|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 102
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Dismas staan ontsteld. Hy wend hom opreg tot die Heer om genade en erbarming
102 Dismas wat hoor hoe daar oor hom geoordeel word, rig hom op en sê aan My: "Heer, ek sien nou in dat U die enige, waaragtige God en Skepper van alle dinge is. Elke insig, al die wil en al die dade van al U skepsele is van oorsprong U werk, en dus op sigself geneem goed! Want `n ewige volmaakte gees kan tog onmoontlik iets onvolmaaks en dus iets slegs geskape het. Ten opsigte van U alleen kan daar dus ook geen sondaars of sonde bestaan nie! U het die mens egter so geskape, dat die wil wat U hom oorspronklik ingegee het, vir ewig `n vrye wil sou word, geheel van U geskei, selfstandig en homself bepalend volgens die inwonende insigte van velerlei aard. Maar natuurlik volgens die ordening, wat wyslik deur U bestem is vir die behoud van die oneindige geheel. So kan dan ook die mens, wat van soveel soorte kennis, bekwaamhede en neigings voorsien is, as hy volkome van U geskei is, ondanks U geopenbaarde heilige wil, maar al te maklik baie handelinge verrig wat lynreg teen U goddelike orde ingaan en dus ook tot sonde gereken word, ofskoon al die afdwalinge in U alles omvattende orde as volkome onbeduidend beskou kan word!
[2] Maar U as Heer en Skepper van alle mense, sien sekerlik ook die rede waarom so baie mense maar al te maklik dikwels juis dit doen wat hy nie sou moet doen en eintlik ook in wese nie sou wil doen nie; `n eienaardige drang trek hom egter as`t ware aan die hare daarheen en laat hom nie met rus, voordat hy dit bevredig het nie!
[3] Omdat U dit alles, o Heer, uit die diepste grond ewiglik duidelik moet wees, sal U ook my dade, wat kennelik nie te verontskuldig, en baie growwe oortredinge teen U ordening is, tog nie wil veroordeel met die grenslose skerpte, asof `n tweede god voor U sou gesondig het! Dink egter genadiglik in U Vaderhart: Die sondaar wat nou afgemat, swak en hulpeloos teenoor U onbegrensde mag staan, was, is en sal ewig op sigself `n swak mens bly, wat slegs van U alleen volledig krag kan kry, omdat U alleen alles in alles is. Op sigself bly die mens wat hy is; `n swak skaduwee van die asem uit U mond!
[4] Wees my dan ook, as `n swak skaduwee van U asem, genadig en barmhartig! Ek beken hardop dat ek helaas, voor U `n growwe sondaar is. Maar ek verwag ook van U onbegrensde wysheid, goedheid en mag, dat U, o Heer, Skepper en Alvader, die deur my begane sonde nie heeltemal alleen aan my as skuldlas sal toeskrywe nie. Want as daar êrens `n hel is, sal dit ook seker `n behoorlike aandeel daarin hê!
[5] So beken ek ook dat ek boosaardig voor U aangesig gespreek het, tot groot ergernis van al die aanwesige liewe vriende hier! Maar ek voel diep berou daaroor en vra U in alle nederigheid om miskien nog een moontlike vergewing!
[6] Ek weet uit U woorde, wat U eens tot U leerlinge gespreek het, "By God is alle dinge moontlik!" En so sou dit miskien moontlik wees om my misstappe te vergewe en my genadiglik toe te staan om my spaarsamig te voed met die broodkrummels, wat van die tafel van U vriende afval!"
[7] Ek sê: "Beste Dismas, hierdie beredenering geval My beter as jou vorige, waarin jy met jou blindheid met My wou twis. Jou openlike bekentenis het ook weer die reeds geopende poort na die hel gegrendel. Wat My betref, is al jou sondes vir jou kwytgeskeld, maar jy sien hier `n groep regmatige skuldeisers staan, aan wie jy groot somme verskuldig is. Hoe wil jy dit met hulle vereffen? Want kyk, daar staan geskrywe: "Solank jy nie die laaste penning van jou skuld aan jou broers betaal het nie, sal jy die hemelryk nie ingaan nie!" Hoe dink jy kan hierdie saak besleg word?
[8] Dismas sê: "O Heer, ek weet, dat ek hier in elke opsig so naak en arm is soos miskien geen tweede in die hele oneindigheid nie. As dit enkel en alleen hier van my sou afhang uit my eie vermoë, wat ek nie het nie, om die skuldeisers tevrede te stel, is dit werklik te bekla, want dan sou hulle nimmer van my enige vergoeding kan verwag nie. Maar ek waag dit om in my hart te dink; wanneer U, o Heer, dit wil, sal dit U sekerlik geen moeite kos om deur U goedheid en erbarming van al my skuld aan hulle kwyt te skeld nie!
[9] Al wat ek nou vanuit my self kan doen, is dat ek hulle in U teenwoordigheid om vergewing vra en opreg beken, dat ek teenoor hulle, net soos teenoor U, swaar en grof gesondig het. O Heer, gee U my die moontlikheid om hulle volgens vermoë, alles te vergoed, dan sal ek al my kragte daarvoor inspan!
[10] Die grootste skuld sal wel die aan my liewe vrou en aan my vriend Max Olaf wees. Die twee smeek ek dan na U eerste om welwillende vergewing met die opregte versekering, dat ek, om my skuld te delg, van ganser harte alles sal doen wat hulle in U heilige naam van my verlang! U. o Heer, mag hulle in my hart genadig versterk, ter volbringing van al dit wat vir U billik en regverdig lyk!"
[11] Ek sê: "Goed dan, Ek sal vir jou `n versoenende woordjie met jou skuldeisers spreek, dan sal ons wel sien wat hulle van jou verlang. Wag dit nou maar rustig af!
|
|
|
|
|