Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Menings en raadgewing van die vriende. Dismas bring die harte tot rus. Robert se dank oor die seën van die naasteliefde.

121 Bardo gaan na Robert en sê: "Vriende, ek kan nie ontken dat die verdwyning van die Heer, saam met die groot geselskap, ook vir my eienaardig voorkom nie. Ek het nou egter by myself gedink: "Was die vroeëre, met honderde wyse voorvalle, slegs `n droom lykende verskyning gewees, dan is ons vry en dus volkome ons hoogseie wetgewers. In hierdie geval kan ons doen wat ons vir ons behoeftes die beste vind, en geen vreemde mag kan ons daarby van ons wysie bring nie. Is alles egter, wat ons nou in hierdie wêreld beleef, gesien en ervaar het, suiwer geestelike waarheid en werklikheid, en is die deur ons almal gesiene, ons bowe alles geliefde Jesus, die Heer, dan is die situasie waarin ons nou verkeer, alleen maar tot ons heil dienende beproewing. Sy liefde en genade het ons dit laat toekom om ons daardeur selfstandiger, selfwersamer, en in `n sekere sin geestelik manliker te maak. Daarom is ek van mening: Ons moet in ons liefde tot Jesus, die Heer vinnig groei, soos wat Hy ons onderrig het, verhef het en met Sy almagtige skeppershand geseënd het; dan sal Hy sekerlik met al ons geliefde broers en susters spoedig in ons midde verskyn. Dit is my advies. Weet iemand van julle miskien iets beter, dan versoek ek hom om daarmee vorendag te kom!"

[2] Daarop sê Niklas: "Broer, ek moet eerlik toegee, dat jy die spyker altyd op die kop slaan. Dit is soos jy gesê het en dit kan onmoontlik nie anders wees nie. Ek het vriend Bruno weliswaar eerste begryp voor jou, maar nou sou jy werklik ons opperste leidsman kan wees. Ja, aan die liefde tot die Heer ontbreek dit sekerlik by ons almal en daarom het Hy ons aan ons lot oorgelaat. Die mooie Helena sal sekerlik nie sonder Hom wees soos ons nie. Waarom? Omdat sy Hom direk vanaf die begin aan Sy swakste kant getref het, naamlik in sy hart. Ons egter, wat gereken het dat ons die wysheid in pag het, en die hemelryk heeltemal ken, staan nou hier mooi voor skoot!

[3] Daarom: Meer liefde! Baie meer liefde as verstand moet ons die Heer as offer bring, dan sal Hy nie wegbly nie! Maar wanneer ons die opdrag van die Heer ten uitvoer gebring het en ons daarby as goddelike saakgelastigdes verbeel, dat ons meer is as menige ander, deur God begenadigde stommerike, dan sal dit inderdaad nie uitbly dat ons baie dinge sal belewe wat vir ons baie eienaardig skyn te wees! Ek dink egter dat ons self eintlik baie eienaardiger is as al hierdie belewenisse. Het ek gelyk of nie?"

[4] Almal sê: "Dit is presies net so! Ons self dra die skuld aan alles. Maar die Heer ken immers ons domheid en sal wel begrip daarvoor hê!"

[5] Dismas kom bietjie nader: "Beste vriende. Staan my toe om ook `n woordjie te sê. Wat die begrip van ons domheid betref, is ek van mening dat ons met so `n verwagting op die verkeerde spoor is. Want wanneer dit daaroor gaan, dat die menslike gees dan eers volmaak is, wanneer hy op eie gesag, deur middel van die aan hom deur God verleende innerlike lewenskrag, in die erkende goddelike orde tree en hom daarin as in sy hoogste eie lewenselement daadkragtig voortbeweeg, dan kan dit met die barmhartige inskiklikheid net baie anders wees!

[6] Ons het nou `n sekere krag en besit die goddelike leer in oorvloed. Dit kom nou daarop neer dat ons onsself deur selfwerksaamheid so sal ontwikkel, soos wat dit deur die erkende ordening van God verlang word! Die eerste is `n vrye liefde, vir sover as wat ons harte daartoe in staat is. Om God meer lief te hê as wat ons kan, sou `n dwaasheid wees! Om God minder lief te hê as wat ons harte verlang, sou `n onverantwoordelike nalatigheid wees, wat ons ten slotte in `n toestand van halfdood sou moet bring! Het ons in die regte mate lief, dan sal ons ook wysheid en die dienooreenkomstige krag besit, waarmee ons as vrye en volmaakte geeste, selfstandig handelend, as`t ware vanuit God kan beweeg. God is seker in alles Self die hoogste ordening. As ons egter hierdie ordening wil begryp, dan moet ons in onsself in alles tot die ware ordening kom, anders kan ons nooit aanspraak maak op `n volmaakte vryheid nie!

[7] Dit wat deur ons tot stand gebring is en deur die Heer se aanbevole ordening van hierdie selfstaande banke en tafels is `n vingerwysing van God van dit wat ons nog aan onsself moet doen, om in die toekoms God waardig te kan wees! Daarom is ons in hierdie saak dankbaar dat dit so gebeur het!

[8] As ons regtig daaroor sou nadink hoe dit moontlik nog met ons gesteld is, of ons wel vry is van alle hartstogte, of daar nie nog `n vonkie hoogmoed in ons aanwesig is en of ons wel daadwerklik die goeie in ons opneem slegs terwille van die goeie, dan sal dit nooit moeilik wees om tot die volmaaktheid van die gees oor te gaan nie en die Heer, as volmaakte volgens Sy ordening, te verwag! Maar wanneer ons hierdie verskyning beskou as `n soort aansporing van die kant van die Heer en ons bly ons daaroor verbaas, dan is ons sekerlik nog ver van ons doel verwyderd!

[9] Dit is nie genoeg dat ons as lewende masjiene doen wat die Heer van ons verlang nie, maar ons moet in onsself die ware rede daarvoor soek, want eers daardeur kan ons onsself in `n Godsordening plaas. Aan die uiterlike ordening van hierdie meubels is weinig of niks geleë nie, maar as `n vingerwysing van God dat ons in die tweede saal van ons hart, die van die Goddelike wysheid, al ons lewensgereedskap in `n bepaalde ordening moet bring, dan is aan hierdie verskyning enorm baie geleë. Weet enigeen van julle iets beter, laat hy dan in die naam van die Heer daarmee vorendag kom!

[10] Robert sê: "Vriend, ek is werklik stomverbaas oor jou wysheid. Jy was tog eers `n hardnekkige bestryder van die leer van die goddelikheid van Jesus Christus en dit het ons baie moeite gekos, voordat jy jou weg gevind het! Die sorge wat ons oor jou gehad het, was nie gering nie, maar nou is jy ons `n halwe ewigheid vooruit! Jy het nou `n groot waarheid aan ons onthul, ek moet dit openlik aan jou erken dat ons sonder jou miskien eers oor `n duisend jaar agter die waarheid sou gekom het. Broer, daarmee het jy vir ons `n groot diens bewys!

[11] Kyk, die huis het die Heer vir ewig as eiendom aan my gegee; tog ken ek self maar net `n baie klein deeltjie van sy innerlike rykdom. As ek jou `n plesier kon aandoen, sou ek dit onmiddellik as `n eiendom aan jou gee! Jy het ons heilige woorde, as komende uit die mond van God Self gegee, wat ons getroos het in ons verlatenheid. O, dan is een woord meer werd as `n honderdduisend van hierdie huise. Daarom, neem aan wat ek jou kan gee! Dit is hier my grootste besitting, behalwe die Heer en jyself! Beste broer, hoe lief en dierbaar het jy nie nou vir ons geword nie? Hoe lank gelede is dit net nie dat ons met innige medelye op jou neergekyk het en nou staan jy so ver bokant ons almal. Daarom vra Ek jou om ons nog met so `n paar woorde op te beur!"

[12] Dismas sê: "Beste broers, het julle nooit gehoor dat die een diens die ander werd is? So is dit ook hier! Julle opregte vriendskap het my indertyd gesuiwer en opgetel uit die diepte van my verdorwenheid, want ek was toe, wat my innerlike betref, `n burger van die hel. Julle was egter in staat om houvas te kry op my innerlike, en daardeur was ek gered. Maar nou het julle `n bietjie in die verleentheid geraak deur die taak om ons eie innerlike te orden, wat die Heer ons in hierdie tweede saal opgedra het. Toe het ek vanuit my innerlike enkele woorde gespreek en dit het, die Heer alleen sy alle lof, nie die gewenste uitwerking gemis nie!

[13] Daarom verdien ek nog lank nie, dat jy, Robert, jou huis wat die meester in jou hart opgebou het, hier aan my as eiendom sou skenk nie, wat na my beskeie mening ook nie so maklik sal wees nie! Kyk, die huis met al sy heerlikhede kom heeltemal ooreen met jou eie hart, waaruit die Heer, met behulp van die daarin bevonde Gods- en broederliefde, die pragtige werk gevorm het. Sou ek die huis van jou as geskenk aanneem, dan sou ek ook daardeur jou hart en jou lewe afneem, omdat die huis volgens die diepere waarheid die liefdevolle karakter van jou hart self is.

[14] Om geestelik in jou huis saam met jou te woon, is heel moontlik, want reeds op aarde laat `n edel mens menige vriend in sy hart meer op sigself geld. Dit kan hy hier nog makliker doen, omdat die Heer alles wat op aarde slegs `n verborge wens bly, hier in `n aanskoulike vorm laat verskyn. Hier word alles tot tasbare werklikheid, maar bly in jou tog dit wat dit op aarde was, naamlik die hart en sy liefdevolle instelling.

[15] Soos Godskinders egter op aarde hulle harte volledig aan hulle broers sou wil gee, so sou jy ook, liefste broer, my nou jou eie hart as geskenk wil gee. Dit is weliswaar buitengewoon edel, maar hier in die geesteswêreld volkome onmoontlik; ook sal dit onnodig en doelloos wees, want waar die ware broederliefde wette stel aan my en jou, kan daar nooit grenskonflikte optree nie. Geen wet waarborg iemand se besit so goed as die heilige wet van die naasteliefde nie, op grond waarvan elkeen syne blymoedig aan almal ter beskikking stel. Wat die een doen en in die praktyk bring, so doen en beoefen ook al die ander. Daarom is dit hier absoluut onmoontlik dat iemand te kort sou kom.

[16] Ons almal woon nou in jou, soos wat jy in ons almal woon. Wie van ons kan sê: Broer, ek het te min!? Elkeen het syne, en hoe meer hy het en gee, des te meer ontvang hy terug. Die harte hier is `n seën; die een stroom steeds in die ander in, en tog is daar nie te min water nie. Sodoende hoef jy nie jou huis aan my te skenk nie, want ek gebruik dit asof dit my eie is. In ruil daarvoor staan myne egter ook tot jou beskikking.

[17] Maar luister eers! Ek hoor stemme in die eerste aangrensende saal. Laat ons na die deur gaan en kyk wat aan die gang is!"

[18] Robert sê: "Ek dank jou broer, vir die pragtige onderrig, wat werklik niks te wense oorlaat nie! Maar omdat ek nou ook baie stemme hoor, word dit tyd dat ons saam gaan kyk wat daar gaande is. Jy broer, kom aan my sy, want jy het vir my onmisbaar geword."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205