Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Helena oor die sewekoppige monster. Die stryd tussen die diere. Die wolfsmense en die koning.

94 Helena sê: "Ja, as die saak hier in die hele oneindigheid so staan, moet ek inderdaad tot insig kom. Maar ek dink dat die bestaan of nonbestaan van die aarde egter nie soseer van my domheid sal afhang nie. Nie waar nie, my enigste liefde, U kan die hele oneindigheid tog wel `n paar sekondes lank sonder my insig oor die afskuwelike sewekop in stand hou?"

[2] Ek sê: "Ja, My geliefde Helena, by My is alles met `n perfekte weegskaal afgeweeg; in baie gevalle kan daar geen uitstel of stilstand geduld word nie. Weliswaar kan Ek die hele skepping goed in stand hou sonder jou insig, maar soos Ek alreeds opgemerk het, gaan dit nie soseer om `n onwankelbare instand­houding van `n heelal nie, maar veel meer om dit wat die laaste tyd hier uit die wêreld aangekom het, op `n hemels volmaakte manier vry te maak. As jy dit daarby in oorweging neem, sal dit vir jou maklik wees om dit na te kom wat Ek van jou verlang. Het jy dit nou begryp?

[3] Helena sê: "Ja Heer, nou is dit vir my duidelik. Daarom wil ek nou met U hulp probeer om met die afskuwelike sewekop klaar te speel.

[4] Soos ek dit nou sien, stel die sewekoppige wese die eintlike gees van die Antichris voor, en getuig daarvan deur sy doen en late in sy eie vuilheid. Die draak self stel die groot skandelikheid voor wat bestaan uit heerssug, hebsug, leuens en bedrog. Die sewe koppe is die sewe vernaamste hartstogte, waarin die sewe hoofsondes hulle oorsprong het: hoogmoed, heerssug, jaloerse afguns, dodelike gierigheid, onversoenlike haat, verraad en ten slotte moord! Daaruit kom voort: Genotsug, vraatsug, swelgery, ontug, hoerery, die veragting van die naaste, die vervolging van hulle wat vry moet kan asemhaal, skaamteloosheid en gebrek aan eergevoel, `n volledige gewetenloosheid en ten slotte die volledige minagting en volkome negering van God! Die noodsaaklike gevolge van die eerste sewe vernaamste hartstogte is dan ook bokant elke kop presies dieselfde, soos te sien is aan die tien gelyke punte wat bokant elke kop steeds dieselfde te siene gee. Op die punte sit daar ook nog gloeiende krone, waarmee die dier die bloed laat verdamp wanneer dit die beker te vol laat opvul! Die gloeiende krone lyk my die volslae heerssug aan te dui wat vir U, o Heer, `n gruwel is, en wat hom nou self in die harte van die mense tuisgemaak het. Nog duideliker egter, blyk hierdie krone vir my te wys op die politiek, wat hom voordoen as `n veelbelowende dekmantel, sodat niemand sal merk hoe hy hom in haar skerp en dodelike punt verskuil nie. As iemand egter die dekmantel wil aanraak, dan is hy gloeiend van die vuur van die troon in die harte van die heersers oor die blinde volkere, sodat elkeen wat dit waag om hom daaraan te vergryp, hom maklik sou kan brand!

[5] Daarom dink ek dat die mensdom moet wegdoen met die krone, die punte, die sewe koppe, die hele dier, sy helpers en die tiara, dan hoef die mensdom van die aarde nie meer deur die bloed te stap om tot ware vrede te kom nie. Ook die diermense-gevegte sou dan tot die verlede behoort.

[6] Ek is deurdronge met die besef dat daar op aarde twee dinge moet gebeur, as dit ooit daar op die bodem vreedsaam sal uitsien. Of U, Heer, moet `n negetiende deel van die mense vrywel skielik deur U doodsengel van die aarde laat wegneem en aan die oorgeblewe deel beter leiers gee, of U moet die aarde nege keer vergroot en in elke land `n hoë berg van die suiwerste goud laat ontstaan. Want alleen deur `n enorme, oral gelykmatig verdeelde hoeveelheid van die metaal uit die hel, sal sy waarde laat daal tot die van eenvoudige kalksteen, waardeur die waarde van die mensdom sal styg. Dus, of `n vermindering van die mense, of `n enorme vermeerdering van goud en silwer, anders sal dit nooit as te nimmer beter word op aarde nie. Die besitdrang en hebsug van die mense moet oor die hele linie tot `n geweldige oorversadiging kom, anders sal hulle hulle eieliefde, die bron van hoogmoed en heerssug, nooit laat vaar nie!

[7] Waartoe dien die os (krag van die volk) met sy sterkte? Waartoe die geweldige klou van die leeu (dinastie). Waartoe dien die onversetlike gewig van die gepantserde renoster (tiranieke-despotiese onderdrukking van die vorste)? Welke effek tot welsyn van die mensdom kom daar voort uit die krag van die slang (geheime, alles omvattende inkwisisie politiek)? Wat kan die magtige vrye adelaar doen (Sosialistiese vrystaat)? Wat vermag die, in haar hinderlaag loerende krokodilagtige wraak? Ten slotte dryf die armsalige en swak igneumon – (die gemeenskaplike armoede wat nog daar bykom) tog nog almal uitmekaar, en wel met `n heeltemal leë maag. Waartoe dien so `n stryd dan? Is die igneumon uiteindelik tog goed, dan is dit ook aan die begin. Moet die aarde dan deur die bloed arm word?

[8] Ag Heer, wyse en liefdevolle Skepper, ons geskape wesens vra en gis hier wel voor U, maar na ek my steeds duideliker realiseer, in `n sekere sin tevergeefs. Want wat ons ookal wil hê, U doen tog wat U wil en soos wat U hoogste wysheid dit as goed en waar beskou! Dit is egter die beste van die hele saak, want sou ons beoordelinge in die uiterlike natuur-aangeleenthede laat saamspeel, dan sal die hele skepping die volgende oomblik nie meer bestaan nie! Maar U, o Heer, is die oorspronklike grond­beginsel en U hele heilige ordening is vir U `n ligte gedagte, al is dit vir ons skepsele swaar van inhoud. Daarom is ek van mening dat dit byna oorbodig is om nog iets meer vir U te sê.

[9] Die wolfsmense wat in die laaste verskyning voorgekom het, stel die hoogs huigelagtige kloosterorde voor, wat reeds eenstemmig deur elkeen veroordeel is. Dat juis hierdie, net soos haar verwante kongregasies (geestelike ordes) op aarde, byna altyd die aanstigters was van al die kwaad en nêrens so ywerig daarna gestrewe het as na die volledige alleenheerskappy oor die gehele aarde nie, is wel dermate duidelik, dat elke verdere beskouing hieromtrent oorbodig is.

[10] Die koning, wat deurdrenk is van `n oordrewe groot gevoel vir die reg om te kan heers, en met gebiedende blik op die troon sit, lyk soos `n sprekende simbool van heerssug te wees in hierdie teenswoordige, beroerde tyd op aarde, waarin iedereen wil heers, maar niemand meer wil gehoorsaam nie, behalwe wanneer hy met gehoorsaamheid groot voordele kan behaal. As dit nie die geval is nie, dan word die ander baie onderdanige dienaar skielik `n regeringshatende demokraat, `n sogenaamde rooi republikein, wat die mensdom alleen deur die vernietiging van die regering gelukkig wil maak, maar daarby hoofsaaklik sy eie beursie ver oopmaak! Hierdie heerssug lyk byna die enigste oorsaak te wees waardeur alle mense, soos deur `n tweesnydende swaard, in gloeiende haat uiteen gedrywe word.

[11] Ek sien nou volstrek geen waaragtige liefde meer onder die mense nie. Niemand hou meer van die ander as mens en broer in U nie, o Heer, maar sien hom as nog maar een belanghebbende. Kan meneer B vir meneer A van enige nut wees, dan sal A hom ook met alle vriendelikheid bejeën. Maar as B nie daartoe in staat is nie, dan word hy vir A maar al te gou `n mens wat teenoor hom volkome onverskillig is, ja, wat hy dikwels minag. Ek sou B nie graag aanraai om in `n moontlike noodsituasie by A hulp te soek wanneer hy intussen vermoënd geword het nie. Want B is nie meer sy vriend nie, omdat hy hom nie gehelp het nie. Selfs al het B werklik vir A gehelp, sodat A groot voordele daardeur behaal het, en B sou daarna in een of ander verleentheid raak en hulp soek by A, dan sal A, wat op sy eie voordeel uit is, hom sekerlik, soveel as wat hy kan, onder hoflike verontskuldigings terugtrek en alle moontlike moeite doen om van die lastige B weg te kom! Sien Heer, so ken ek die mense en merendeels is dit werklik so!

[12] Maar hoe is hulle te verbeter? Dit is `n vraag wat U alleen en andersins geen enkele geskape engel ooit kan beantwoord nie. Ons kan hier gis totdat alle sonne hulle opgebrand het, maar die aarde met haar blinde mense sou nie daardeur gehelp word nie. Maar as U volgens U geheime, magtige en liefdevolste wysheid slegs één woordjie uitspreek, dan word die hele aarde gesond soos eens die kneg van die Romeinse hoofman, wat by U vir hom om genesing kom vra het. O my liefste, mees goeie, aller beminningswaardige Heer en God Jesus, wees tog so barmhartig, en suiwer die arme aarde vir ewig van alles wat duiwel heet en duiwels is! U wil geskied!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205