|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 10
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Goeie gedagtes oor Jesus. Die geloof in die onsterflikheid en in `n God van liefde groei
10 Robert sê verder: "Hierdie wyse leraar van die volkere was, net soos ek, uit behoeftige ouers gebore. Hy het hoogswaarskynlik maar moeisaam, onder alle moontlike ontberinge, tot die vlak van die hoogste morele wysheid opgeklim, waarby hy van die kant van die sonderlinge Joodse priesterheerskappy sy lewe lank heelwat vervolging moes verduur. Dit moes enorm moeilik gewees het om onder die hardnekkige volgelinge van Moses en Aäron, in wie se hoofde en harte dit so duister soos die nag was, homself tot so `n wysheid op te werk.
[2] Waarskynlik het hy eens as arme drommel met sy ewe arm ouers of met een of ander karavaan na Egipte getrek en het daar met sy aangebore talente die aandag van een of ander wysgeer getrek. Die het hom daarna in sy skool opgeneem en het hom in al die diepste geheime van die diepste wysheid ingewy, waarmee hy vervolgens, deur dit op `n verstandige manier in praktyk te bring, by sy dom landgenote wel baie opsien moes baar. Of hy het in die skool van die Essene beland, wat toentertyd die essensie van alle wysheid besit het, waardeur die blinde Judeërs hom natuurlik byna as `n god beskou het, tot troos vir die arme mensdom, maar tot groot ergernis van die bo alles ryk en hoogmoedige priesters.
[3] Ek moet by myself lag as ek daaraan dink, hoe Hy by verskillende geleenthede die hele hoë priesterskap soms so tereggewys het, dat hulle dikwels uit hulle velle wou spring! Jammer genoeg het hy die slagoffer van sy groot moed en van die groot boosheid van die met goud en edelstene behangde tempelhordes geword.
[4] Maar gaan dit dalk beter met my? O, nee, ook ek het `n martelaar geword vir my edele strewe! Ek wou die mense van hulle slawekettings bevry en die loon daarvoor was die smadelikste dood. Dit sien werklik duiwels daaruit met die hele mensdom. Haar grootste vriende vermoor sy en vir haar mees verfynde vyande organiseer sy triomfantlike togte met musiek en fakkelligte!
[4] Maar nou is ek van alles verlos en het daarby die oortuigendste bewussyn, dat dit met alle groot weldoeners van die volk geen haarbreedte beter gaan as met my nie, hoewel ek, ondanks my goeie wil, nog lank geen Jesus is nie!"
[5] By die noem van hierdie naam skiet daar weer `n fel bliksem verby en hierdie keer wel naby Robert. Dit laat nou al `n soort aandskemering na en ook in die rigting van die noorde iets soos `n wasige landskap, sodat ons man alle kontoere goed kon onderskei, sonder om sy vrye toestand in die lug te verlaat.
[7] Hoewel die bliksem hom ook hierdie keer verras het, skrik hy tog nie daarvoor nie, maar begin meteens rustig daaroor na te dink en sê vir homself: "Werklik, dit is in `n hoë mate merkwaardig! Nou gaan die bliksem, om so te sê, deur my hele liggaam heen en voel daarby niks anders as `n uiterste weldadige briesie nie en ek voel my nou werklik buitengewoon versterk! En die sterker ligskynsel daarvan doen my hart en my oë nog meer goed. Ook kom dit vir my voor asof ek in die noorde `n soort wasige landskap sien, wat my des te meer daarvan oortuig dat ek in alle erns in die vrye lug sweef. Ook kan ek nou my voete, hande en my kleding, soos wat ek dit gedra het by my teregstelling, goed onderskei.
[8] Og, wie sal daar op aarde nie in `n gelag uitbars as jy vertel, dat na die verlaat van die liggaam, nie alleen jou siel in haar vroeëre aardse gestalte, maar ook in alle erns ook jou eie kleding onsterflik is nie!?
[9] Die grote Shakespeare het werklik gelyk gehad toe hy gesê het: "Tussen maan en son gebeur dinge waarvan die menslike wysheid nog nooit gedroom het nie." En tot hierdie dinge hoort die onsterflikheid van aardse kleding. Daarby skyn dit dat die lot baie vreemd te werk gaan, dat juis die kostuum van my oorwinning, dit in die oë van my vyande die kostuum van die grootste skande is, word dit met my bevorder tot die hoogste vryheid! Ja, dit kan alleen `n liefdevolle en uiters regverdige God so bepaal! Nou glo ek ook dat daar `n waaragtige God bestaan, wat in der ewigheid nie aan Hegel en Strausz hoef te vra of Hy mag en kan bestaan nie.
[10] Maar dit kom my steeds vreemd voor dat so dikwels as wat ek die naam van die groot man uit die Moreland genoem het, dit eweso gebliksem het! Sou dit miskien tog eg en waar wees dat Hy `n seun van God en dus meer as `n mens is?
[11] As selfs kleding onsterflik is, dan kan dit met Jesus…aha, daar het dit weer gebliksem, en wel sterker as die vorige kere! Merkwaardig!"
|
|
|
|
|