|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 68
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Die wagtende heldin en die hoogmoedige Patetikus. Laasgenoemde deur die Heer tereggewys. Liefdeswonder aan die heldin Helena.
68 Die heldin, wat nou heeltemal ongeduldig geword het, kom ietwat skugter nader en vra My, of Ek miskien al heimlik deur middel van bepaalde tekens met Jesus, die Heer, oor haar gepraat het.
[2] Die Patetikus, wat nou in die geselskap verskeie van sy soortgenote gevind het, vererg hom daaroor, dat hierdie, na sy mening ellendige "Lerchenfelderin"*, so onbeskaamd was om My, as synde `n edele van die huis, lastig te val. Hy kom saam met nog `n paar ander na haar toe en sê: "Sê eers, jou slet uit Lerchenfelderin, hoe lank dink jy om die agtenswaardige heer van die huis lastig te val met jou hondegeblaf? Het jy dan glad geen maniere nie?" *(Lerchenfeld- destyds `n minder gegoede buurt in Wenen.)
[3] Die heldin sê: "Sê eers, verwaande wykwas! Wat gaan dit u aan? Maak dat u wegkom, weersinwekkende adellike vetsak! Anders sal ek u eens vertel hoe u werklik in Duits heet! Julle moet die suur galspuwer nou daar sien staan! Dit staan meneer nie aan dat iemand van ons soort so met `n heer praat nie. Wie dink u dalk wie is u? Dink u, omdat u op aarde as gepensioeneerde foerageur `n keiserlike sabel gedra het, dat u daarom in hierdie wêreld beter is as iemand van ons? Domkop, u sal nog raar op u neus kyk! Dit is maar goed dat Jesus Christus, die Heer, nie hier by ons is nie, want Hy sou baie bly gewees het om so `n groot lummel soos U voor Hom te hê. Maak nou dat u wegkom met u krokodiloë en u bokpote, anders sal u nog iets anders belewe!"
[4] Daarop wend die Patetikus hom na my en sê: "Maar my beste vriend, ek smeek u in godsnaam, om die skepsel te verbied om voortaan so `n groot mond op te sit teen manne van aansien en reputasie, en wat iemand bekyk asof hy `n gewone skoenlapper sou wees. Dit is wel waar dat ons hier in die geesteswêreld is, waar die standsverskil vir ewig opgehef is. Maar die verskil in intelligensie en verfynde ontwikkeling kan nie verdwyn voordat die menslike potensiaal, wat op aarde verwaarloos was, die graad van ontwikkeling en humaniteit bereik het waardeur dit vir `n beter geselskap aangenaam en interessant kan word nie. Ek smeek U, beste vriend, wil U dit nie duidelik maak aan hierdie Lerchenfeldse vrouspersoon nie?"
[5] Ek sê: "My beste vriend, dit spyt My dat Ek hier in geen geval gevolg kan gee aan u versoek nie. En wel om die ou rede, die ou grondreël, dat alles `n gruwel voor God is, wat die sogenaamde beter wêreld as groots, skitterend, verhewe en mooi betitel en vereer word. Want God bly steeds dieselfde en skep nooit welbehae in manne van aansien nie, wat die waarde van `n mens slegs bepaal volgens die aantal adellike titels, volgens amptelike waardigheid of volgens die hoeveelheid geld nie, en alle ander mense as gepeupel uitmaak! Maar alles wat vir die wêreld klein en gering is en dikwels geminag word, staan weer by God in hoë aansien. En daarom moet Ek, as die allerintiemste vriend van God, eerlik hier aan u beken dat Ek vir hierdie, deur julle veragte Lechenfeldse vrou, `n honderd keer liewer is as vir julle, hoogadellike vriende; ten minste as Ek so vry mag wees om julle as My vriende te mag betitel. Julle het hierdie arme nou egter `n groot diens bewys, want van nou af aan wil Ek My regtig oor haar ontferm en haar `n vorming gee, waarvoor selfs die engele respek voor sal kry. Sy sal spoedig baie hoog geplaas word en `n sieraad vir die huis wees! Waar julle, manne van eer, julle egter binnekort kan bevind, sal die toekoms nog uitwys! Ek versoek julle egter, ter wille van julle eie heil, om die arme nie verder lastig te val nie, want sy hoort nou heeltemal by My! (Ek wend My nou tot die heldin): "En jy, My liewe "Magdalena", is jy tevrede daarmee?
[6] Die heldin sê: "O, Jesus ja, nou en of! Ek is vir U oneindig meer lief as vir die hoogmoedige mense daar, wat `n arm mens as `n stuk vee aansien! Ek is nie kwaad vir hulle nie, maar ek kan dit nie uithou wanneer hulle iemand so verkleinerend behandel nie. Mag ons God en Heer hulle dit vergewe, want miskien weet hulle nie wat hulle doen nie!"
[7] Die Patetikus sê: "Nou, nou, dit is goed. Hoor eers vriende, as dit in die geesteswêreld oral so vervelend gaan soos hier, dan is hierdie wêreld `n ryklike beloning vir die suur voorbereiding op aarde, vir die veel geroemde lewe van die siel na die dood! Op aarde kon `n ontwikkelde, agtenswaardige man hom tog deur sy posisie, sy hoë openbare funksie en sy welgesteldheid vrywaar van die aanvalle van dergelike gewone gespuis. Maar hier groei die gepeupel egter brutaalweg bokant jou kop uit, en ten slotte moet `n mens dit nog as genade beskou as jy so `n bolwangige meisie mag aankyk! As toppunt van hierdie maatskaplike smaakloosheid, moet hierdie, tog origens baie agtenswaardige uitsiende man, hom tog ook nog voor hierdie rooi granaat interesseer en haar tot ons spyt heeltemal tot in die hemel verhef. Dit ontbreek nog maar aan ons volledige wanhoop! En die bewering dat hy die intiemste vriend van God is!? Te oordeel aan sy geneigdheid vir hierdie Lerchenfeldse met haar bol wange, haar vol boesem en haar breë agterstewe, moet hy met die bevriende Godheid `n ware superlatief van laagheid wees! Hierdie vuil skuim stink na ontug en hy wil haar omvorm en tot `n sieraad van die huis verhef. Luister, dit sal vir my `n pragtige sieraad word! Hahaha!!
[8] Die heldin sê vir My: "Hoor net hoe skimp hy! Wel, U sal tog iets moet sê, maar dan so, dat hy dit sal begryp! "
[9] Ek sê: "Trek jou niks daarvan aan nie. Hulle moet maar skimp soveel as wat hulle wil. Dit sal wel blyk hoeveel voordele hulle hoogmoedige geskimp hulle sal oplewer. Omdat hulle hoogmoed nog meer stene des aanstoot aan beide van ons sal vind, moet jy My van nou af aan, as My geliefde, met "jy" en "jou" aanspreek en tewens ook probeer om eg mooi Duits te praat. As hulle dit sal hoor, dan sal jy eers sien hoe die hoogmoed met hulle gaan parte speel. Probeer net of jy nie in staat is om suiwer Duits te praat nie."
[10] Die heldin bemerk `n verandering in haarself. `n Sterk gevoel van welbehae deurstroom haar hele wese, en het ook op haar gestalte `n gunstige invloed. Geluksalig, verbaas oor so `n plotselinge verandering in haar wese, waarin die geringste pyn glad nie meer te bespeur is nie, kyk sy My vol vreugde aan en sê: "O jy, hoë vriend uit die hemele, hoe heerlik voel ek nou aan jou sy! Alle grofheid val soos `n geskubde pantser van my af. My denke en my growwe taal het verander soos `n aaklige ruspe in `n pragtige vlinder! Al my pyne het verdwyn soos sneeu voor die gloed van die son. O, hoe heerlik voel ek nou. Aan wie het ek dit te danke? Aan jou, grote, heilige vriend van die Allerhoogste!
[11] Maar omdat jy my, arme sondares, so `n eindelose genade bewys het, wat ek nooit in die geringste mate waardig kan word nie, o, sê my dan ook wat ek moet doen en hoe ek my moet gedra om my dankbaarheid ook na behore aan jou te toon."
[12] Ek sê; "My liewe Helena, (dit is haar hemelse naam), jy geval My nou regtig uitstekend en jy het `n hart wat my baie liefhet, net soos wat myne jou liefhet! Wat is daar dan nog meer nodig? Reik my nou jou hand as onderpand van jou liefde vir My en gee My `n vurige soen op My voorhoof. Vir al die ander sal ek wel sorg."
[13] Helena begin te gloei van liefde, reik My meteens haar hand en gee My ook die verlangde soen op My voorhoof met `n nouliks te beskrywe, innige liefde.
[14] By hierdie toneel kom daar by Robert, Messenhauser, Becher en veral Jellinek trane in die oë. Helena sien na die soen op My voorhoof weldra soos `n heilige uit en haar gestalte word so edel en mooi, asof sy alreeds `n hemelse wese is; op haar kleding na, wat egter nou baie netjies en pragtig daar uitsien. Robert kom egter dadelik na My toe en vra My of hy vir hierdie mooi blom ook nuwe klere moet gaan haal. Ek sê vir hom: "Oor `n rukkie, wanneer Ek jou sal vra!"
|
|
|
|
|