|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 64
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Die Patetikus word deur Robert tereggewys. Die goedhartige heldin spreek hom tevergeefs toe.
64 Die Patetikus laat nou die heldin staan en begeef hom na Robert toe, om hom eerbiedig daarop te wys watter, laag-op-die-grond wesens hier in die geesteswêreld sy vername huis verontreinig. Kan hy nie sulke wesens êrens anders heen stuur nie?
[2] Robert sê: "My waarde vriend, hier is dit onmoontlik. Sien u, op aarde wou ons immers niks anders as, in iedere opsig volkome gelyke regte, vir die mensdom bereik nie. Wat egter nie op aarde gerealiseer kon word nie, word ons nou hier oorvloedig aangebied. En dit is `n ware geskenk van die allerhoogste heerser oor alle hemele en wêrelde. As u nou in hierdie algehele vrye toestand, wat God Self hier vir ons gegee het, egter gelukkig wil wees, oorskat dan nooit u waarde as mens nie! Bedink dit baie goed dat al die mense wat u hier sien, dieselfde God as Skepper en Vader het! Dan sal u dié mense ook waarlik liefhê en opregte wederliefde ondervind, wat hier die enigste is wat geluk vir almal teweegbring. U sal dan ook nooit u toevlug hoef te neem tot die verdediging van u eer nie, maar u eie hart sal u die allerbeste regverdiging verskaf in die harte van u broers en susters. Origens hoef u uself nie besorg te maak of my huis deur hierdie arme wesens verontreinig word of nie, want daarvoor is al gesorg. Ook moet ek eerlik aan u erken, dat ek vir hierdie heldin met haar raspertong, liewer is as vir u. Sy is, soos wat ons is, `n Wener, en daarby het sy `n goeie hart. U is egter `n gepensioeneerde hof-filosoof, wat uself net met "u" laat aanspreek, sonder om daaraan te dink dat ons almal broers en susters is. Sê uself net, wie vir my hier dierbaarder moet wees, u of die Wener, in haar volle opregtheid?"
[3] Die Patetikus maak `n buiging voor Robert en sê: "As agtenswaardige here so aangespreek word hier, dan vra ek of u my sal veroorloof om weer na buite te gaan, want hier stink dit van platvloersheid en van die gepeupel!"
[4] Robert sê: "Vriend, in hierdie huis is nêrens `n kerker, nóg `n ketting, behalwe die van die liefde nie. As dit u nie welgeval nie, kan u weer net so vry na buite gaan soos wat u ingekom het. Helaas, ek moet dit net byvoeg, dat dit vir u `n bietjie moeilik sou word om weer die huis van liefde binne te gaan. Want dit sou baie waarskynlik wees dat die huis uit u gesigsveld gaan verdwyn, sodra u die eerste stap na buite gee. U weet nou waaraan u toe is. Maar u is vry, u kan doen wat u wil!"
[5] Nou skrik die Patetikus en weet nie wat om te doen nie. Maar ons heldin kom vinnig nader en sê: "Kom nou, bly tog! En wees nie so verwaand nie! Kyk, ek is lankal nie meer kwaad nie. Dit het my maar net `n bietjie gehinder dat u ons liewe Heer se genade en barmhartigheid wil ontneem. En tog het ek u my mening gegee, maar ek het dit nie boos bedoel nie! Maar u sou my kon opgevreet het van woede, as dit vir u moontlik was. Daarom het u my gaan aankla en wou hê dat ek gestraf moet word. Maar die heer Blum is `n bietjie verstandiger as ons albei, en sodoende kon u niks bereik nie en daarom is u nou teleurgesteld. Laat dit nou maar staan, bly nou hier en wees nie meer kwaad nie. Naderhand sal alles tog weer bymekaar kom. Ons is tog net mense vol gebreke en moet daarom geduld met mekaar hê. Dit sou nou `n mooi ding afgee as ons as geeste ook nog beledig sou voel! Kom tog weer na ons toe. Die oue Frans, wat lank u skoenpoetser was, sal u wel weer op die goeie spoor bring! Nou, is u nog kwaad vir my?"
[6] Die Patetikus sê: "Nee, ek is nie meer regtig kwaad vir jou nie, want dit sou my nie tot eer strek nie, omdat jy, om dit so te stel, teen my gereken, tog niks is nie. Maar in julle midde, waar so `n gewone sfeer heers, kan ek my nie meer begewe nie; dus sal ek my hier in die kring van die vernames ophou! Jy kan dus weer gaan! Die heldin sê: "Pas maar op dat die vernames nie mislik word vir u nie, verwaande leeghoof! Wie dink u is u? Ek is wel `n egte jolige Weense meisie, maar sleg is ek nou ook nie! As ek vir u te min is, gaan soek tog `n beter een uit! Daar staan al dadelik `n paar dosyn! Gaan maar daarheen en probeer u geluk! Hulle sal u wel sê hoeveel u werd is!"
[7] Die heldin begewe haar weer te midde van haar groepie. Die Patetikus trek egter sy neus op en maak asof hy die vlot spreekster nie gehoor het nie.
|
|
|
|
|