|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 38
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Robert se terugblik op sy aardse lotgevalle. Tugtig my, maar verlaat my nie.
38 Robert sê: "Vriend, jou woorde klink baie ernstig. Jy skyn dit baie ernstig met my te hê, waarvoor ek jou uit die diepste van my hart dankbaar moet wees. Maar hoe jy my nog as te min verdeemoedigd beskou, is vir my totaal onbegryplik. Was ek dan nie al van my ellendige geboorte deur alle moontlike teenslae tot die uiterste verneder nie?
[2] Toe ek my mettertyd, ondanks alle belemmering, enigsins uit die stof omhoog gewerk het, breek daar onluste in my staat uit. Sien, ek bedwing dit deur my opregte wil en verstand, sonder om my deur die owerheid te laat bevorder. Toe die hele Europa daarna opstandig geword het, word ek as gedeputeerde van my staat na Frankfurt gestuur en ek verteenwoordig my staat daar na die beste van my vermoë, gelei deur my bewustelike goeie wil. Alhoewel, dit was in die verste verte nooit my bedoeling om iemand skade te berokken nie, maar alleen net te help, en wel op die manier, soos wat ek dit vir die volkere, volgens my toenmalige oortuiging, as nuttig beskou het. Of dit hulle werklik voordeel sou bring wanneer my projek verwesenlik sou word, is `n ander saak. Maar toentertyd kon ek onmoontlik anders gehandel het as wat ek volgens kennis en gewete goed en billik geag het. En ek is van oordeel, dat iedere woord en iedere handeling voortkomend uit `n opregte gemoed, deur God en alle ander as waar erken word. Want ek glo ook dat God slegs na die wil en nie na die resultaat kyk nie, wat tog altyd in die hande van die goddelike mag lê.
[3] Toe groot onluste in Oostenryk uitgebreek het, dink ek daaraan hoe gelukkig my staat was om `n volksopstand teen die koning te bedwing. Ek dag toe dat ek ook in Oostenryk sal slaag! Ek neem dus die besluit om my daarheen te spoed.
[4] Daar tref ek egter `n baie ander situasie aan. Die volk was neerslagtig en kla luid oor die ontroue bestuurders. Die slegtigheid en geldsug was by alle heersers, aristokrate, kooplui, goud- en silwerjode, van hulle gesigte af te lees. Die arme volk was uitgemaak as lae en gemene gepeupel. En elkeen wat die arme geestelik en liggaamlike verdrukte volk met goed en bloed en met raad en daad wou help, was as volksopruier en muiter aangevat en sonder genade om die lewe gebring: `n eer wat my ook smadelik te beurt geval het. Wanneer `n mens, as deurgaans gesien, en `n agtenswaardig man, soos `n gewone misdadiger na die plek van teregstelling gesleep word en daar soos `n gevaarlike dier doodgeskiet word, dan glo ek tog, vir iedere eer wat iemand ooit êrens ten deel sou kan val, voldoende verneder is.
[5] Of is dit vir jou nog te min deemoed? Moet ek dalk nog meer verneder word? Ek vind veral in my huidige situasie dat dit totaal onmoontlik is. Want om ellendiger te wees as wat ek nou is, sal seker nouliks vir `n wese, waar dan ook, beskore wees!
[6] Ek het niemand anders as jy alleen nie, my allerbeste vriend. Jy is my alles: My troos, my grootste rykdom, my enigste skadeloosstelling vir al my aardse lyding en vernedering! Maar in plaas van om my te troos, roep jy deur jou uiters wyse spraak by my ook nog `n hele boel nuwe, pynlike vertwyfelings op, wat my diep ellende alleen maar kan vergroot, maar nooit kan verminder nie. O, beste vriend, dit is `n bietjie hard van jou!
[7] Dit kan selfs wees dat jy die beste bedoelings met my het. En as dit moontlik is om te doen wat jy my aanraai, dan kan dit ook miskien my grootste geluk wees. Maar dink ook daarby dat ek `n ellendige en `n mees ongelukkige wese is, dat dit volledig ontbreek aan alles wat die gemoed sou kan opbeur. Daarom kan jy jou baie wyse lesse ten minste so bring, dat jy my nie te veel angs aanjaag nie!
[8] Ek wil my voortaan nie meer met die geringste gedagte loof nie. Al my handelinge sal vir ewig met die stempel van slegtigheid en veragtelikheid gebrandmerk bly. Graag wil ek voor jou, as jy dit verlang, die minste en geringste waardelose wese van die hele oneindigheid wees.
[9] As jy my maar net nie verlaat nie; maak my daardeur nie totaal ongelukkig nie. Dreig my nie meer met weggaan nie, maar versterk my met die versekering dat jy my nooit sal verlaat nie. Dan gee ek jou die heilige versekering, dat ek alles sal doen wat jy van my verlang!
[10] Het ek op aarde, hoe dan ook gesondig, tugtig my dan daarvoor en verneder my so diep as wat moontlik is. Ek sal desondanks nooit ophou om jou lief te hê nie. Maar praat nie meer daarvan om my te verlaat nie! Want dan sou dit die verskriklikste wees wat jy my sou kon aandoen!
|
|
|
|
|