Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Spesiale opmerking van die Heer oor die doel van hierdie deels ergerlik skynende bekendmaking.

67 N.B. Dat hierdie toneel hier heeltemal letterlik weergegee word soos wat dit werklik in die geesteswêreld afspeel en dit onmoontlik anders kon afspeel, dat gewoontes, spraak, hartstogte en die verskillende grade van ontwikkeling van `n volk noodsaaklik met hulle saambring, gebeur om die gelowige leser en aanhanger van hierdie openbaring `n aanskoulike bewys te gee, dat die mens na die aflegging van sy liggaam, net so `n mens is met huid en haar, met sy manier van spreek, met sy opvattings, gewoontes, sedes, gebruike, neigings, hartstogte en die daaruit voortvloeiende manier van handel, as toe hy op aarde was tydens sy lewe in sy liggaam, dit wil sê, solank hy nog nie die volledige wedergeboorte van die gees bereik het nie.

[2] Daarom heet so `n eerste toestand direk na die oorgang die "natuurlik-geestelike toestand," terwyl `n volledige, volkome wedergebore gees hom in die "suiwer geestelike toestand" bevind.

[3] Die verskil tussen die lewe in hierdie wêreld en die in die geesteswêreld word by natuurlike geeste, wanneer hulle van meer eenvoudige aard is, slegs deur die doeltreffende verskyningsvorm van die plaaslike toestand bepaal. Dit is steeds min of meer `n weergawe van hoe die geeste grotendeels innerlik geaard is. Hierdie verskyningsvorm hier in die geesteswêreld, wat deur die agterweë geblewe wedergeboorte van die gees, baie sterk beïnvloed word, kom meestal slegs ten goede aan die armer geeste, wat hulle lewe op aarde in natuurlike en geestelike armoede deurgebring het. Maar geeste van ryk besitters van allerlei aardse goedere, waaraan hulle hart kleef soos `n poliep aan die seebodem, kry alles terug wat hulle daar agtergelaat het. Hulle kan verskeie eeue, volgens aardse berekening, daar in so `n grof-natuurlike toestand volhard en word nie daaruit gelig alvorens hulle nie die behoefte in hulleself begin te voel na iets hoërs en volmaakter nie.

[4] Nou weet julle waarom hierdie belangrike toneel letterlik en breedvoerig geopenbaar word. En daarom wil ons nou weer terugkeer na die toneel, want ons heldin word al onrustig en wag vol verlange op die antwoord van Jesus Christus, wat Ek haar beloof het om oor te bring. Daarby moet julle ook nog rekening hou met die belangrike omstandighede wat hierdie betekenisvolle toneel homself juis nou afgespeel het in die geesteswêreld en derhalwe `n groot invloed uitgeoefen het op die gebeurtenisse van hierdie aardse tyd. Uit al hierdie taamlik platvloers klinkende gesprekke kan julle met bietjie skerpsinnigheid die hele situasie en die verloop van die gebeurtenisse, soos wat dit op die aarde afgespeel het, baie maklik herken. Netsoos die gevolge van hierdie gebeurtenisse, wat veral uit die verdere verloop van hierdie toneel helder en duidelik sal voortvloei. Maar julle moet julle nêrens oor iets vererg nie, want dit moet maar hier gaan soos wat dit gegaan het! En nou terug na die toneel!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205