|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 107
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Hemelse genade maaltyd. Toets vir die hart ten opsigte van liefde vir die vyand
107 Robert plaas wyn en brood voor My op die tafel, buig vervolgens en gaan na sy plek. Ek neem egter die brood en vra aan Bruno of hy wel weet wat dit is.
[2] Bruno sê: "Heer, dit is brood uit die hemel, `n ware spys vir die ewige lewe en tot vergewing van die sonde. Geseënd is hy, wat dit te ete kry!"
[3] Ek sê: "Wel, goed dan, omdat jy aldus glo en spreek, neem dit en eet soveel as wat jy glo!"
[4] Bruno sê: "Heer, behalwe myself, is hier nog nege-en-twintig wat miskien nog meer honger is as ek. O, staan my toe dat ek eers van die brood vir hulle gee volgens behoefte en my dan eers versadig wat miskien daarvan oorbly!"
[5] Ek sê: "Handel volgens die verlange van jou hart!"
[6] Daarop bedank Bruno My met trane in sy oë vir die brood en deel dit tot op die laaste krummel uit onder die nege-en-twintig, wat dit, tot in die diepste van hulle hart, dadelik opeet. Een van hulle merk egter dat Bruno homself vergeet het, gaan na hom toe en sê: "Maar beste vriend Bruno, jy het jouself heeltemal vergeet by die uitdeel van die brood en het alles wat die Heer jou gegee het, vir ons uitgedeel. Ek het van my deel nog `n stuk oor, neem dit en eet dit, want jy is nie minder honger as ek nie!"
[7] Bruno sê: "Beste vriend, hou dit en eet dit, wat ek jou deur die genade van die Heer gegee het. Ek het meer vreugde wanneer julle almal versadig is, as wanneer ek hondervoudig versadig sou wees. Wees nie oor my besorg nie, want aan die sy van die Heilige Gewer hoef mens, om versadig te wees, sekerlik nooit besorg te wees nie!"
[8] By die voortreflike gedrag van Bruno, asook dit van sy vriend, kom daar in alle gaste, net soos Myself, trane in die oë! Daar bestaan immers in alle hemele nie iets verhewender en aangrypender as wanneer `n arm en baie honger man, by die aanblik van sy ewe arm en hongerige broers, homself totaal vergeet en alles wat hy gekry het, aan sy broers afstaan nie. So iemand maak `n reuse sprong na die sentrum van My liefde!
[9] Neem julle op die aarde dit ook baie goed op en griffel dit in julle harte!
[10] Daarop neem Ek die wyn en gee dit aan Bruno met die vraag wat dit wel sal wees.
[11] Bruno sê vol dankbare ontroering: "O Heer, dit is `n kosbare wyn uit die heilige wynpers van U goddelike Vaderhart. Met nie aflatende dank waag ek om dit uit U heilige hande te neem, as U dit goedvind, om dit ook aan my arm, dorstige broers te gee."
[12] Ek sê: "Ek het jou al vroeër gesê, dat Ek alles wat jy ookal doen, volgens die edele aandrang van jou hart, uitstekend vind. Kyk, die wyn is nou joune, doen daarmee wat jy wil."
[13] Bruno bedank My ontroerd en reik dadelik sy broers en vriende die wyn aan. Hulle verseker hom egter dat hulle nie iets daarvan sal neem nie, voordat hy self daarvan gedrink het. Bruno hou voet by stuk en sodoende neem die ander dan dankbaar die wyn aan en drink na hartelus daarvan. Ook van die wyn bly daar niks oor nie. Alhoewel Bruno nog behoorlik honger en dors het, is hy tog innig verheug dat sy broers versterk is en dadelik beter daar uitsien.
[14] Ek sê: "Wel, beste Bruno, sê My eers, hoe het My brood en My wyn gesmaak? Is jy nou sterker as wat jy eers was?"
[15] Bruno sê kordaat: "Heer, ek het maar één mond, één maag en één hart, hulle het egter nege-en-twintig monde en net soveel mae en harte. Aangesien ek in my plek nou nege-en-twintig versterk sien, wat ek almal as `n tweede ek in my hart dra, is ek daardeur nie net slegs één keer nie, maar in werklikheid nege-en-twintig keer versadig deur die vreugde oor my arme broers en susters wat nou weer op hulle kragte gekom het. So kan ek op U heilige vraag werklik niks anders antwoord as dat U hemelbrood en die wyn my baie goed geval het nie. Daardeur aan U alle ewige dank!"
[16] Ek sê: "Beste vriend Bruno, kyk, jy het op aarde wel eg en dikwels gesondig, maar omdat jy soveel onbaatsugtige liefde vir jou broers in jou hart opgeneem het, sal jy ook baie vergewe word. Want elke weldoener van sy broers en susters sal hier barmhartigheid ondervind, wanneer hulself barmhartigheid getoon het; dit geld dus ook vir jou ter wille van jou broers, en vir jou broers ter wille van jou, want dan geld één vir almal en almal vir één!
[17] Daar is egter op aarde ook weldoeners, wat vir `n arm, jong meisie baie barmhartig is en volgens hulle beste vermoë probeer om te help. Kom daar egter `n ou en uitgeputte weduwee na hulle toe, dan word sy met `n preek en `n armsalige aalmoes afgeskeep, en so ook `n ou arme broer. Sulke barmhartige weldoeners sal Ek weinig barmhartigheid betoon! Wie vir sy weldade genot wil ontvang en, as hy dit nie kan kry nie, in sy hart harder is as `n klip, behoort tot die familie van alle duiwels. Want ook die duiwels doen goed aan hulle, van wie hulle `n aanloklike voordeel kan verwag.
[18] Jy oefen egter barmhartigheid hier uit, waaragter geen onsuiwer bedoeling te sien is nie, en sal daarom by My ook die hoogste barmhartigheid vind. Maar voordat Ek dit volledig aan jou sal skenk, sal jy vir My nog één proef vir jou hart moet aflê! As jy dit ook sal deurstaan, sal My genade jou onmiddellik ten deel val.
[19] Daar in die westelike rigting sien jy `n deur, wat halfoop staan. Gaan daarheen! In die vertrek sal jy mense vind wat jou louterste vyande op aarde was. Probeer om hulle te win en bring hulle na My toe, dan sal jy volmaak voor My wees! Want wie slegs aan sy vriende goeddoen, het nog lank nie alles gedoen om vir My te kan sê: "Heer, ek was nogtans `n onwaardige kneg!" Wie dit egter nie kan sê nie, is My nog lank nie waardig nie. Gaan daarom daarheen en handel volgens My woorde!"
[20] Bruno sê: "O Heer, U heilige wil geskied! U wil is my lewe, my heil en my hoogste saligheid! O, hoe heerlik is dit nie om in die huis van die ewige Vader te werk nie! O, julle, al my vyande, broers, julle, wie in my `n broer wat julle liefhet, swaar misken het; in die naam van my God, Heer en Vader kom ek tot julle om julle te seën en goed te doen en daardeur ook vir ewig elke onreg, wat julle my ooit aangedoen het, te vergeet!
[21] O, die hoogste vreugde vervul nou my hart, wat nou sterk genoeg voel om hom voor sy hoogmoedige en selfsugtige veragters te verdeemoedig. Swakkerig vermoed ek nou, wat U heilige Vaderhart destyds by die sien van U ergste vyande moes gevoel het, toe Uself tot die Vader geroep het: "Vergeef hulle dit, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" O heilige eindelose grootsheid, waartoe alleen `n godshart in staat is.
[22] Waarlik, dit is mooi, ja verheffend, wanneer `n broer die ander help, sonder om ooit aan `n beloning te dink; maar in geen hemel bestaan daar iets hoërs en groters, as om hulle te seën wat ons vervloek, en goed te doen aan hulle wat ons gehaat, verag en vervolg het nie!
[23] Daarom, op na my vyande! Want julle almal is geroep om my hart voor God te voltooi!" Met hierdie seldsame, verheffende woorde storm Bruno op die bestemde deur af!
|
|
|
|
|