|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 90
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Verdere ontwikkeling van die tydbeeld. Waarom laat God die gruwels in die wêreld toe?
90 Helena bekyk nou die beker en sien baie gou hoe uit haar midde `n troon omhoog kom, waarop `n heerser sit, geklee in goud en purper. Toe sy hierdie verskyning in die oog kry, skrik sy hewig en sê bietjie angstig: "O liefdevolle Heiland van alle mense, kyk nou net daar! Daar sit `n despoot op die troon met so `n ontsettende hoogmoedige gesig, dat mens by die sien daarvan, koue rillings kry!
[2] Nou duik daar uit die beker `n menige deftig geklede menslike wesens op, wat hulle tot op die grond buig voor die despoot. Hy kyk trots uit die hoogte op hulle neer met die oë van `n basilisk, sodat hulle almal bewe voor sy aangesig. En kyk, hulle wat die diepste buig, word nou deur die despoot na die troon geroep en met onderskeiding begiftig. Maar diegene wat minder bewe, word in hulle gesig gespoeg en aan hulle word duidelik gemaak dat hulle hulleself onmiddellik van die troon moet verwyder. Maar nou gee die despoot vir diegene, wat hy met onderskeiding bedeel het, `n wenk om hulleself ook te verwyder. Toe hulle hulself onder honderde buigings teruggetrek het en die despoot die rug toekeer, vloek hy hulle nog agterna en spoeg ook na hulle. Nou toe nou, dit is `n verwaande geval van `n vlieëkoning!
[3] Maar wat sien ek: Die plek rondom die koning word groter en ruimer, en ek sien `n menigte miniatuurmense wat armsalig daaruit sien. Tegelykertyd val dit my op dat ook die helde-in-die-buiging ook onder hulle is, maar nou met ander, heerssugtig uitsiende gesigte. Die armes moet hulle heeltemal voor hulle neerbuig. Enkeles moet geduldig op die grond gaan lê sodat die buighelde makliker op hulle hoofde kan gaan staan! Sommiges, wat van die pyn daarvan skreeu, word dadelik deur beuls vasgebind en in `n donker gat gegooi! En kyk, kyk, enkeles word selfs daarvoor opgehang! Nou gaan dit lekker, hoor!!
[4] Daar sien ek `n groepie mense wat byna heeltemal vertrap is en uit baie wonde bloei. Hulle beweeg in die rigting van die troon en wil die koning smeek om hulle skriftelik te versoek tot stopsetting van sulke kwellinge en dit in te sien. Dit word aan die koning gemeld en hy sê aan sy dienare: "Laat niemand dit met sy lewe waag om één van die gewone mense voor my troon te laat verskyn nie!" Daarop sê die dienare vir die hulpsoekendes: "Die koning is druk besig, sodat hy niemand kan ontvang nie. Julle moet na sy beamptes gaan en julle versoek by hulle indien; hulle sal julle dan onder behandeling neem. Daarop sê die hulpsoekendes: "Maar ons wil juis oor hulle by die koning kla! Want dit is hulle wat ons so smadelik vertrap!" Dan sê die dienaar van die koning. So ja, dit is dan inderdaad anders! Gaan nou maar rustig na julle huise en laat dit verder aan ons oor; ons sal hierdie saak wel opklaar! Maar julle moet noukeurig julle name en adresse opgee, anders sou ons immers nie weet wie en waar gehelp moet word nie." Die armes oorhandig die dienare hulle versoek en hulle neem dit met skynbare opregtheid welwillend aan. Toe die armes hulle weer verwyder, in die stellige oortuiging dat hulle gehelp sal word, word daar `n ylbode na die beamptes gestuur met die opdrag om die genoemde onderdane, wat nog genoeg krag besit om by die troon te gaan kla, nog meer te vertrap. En sien, by hulle huise word nou trou opgevolg wat die eerste dienaar van die koning beval. Ag, dit is tog te ellendig en gemeen! Die dienaar berig dit nou alles aan die koning en hy prys hom ten seerste en gee hom `n onderskeiding!
[5] O Heer, so kan ware konings tog nie wees nie; dit moet tiranne wees wie se hart en hoof heeltemal deur Satan in beslag geneem is."
[6] Ek sê: "Ja, jy het gelyk; eers is hulle volksvriende, en spoedig daarna egte duiwels. Kyk nog maar verder! Eers as jy alles gesien het, sal Ek jou die korrekte betekenis daarvan verklaar!"
[7] Helena vertel verder: "Wat, is daar nou iets nuuts te sien? Ek sien nou `n hele trop baie eienaardige wolwe. Uiterlik lyk hulle soos mense in lang swart klere. Maar in die klere sit, in plaas van `n mens, `n verskeurende wolf, wat, hoewel hy in swart geklee is en `n mensemasker oor sy gesig dra, bowendien as dekmantel vir sy dieragtige natuur, nog `n skaapvel dra. Hoe lief en dierbaar gaan hierdie skynbaar menslike wesens met al die ander om. Maar bietjie later trek hulle die maskers van hulle wolfsbakkies af en ontbloot hulle moorddadige tande na die nekke van die mense wat voor hulle loop! O, wat se vreesaanjaende wesens is hulle nie! En kyk daar; agter en ook voor die troon van die koning staan, dig op mekaar gepak, sulke wesens. Die voorstes dra die mooiste krone en septers op purper kussings, en maak die diepste buigings voor die troon. Die geestelik blinde koning skep baie genoeë in hierdie troonbeleëraars, van wie enkeles hom nuut uitgevinde wapens aanbied!
[8] Maar agter die troon laat dieselfde wesens gruwelik hulle tande sien. In plaas van krone, septers en wapens dra hulle in hulle hande swaar boeie en kettings en gesels van gloeiende slange. O koning, staan op van hierdie troon, die setel van haat en nyd en bekyk jou vertrapte vyande wat jou met woord en daad brutaal in jou gesig belieg, maar agter jou rug jou ergste vyande is!
[9] O, Heer, waarom het U oneindige goedheid en wysheid tog sulke slegte wesens laat ontstaan? Sou dit dan nie beter wees as daar buite U heeltemal geen wesens bestaan, as dat daar onder die baie goeie wesens, wat uit U is, ook sulkes bestaan wat tog onmoontlik uit U kan wees?"
|
|
|
|
|