Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Jellinek bewys uit die boek van die natuur die bestaan van God. `n Beter insig oor die Godheid sou die mens egter nooit kan verkry nie.

54 Jellinek sê: "Ek is dit volkome met jou eens, behalwe met jou "Fatum". Want wat dit betref, klop dit nie met jou beredenering nie!"

[2] Messenhauser vra: "Hoe so, verklaar jy dit bietjie van naderby."

[3] Jellinek sê: "Geduld, beste Messenhauser. So iets laat hom nie sommer uit die lug skud nie. Maar ek wil tog probeer om daardie merkwaardige Fatum heeltemal uit jou kop te praat.

[4] Kyk, jy was jou hele lewe lank `n mens wat hom nooit veel besig gehou het met die hoëre sfere van die wetenskap nie. Jy was by wyse van spreke tevrede met die tafels van vermenigvuldiging en jy het jou nooit oor die "hoër wiskunde" bekommer nie! Jy was steeds `n oppervlakkige geleerde en jy het jou weinig oor die kern van die wetenskappe gesteur. Daardeur het dit dan ook gebeur  dat die innerlike wese van dinge vir jou verborge moes bly! So kon jy nooit tot die goed gefundeerde insig kom, sodat jy daaruit die wonderbaarlik goed berekende orde in alle dinge en hulle uitwerking duidelik kon sien nie. Jy het maar met die buitekant besig gebly, wat op die eerste oogopslag weliswaar die skyn het om maar net die werk van die toeval te wees. Maar dit is ewenwel heel anders.

[5] Het jy al agtergekom, dat `n huis, met alles daar op en daar aan, deur suiwer toeval ontstaan het? Jy sê: "Nee, so iets het nog nooit gebeur nie". Goed, sê ek. As die toeval nie eers `n huis kan laat ontstaan nie, hoe kan dit dan `n hele aarde skep? `n Aarde waarop ons tog ontelbare wonderbaarlike dinge aantref, waarvan die eenvoudigste al van `n dermate wyse konstruksie getuig, dat mens nooit op die idee sou kon kom om te beweer, dat dit die werk van die stomme, blinde Fatum is nie! Broer, jy gee my gelyk en daarom is ek bly. Maar luister nog ietwat verder na my.

[6] Bekyk net die wonderbaarlike vorming van die plante. Hoe streng en noukeurig hulle in hulle eenmaal vasgestelde vorm gedurende duisende jare steeds gelyk voorkom, sonder dat ook maar een atoom aan sy soort verander. Hoe onnavolgbaar kunstig moet die bou van `n saadkorrel wees, dat hy uit die aarde alleen die bestanddele tot hom neem wat vir hom noodsaaklik is, en hom maar weer veelvoudig voortplant. Oor die bonatuurlike wese van die saadkorrel wil ek nie eers praat nie! Want wie begryp `n dergelike, goddelike berekening, as gevolg waarvan één saadkorreltjie tallose miljarde van sy soort bevat?

[7] Of neem net `n akker. Plant hom in die aarde en gou sal daar `n eikeboom tevoorskyn kom, en die sal dan baie jare daarna nog ontelbare akkers oplewer. Lê jy al hierdie sade weer in die aarde, dan sal jy al `n bos met miljoene eikebome kry, wat almal dieselfde vrugte in `n ontelbare aantal oplewer. En dit lê alles wonderbaarlik in iedere akker vir ons blik verborge, maar tog is dit onloënbaar aanwesig. Sê my eers, of `n Fatum `n akker so kan vorm?"

[8] Messenhauser sê: "Broer Jellinek, werklik, ek moet sê dat jy `n egte teosoof is! Jou simpel bewys met die akker het my meer oortuig as alle geleerde frases. Ek is nou heeltemal seker van die onbelangrikheid van die Fatum, en het geen verdere bewyse meer nodig nie. Maar nou kom daar iets anders:"

[9] `n God vol van die hoogste oermag en wysheid moet daar weliswaar bestaan, dit kan my hart en verstand nooit betwis nie. Maar waar en wie is hierdie Godwese? Kan Hy ooit deur `n skepsel gesien en begryp word? Ek kan my nog goed herinner, hoe ek as student, die Bybelse geskiedenis moes leer en daarby in een van die vyf boeke van Moses `n teks moes vind wat lui: Niemand kan God sien en daarby in die lewe bly nie! Hierdie betekenisvolle teks sou Moses vanuit `n vuurwolk toeroep, toe hy aan die Godheid, wat met hom spreek, sy vurige verlange voorlê om Hom nie net te hoor nie, maar ook te sien. Ek moet toegee dat ek nog wel steeds so half en half aan die Godheid bly glo het. Maar wat die geloof betref dat `n sekere Jesus die volheid van God besit, moet ek julle, beste vriende, eerlik beken dat ek op dié punt `n volstrekte ongelowige was en nog is.

[10] Weliswaar bevat die suiwer leer van Jesus inderdaad die edelste en waarste grondbeginsels, wat volkome met die natuur van die mense ooreenstem en grondbeginsels, waarteen niks in te bring is nie. Maar dat die uitvinder van die grondbeginsels ook `n God sou wees, omdat hy morele beginsels opgestel en geleer het om by die algemene natuur van die mensdom te pas, reik verder as my kennis en geloof!

[11] Die leer op sigself kan dus baie goed maar net van menslike oorsprong wees en het geen godwese nodig nie. Want as elke grondlegger van korrekte leerstellinge `n god sou moet wees, dan sal dit daar op aarde byna moet wemel van die gode. Euclides, die uitvinder van die geometriese figure, sou `n god moes gewees het! Die uitvinder van die landbougereedskappe, wat van onskatbare belang is, sou al een soort God-Vader moes gewees het. Die uitvinder van die getalle, eweneens gode, en so ook meer as duisend ander uitvinders van belangrike dinge wat nog nooit aanspraak gemaak het op vergoddeliking nie, so glo ek dat die uitvinder van die beste en eenvoudigste moraal wel ook daarvan kon afgesien het. Volgens my wete het hy nog nooit aanspraak gemaak op die belaglike vergoddeliking nie. Die kortsigtige en bygelowige mense het sekerlik in die tyd `n god van hom gemaak, omdat hy `n duisend keer wyser is as hulle. Dit moet ons egter nie nou in die war bring nie, sodat ons Jesus nie meer op `n belaglike manier as `n god beskou nie, maar alleen vir dit wat hy was. Ek glo dat die huidige mensdom eindelik eers sou moet insien dat die oneindigheid nooit beëindig kan word nie, dat God ewig God bly en die beperkte mens slegs `n mens.

[12] Maar dit is egter nie die moeite werd om baie woorde vuil te maak oor dit wat huidiglik deur alle hoë geleerde here as `n uitgemaakte saak beskou word nie. Maar wat ek al vroeër opgemerk het, waar en wie die eintlike Godheid dan wel is, in wie se bestaan ek nooit getwyfel het nie, gee vir my julle mening daaroor julle, beide van julle, my vriende!"

[13] Jellinek sê: Ja beste broer Messenhauser, dit is `n baie haglike saak. Die waar en wie sal ons waarskynlik nooit te wete kom nie! Want wanneer ons, eindige wesens, die oneindige wese van die Godheid sou wil begryp, sou ons hom eers eindig moet kan maak, wat natuurlik volkome onmoontlik is. Eweneens lyk dit my ook onmoontlik om van die oneindige Godwese meer te weet as wat ek julle vroeër, deur die voorbeeld van die akker aangetoon het. Ek is van mening dat ons onsself nou met iets anders moet besighou, want wat die saak van die Godheid aanbetref, sal ons al drie bitter weinig daarvan kan oplos."

[14] Becher sê: "Jy het volkome gelyk. Want om die Godheid te wil deurgrond, beteken waarlik om die see in `n neutedop te wil giet. Laat ons dan die gesprek, wat geen enkele nut het nie, beëindig en oor iets anders begin praat. Byvoorbeeld wat ons vriend Blum in hierdie wêreld doen, of waarmee ons aartsvyand Windischgrätz op aarde mee besig is, en of hy miskien ook binnekort hierheen sal kom, waar ons hom op gepaste wyse sal ontvang!"

[15] Jellinek sê: "Broers, wat ons arme vriend Blum betref, is ek deel van die party. Maar bespaar my Windischrätz, want die tier wens ek ewig nooit weer te sien nie. Maar luister, dit is net of ek meer mensestemme buite die deur hoor. Laat ons van die tafel af opstaan om te sien wat daar buite aangaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205