevind en baie aandag van my vra en dat daardeur een of ander alleenstaande, op een teenoorgestelde punt, noodsaaklikerwys ietwat minder moet kry van my andersins ryk gawes nie? Word so `n planeet, egter tydens `n omlooptyd ietwat kariger bedeel, dan kry hy tog steeds soveel dat hy kan bly bestaan. Ek kan uit my eie triljoene omwentelinge om `n ander nog groter son getuig, dat geen planeet wat hom by my aangesluit het, nog ooit daardeur verhonger het, of ten gronde gegaan het nie. As komete egter, wat meer gesteld is op hulle vrye rondswerwe, as op my vaste orde, êrens in die eindelose ruimte, waarheen hulle gedryf word deur hulle waansinnige lus na vryheid, ten gronde gaan, dan kan ek niks daaraan doen nie. Want `n wese wat maar net oor homself wil beslis, sonder om afhanklik te wil wees van `n magtige leiding, word geen onreg aangedoen nie; hy het homself geoordeel! As jy, aller vrysinnige kosmopoliet, my as planete regent met alle geweld, vanweë my noodsaaklike wisselende handelswyse, ten opsigte van my ondergeskikte planete, wil straf, neem dan maar my lig en my glans af, my grootsheid en my mag! Maar let dan op hoe die planete, wat volgens jou mening, te veel aan slawekettings gehou word, sonder my sal bly bestaan!"
[8] Kyk, vriend, so uit die natuurlike orde is ons al by die eerste, sterkste en vrye hemelliggame, waarsonder dit ondenkbaar sal wees dat een planeet kan voortbestaan. As hierdie vry rondswewende, groot wesens egter `n leier nodig het, hoeveel te meer hierdie kleineres, en in hulle beweging deur allerlei omstandighede meer gebonde wesens, soos byvoorbeeld, die diere en veral die, met `n volkome vrye gees begiftigde, mens.
[9] Onder diere van een en dieselfde soort is daar in die reël één wat in `n sekere sin hulle leier is. As hy in beweging kom, dan word die ander soos in `n elektriese skok tot dieselfde beweging geprikkel. Kyk net na `n trop beeste; hulle het `n leier in hulle midde. Die herder, wat uit ervaring spoedig opmerk agter watter dier die trop aanloop, hang so `n dier `n klok om die nek. En as hy in die aand sy trop huiswaarts wil lei, luister hy slegs waar die klok lui, en as hy daar aankom, vind hy sy hele trop bymekaar. As hy hulle na die stal wil lei, dan hoef hy maar net die leier met die klok vooruit te jaag en al die ander kom vanself agterna. Dieselfde kom selfs voor by die uiters dom varke, veral as hulle deurlopend in die vrye natuur lewe, en net so by bokke, skape, perde, esels en `n honderd ander diersoorte. Dieselfde kan jy selfs by die uiteenlopendste insekte ontdek, by die voëls en nie minder by die stompsinnige visse en ander soorte waterdiere nie.
[10] Maar ek wil jou hierdie saak in sy geheel laat sien en wil jou selfs saamneem na die nog baie swygsamer lykende natuur.
[11] Laat ons net op sigself die so onsamehangende water bekyk, wat sonder voelbare weerstand, homself laat verdeel in tallose druppels. Die hoogste belangrike natuurelement, wat sowel alle oerkieme van die dierlike as van plantaardige lewe in hom berg en terselfdertyd beswanger is deur onberekenbare kragte, luister in vrye toestand onvoorwaardelik na die in hom aanwesige synde wet van die swaartekrag. Volgens hierdie wet, wat deur eie waarneming opgemerk kan word, voel die water die sagste, geringste daling van `n terrein aan. Dit begin dadelik te beweeg na `n meer laagliggende gebied en het nóg rus nóg duurte nodig voordat dit die diepste laagte in die see bereik het. Die element het nog die besondere eienskap dat dit eers dan volkome helder word, as dit die diepste punt van die see bereik het. Dit dui, om so te sê daardeur aan, dat die mens eers dan tot `n heldere bewussyn van sy ware, ewige bestemming kan kom, as hy op aarde maar net nie na die hoogste rang streef nie, maar na die laagste plek, en dit is; die ware, deur My dikwels aanbevole deemoed wat egter nooit heers nie, maar slegs deur gehoorsaamheid bereik kan word.
|
|
|
|
|