|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 115
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Kritiek op Rome. Dit word deur Bruno verlig. Oor die nut van die nag.
115 Die spreker sê: "Vriend, jy het die saak met verbasingwekkende logika uiteengesit en ek moet jou daarvoor, namens die gaste, bedank. Maar nou kom daar `n belangrike vraag; as jy dit ook oortuigend korrek kan beantwoord, dan het jy ons almal vir jou gewen en ons sal jou tot leier van ons geselskap maak. Die vraag lui as volg:
[2] As, volgens jou wyse uiteensetting, Christus die Heer en God van die hemel en aarde is, dan vra ek jou watter geloofsekte op aarde die naaste aan die waarheid is, en hoe dit volgens Christus in alle erns gesteld is met die Rooms-Katolieke kerk? Wie ken nie die ou, in die hoogste mate heerssugtige handelinge van die alleen saligmakendes nie? Die woord van God, verskraal en vermink, is daar slegs as `n huigelagtige uithangbord, waaragter `n wolf sy verskeurende hebsug verberg. Alle moontlike storms het probeer om hierdie wolfsdraak se skaapvel van sy lyf af te trek, maar tot nou toe helaas tevergeefs. Hierdie Molog, hierdie sewekoppige draak, hierdie ou wêreldhoer gedy en verteer onverwoesbaar voort en beoefen haar gewetenlose beroep sonder dat sy deur die hemel van haar wysie afgebring word!
[3] As Christus, wat die skanddade van die Joodse priesters by iedere geleentheid afgekeur het, God is, en leef, soos ons nou, na die dood van ons liggaam, sê ons dan net, hoe kan hy sulke gruweldade, al meer as vyftien eeue lank, hulle gang laat gaan en rustig toesien hoe hierdie swart dienare van God nog erger skanddade bedrywe as die oud-Romeinse beuls, wat Hom aan die kruis genael het? Meer as `n vier-vyfde deel van die Christendom sien die slegte handelswyse duidelik in en sê: "Van alle Christelike sektes is Rome die oudste en sy moet ook die beste weet wat sy van Christus en Sy leer moet dink! Deur haar handelswyse, wat reg teen die leer van Christus indruis, toon sy egter dat sy self nog nooit in hierdie leer geglo het nie en bygevolg nog minder in Christus. Hulle dryf handel met Hom, hulle verkoop Hom; ja, hulle sou Hom selfs na die hel vervloek, wanneer Hy dit sou waag om Hom enigsins met `n ander sekte in te laat. Daardeur word alle volgelinge van Sy leer in hulle geloof geskok en is dan op die manier verplig om so `n leer die rug toe te keer!
[4] Sê eers, as Christus bestaan, sien Hy dan nie, of wil Hy dit nie sien nie? Of is dit miskien tog Sy wil, dat die Rooms-Katolieke kerk verder so sal bly gaan, as wat sy tot nou toe, skandelik genoeg, haarself gehandhaaf het! Skep Christus in alle erns welbehae in so `n handelswyse? Ken Hy werklik maar net Latyn en hou Hy boweal van die leë, niksseggende seremonies? Hy, wat tog tydens Sy aardse lewe tog teen niks soseer gewaarsku het as teen die skandelike oggenddienste nie! Dus vriend, los die raaisel vir ons op en ons gee ons heeltemal oor aan jou God!
[5] Bruno sê: "Vriend, jou bedenkinge teen Rome is sekerlik goed gefundeerd en dit is werklik moeilik om `n goeie woord oor te hê vir hierdie kerk. Maar nietemin moet die Heer tog een of ander rede hê om haar te laat bestaan. Dit is volkome waar, dat die goddelike woord van Christus selfs by die Jode en Mohammedane heelwat meer aansien geniet as by die Roomses, wat van Christus maak net wat hulle wil en Sy heilige woord verdraai soos dit hulle in hulle heers- en hebsugtige kraam te pas kom.
[6] Hierdie baie ou boom het in geestelike opsig byna dieselfde degenerasie ondergaan as die ou kastaiingboom in Sicilië, naby Etna, wie se kern nou al byna duisend jaar verrot, vrot en dood is. Maar omdat uit hierdie boom, toe hy nog jonk was, magtige wortels en wyd uitgestrekte takke gegroei het, het hy in die loop van die tyd, tussen wortels en takke, nuwe stamme gevorm. So ontstaan, wat eens `n gesonde boom was, `n meerstammige boom, wat alleen nog in die kroon, en lankal nie meer in die wortel en stam, tot één en dieselfde boom behoort nie. Hierdie boom dra nog so hier en daar nog skaars vrugte, maar hulle is smaakloos, hard en byna nie te geniet nie. Die rede daarvoor sou wel kan wees, dat hierdie boom sy belangrikste lewenskrag al lankal heeltemal verloor het. Wel het hy in die nuwe lote uit die sterk sywortels sy eie kerne gevorm. Daarmee is die hoofstam egter, van wie se gesondheid die smaak van die vrugte afhang, weinig geholpe. Hierdie boom word nou meer as `n historiese kuriositeit as `n werklik bruikbare boom beskou en deur die eenvoudige volk met allerlei sprokies en fabels (wat graag gegee word rondom alles wat oud is) vereer en word deur steekblinde dwase selfs as `n heiligdom aanbid. Die beste van hierdie boom is nog dat hy by die skielike opkomende onweer die wandelaar `n bietjie beskerming bied.
[7] Ewe-eens is dit die geval met die uiters verdeelde toestand, waarin die Rooms-Katolieke kerk haarself bevind. Sy het geen eintlike stam en geen kern meer nie. Uiterlik het sy nog die aansien van `n lewensboom, maar in wese is sy ewe weinig meer as die ou Siciliaanse kastaiingboom wat nog `n nuttige vrugteboom is. Sy verteer nog wel en het in haar ledemate nog `n uiterlike lewe, dra ook nog blomme en vrugte, maar dit is nie meer te geniet nie; dit het hard en smaakloos geword en word slegs deur enkele reisigers gekoop as `n kuriositeit. Soos dit gegaan het met die Siciliaanse natuurlike boom, wat eintlik lankal al dood is, en nou sy totale ontbinding tegemoetgaan, so gaan dit nou ook met die deur ouderdom verswakte geestelike boom van Rome. Ek sê vir jou: "Spoedig sal Rome nog net in die geskiedenisboeke bestaan!"
[8] Dit is ongetwyfeld waar dat `n groot aantal ander, jonger en gesonder bome op haar plek sou kon staan, maar wanneer dit vir God welgevallig is om sulke kuriositeite te laat bestaan, waarvoor Hy seker sy grondige redes het, waarom sou dit ons dan hinder as ons tog al vir `n lang tyd geen gebruik daarvan gemaak het en dit nog minder in die toekoms sal doen nie!
[9] Origens kom die Roomse kerk vir my voor as `n geloofsnag, omdat hulle by die sogenaamde godsdienstige plegtighede steeds ligte aansteek as `n teken dat dit in haar op `n helder dag, nog steeds nag is. Die nag het ook wel deeglike goeie kante, want sy gee rus vir die vermoeides. En waar het die geestelik vermoeide meer rus as in die nagkerk van Rome? Hulle hoef nie na te dink nie, niks te ondersoek en nie voorwaarts te skry nie, maar alleen om rustig te deel in die goeie gawes van hulle moeder, die nag, en kan daarby rustig slaap! Word hulle dan egter wakker, gewek deur een of ander morele of politieke opoffering, dan soek niemand so naarstig na lig as juis diegene, wat hulle in die nag bevind het nie!
[10] En dus glo ek dat die Heer op hierdie gronde die Rooms-Katolieke nagmense verdra, net soos die natuurlike nag langs die dag, omdat die mense in hierdie nag `n des te groter honger na die lig sal kry. Ek was ook ten minste daarvan oortuig, dat die blindes steeds groter vriende van die lig was as die wat die siendes was! So sou dit ook kan wees, dat van die Christelike geloofsektes daar geen enkele groep so na die ware lig sal soek as juis die volgelinge van hierdie nagkerk nie. Ek dink dat dit vir julle daaruit taamlik duidelik sal wees, waarom die Heer die ou Roomse moeder verdra en waarvoor sy eintlik dien!"
|
|
|
|
|